Russiese Rewolusie Flashcards
Vanaf 1613
Die Romanof Dinastie was van 1613 af aan bewind in Rusland. It was die enigstee ware outokrasie in Europa
Vanaf 1884
Tsar Nikolas II (die 18de Romanof aan bewind) heers vanaf 1884.
1898
Die Sosiale Demokratiese Party kom tot stand met die doel om die onderskeie rewolusionêre politieke partye saam te bring. Dit was ‘n sosialistiese party geskoei op Karl Marx se idees.
1903
Die Sosiale Demokratiese Party skeur in twee na ‘n dispuut tussen twee van die stigters van die party (Vladimir Lenin en Julius Martov); die Bolsjewieke (Lenin) Meerderheid en die Menjiwieke (Martov) Minderheid kom tot stand.
22 Januarie 1905
Vreedsame optog van werkers na die Winterpaleis van die tsaar om hul klagtes onder sy aandag te bring. Die soodate wat die paleis beskerm moes keer dat die skare erby ‘n sekere punt beweeg. Uit die bloute het hulleop die skare begin skiet en die optog uitmekaar gedryf. Die gebeurtenis staan as “Bloedige Sondag” bekend en word gereken as die begin van die aktiewe rewolusie.
Augustus 1914
Rusland veg saam met Brittanje en Frankryk teen Duitsland in die Eerste Wereldoorlog. Rusland was swak toegerus en miljoene soldate het gesterf. Die gevolg was dat groot getalle Russe in Augustus 1914, oorgegee het by Tannenberg.
September 1915
Nikolas II vertrek na die oorlogsfront.
Desember 1916
Raspoetin word vermoor.
2 Maart 1917
Nikolas II abdikeer en wys sy broer, Aartshertog Mikhail, as nuwe tsaar aan. Mikhail weier egter uit vrees vir sy lewe. So kom 300 jaar van Romanov heerskap tot ‘n einde.
4 Maart 1917
Leiers van Doema, onder andere die jong regsgeleerde - Alexander Kerensky -, verklaar hulself as Voorlopige Regering.
Maart 1917
Amnestie word aan alle politieke oortreders verleen. Vladimir Lenin wat na Siberië verban was, keer terug na Petrograd na 16 jaar in ballingskap.
September 1917
Die leier van die weermag, Kornilov, probeer ‘n militêre staatsgreep uitvoer. Hy was van mening dat die chaos op tuisfront besig was om die Russiese betrokkenheid in die oorlog te ondermyn. Hy verklaar Lenin as ‘n Duitse spioen en stuur sy magte na Petrograd om orde te bewerk. Die staatsgreep word sterk teengestaan deur die Bolsjeviste onder die briljante leiding van Trosky (Trosky is nie lank voor dit vrygelaat nie). ‘n Reuse staking deur die spoorwee werkers maak dit onmoontlik vir Kornilov om die staatsgreep suksesvol deur te voer.
Oktober 1917
Lenin keer in geheim terug van Finland. Hy begin voorberei om mag oor te neem.
25 Oktober 1917
Lenin se magte het kernpunte om die hoofstad oorgeneem en die aand van die 25ste storm hulle die Voorlopige Regering se hoofkwartiere in die Winterpaleis.
6-7 November 1917
Lenin neem beheer oor met ‘n staatsgreep.