Respirasie Flashcards
Hoekom is respirasie belangrik?
Om te funksioneer moet lewende organismes energie bekom deur voedingstowwe op te breek.
Sellulêre respirasie breek koolhidrate op en ter selfde tyd bou dit ATP.
Wat is 4 belanrike kenmerke van respirasie?
- Dit help om die O2 / CO2 ewewig te handhaaf deur groot hoeveelhede O2 te gebruik & groot hoeveelhede CO2 vry te stel.
- Breek organiese verbindings (glukose) af om energie vry te stel
- Energie word gedra en is beskikbaar as ATP.
- Anaerobiese respirasie word gebruik in landbou om produkte soos kaas, wyn, ens. te vorm.
Is respirasie katabolies of anabolies?
Katabolies, dit breek organiese materiaal af.
Wat is die forfule vir respirasie?
C6 H12 6O2 -> 6CO2 + 6H2O + Energie
Wat is die benodighede vir respirasie?
- Glukose
- O2
- Organel (mitochondria)
Wat is die produkte van respirasie?
- Energieryke ATP
- CO2 as afvalproduk
- Water
Wat is die fases van fotosintese?
- Glikoliese
- Die Voorbereidings reaksie
- Die sitroensuur siklus
- Elektron Vervoer sisteem
Watter twee ensieme is belangrik tydens sellulere respirasie?
- NAD
2. FAD
Verduidelik die proses van glikolise.
- In die sitoplasmaword Glukose: C6-molekuul omgeskakel in glukose-fosfaat deur die byvoeging van energie vanaf ATP (proses = fosforilasie)
- Glukose-fosfaat breek in 2
- 2 x 3C molekules vorm (prodruiwesuur)
Waar vind die voorbereidingsfase plaas en wat is die funksie watdit verrig?
- Vind plaas in matriks.
2. Verbind Glikolise met Krebs siklus.
Verduidelik die proses van die voorbereidingsfase.
C3 molekuul word afgebreek tot n C2 molekuul
CO2 word verkry as n afval produk
H gedra deur NAD = NADH
C2-molekuul gedra na volgende fase deur CoA = asetiel Koësiem A
Noem die dele van die mitochondrion.
Cristae matriks intermembraan buitemembraan binnemembraan
Rym vir stappe van respirasie Can Karl See Four Ostriches
C - Sitraat K - Ketogluteraat S - Suksinaat F - Fumaraat O - Oksaloasetaat
Verduidelik die proses van die Krebs siklus / Sitrusuur siklus
- Geskied in matriks.
- Asetielsuur (C2 verbinding word gebruik in die siklus.
- C2 + C4 = C6 (sitrussuur)
- C6 verloor H & CO2 = C5
- H + NAD = NADH (na volgende fase).
- CO2 vrygestel in atmosfeer as afval
- C5 verloor H, CO2 & P = C4 (Suksiensuur)
- ADP + P = ATP
- H + NAD = NADH
- Suksiensuur verloor H vorm Fumaarsuur (steeds C4 verbinding)
- H + FAD = FADH2
- Fumaarsuur verloor H & vorm oksalo-asetielsuur.
- H + NAD =NADH
- Oksalo-asynsuur is nou beskikbaar om met ‘n ander asetielsuur te verbind.
Wat is die insette van die Krebs siklus?
- 2 Asetiel groepe
- 6 NAD
- 2 FAD
- 2 ADP + 2 P