ONTWERP EN BEHEERSTELSELS Flashcards
Noem die vyf stappe van die ontwerp proses
Ondersoek - Ontwerp – Maak – Evalueer – Kommunikeer
Noem die stappe wat gevolg moet word wanneer ‘n produk ontwerp word
Ontwerp opdragte, spesifikasies, beperkings
Voorlopige sketsplanne
Kies die beste ontwerp
Soek die beste materiaal uit
Patenteer
ander woord daarvoor is registreer, uitvinding word gepatenteer, niemand anders word vir ‘n tydperk toegelaat om dieselfde produk te maak nie
Tegnoloog
Iemand wat tegnologie (verskillende material en gereedskap) gebruik om ‘n probleem of ‘n uitdaging op te los of ‘n behoefte te bevredig
Vervaardiging
‘n proses met ‘n vervaardigingsvolgorde wat gevolg word om produk te maak
Onderskat:
deel van die evalueringsproses. Wanneer jy ‘n stap in die proses uitlaat of nie reg volg nie. Jy dalk onderskat hoe lank iets sal neem om te voltooi, of die verkeerde hoeveelheid van ‘n hulpmiddel jy nodig het
Patent
Uitvindsel wat deur die tegnoloog geregistreer word. Niemand is toegelaat om dieselfde produk oor ‘n tydperk te ontwerp nie.
Natuurlike hulpbronne
Waardevolle hulpbronne wat nuttig is vir die mens en wat nie geskep kan word nie. Voorbeeld: minerale, grond, water
Waarom is dit belangrik om die volgorde van die vervaardiging te ontwikkel?
Om ‘n produk te maak is ‘n proses - ‘n reeks aksies of gebeure wat op mekaar volg.
Die volgorde dui aan lank elke stap sal neem om die taak af te handel. Jy moet seker maak dat jy genoeg tyd het om die taak af te handel. Jy moet die proses evalueer sodat jy kan leer uit jou foute.
Bespreek hoe iemand ‘n loopbaan in Ontwerp kan hê
‘n Ontwerper is iemand wat ‘n produk ontwerp om ‘n probleem op te los/ behoefte aan te spreek
Daar is baie geleenthede vir ‘n loopbaan in ontwerp
Kwalifikasies: hang af van die tipe produk wat jy wil ontwerp
Leer ken eers die bedryf voor jy produkte vir die bedryf wil ontwerp
Tipe ontwerpers: argitek, mode ontwerpers, advertensie ontwerpers, vliegtuigontwerpers