MAGNETE Flashcards
Noem twee soorte permanente magnete
Staafmagneet
Hoef magnet
Bespreek die 4 maniere om magnete te versorg
- Moenie ‘n magneet kap of laat val nie.
meeste magnete is bros, kan maklik breek
magneet kan sy magnetiese eienskappe verloor as jy dit kap of laat val - Moenie ‘n magneet naby ‘n vlam sit nie.
- Moenie magnete met dieselfde pole na mekaar toe stoor nie.
Noordpool van een magneet na die suidpool van ‘n ander magneet - Hoefmagneet: sit ‘n slagplaatjie op die punt van die magneet om die pole te beskerm
Wat is Magnetisme
Magnetisme is ‘n fisiese eienskap van materie
Dit is die krag wat veroorsaak dat ‘n spyker na ‘n magneet aangetrek word
Watter natuurlike stof is die bekendste magnetiese stof?
Yster
Wat noem ons die twee pole van n magneet?
Noordelike en suidelike pool
Pool is die punt van die magneet waar die aantrekkingskrag die sterkste is
Wat is ‘n magneet?
‘n toestel wat ‘n magneetveld produseer
Waar kom magnetiese materiaal vandaan?
Magnetiet = vernoem na ‘n plek Magnesië in Asië waar dit ontdek is
Wat word die rotse genoem wat magnetiese eienskappe het?
magnetiet = ‘n rots bekend omdat dit yster aantrek = is ‘n natuurlike magneet
Noem drie voorbeelde van nie-magnetiese stowwe.
Hout, glas, plastiek
Noem drie voorbeelde van magnetiese stowwe.
Yster, kobalt, nickel
Bespreek in jou eie woorde hoe n magnetiese kompas ons help om rigting te vind
Die magnetiese eienskap van materie lewer ‘n veld met aantrekkingskragte en afstotende kragte. As jy bv ‘n magnet op ‘n stukkie hout opwater laat dryf sal die magnet draai na die sterkste magnetiese gebied = die aantrekkingskrag is gewoonlik Noord. Dit dui dus aan in watter rigting jy moet vaar.
Bespreek kortliks hoe ‘n elektromagneet n voordeel vir die omgewing inhou
Gebruik om afvalmetaal met ‘n ysterbasis uit ‘n hoop skroot op te tel deur dit aan te skakel. Die elektriese stroom kan afgeskakel word wanneer die yster op ‘n ander hoop gegooi moet word. So word die omgewing skoongemaak en skei magnetiese metale van nie-magnetiese metale
Wat is die 4H’s en 1 V van bewaring?
1 Verminder hoeveelheid energie wat ons gebruik en die hoeveelheid afval wat ons skep
Moenie items koop wat in lae verpakkingsmateriaal verpak is. Koop hervulbare items
2 Herwin deur gebruikte item af te breek tot meer basiese stof en na iets anders hervorm
Bv. Gebruikte papier herwin om kartonbokse te maak, afvalmetaal vir nuwe produk
3 Hergebruik van produkte in plaas van weggooi.
Bv.Plastiek inkopiesakke gebruik mamma in drommetjies
Voordeel: verminder hulpbronne uit die omgewing geneem en verminder besoedeling
4 Hernuwe produkte wat oud en slordig geraak het
Bv. met ‘n laag verf
5 Herstel: hoef dit nie altyd stukkende items weg te gooi en nuwes te koop nie
Voordeel: spaar geld en hulpbronne, verminder die tempo waarteen opvullingsterreine
opgevul word
Noem ‘n paar voorbeelde van meganiese stelsels
hefbome en hidrouliese stelsels
Waarvoor word meganiese stelsels gebruik?
om die omgewing te beheer
Watter meganiese stelsels kan by die herwinning van afvalmetaal gebruik word?
die katrol en die hyskraan
Hoe word elektromagnete gevorm?
‘n elektriese stroom vloei deur ‘n spoel wat om ‘n magnetiese materiaal gedraai is
Hoekom is elektromagnete nuttig?
Die magnetiese eienskap van ‘n elektromagneet kan aan en afgeskakel word deur die elektriese stroom aan en af te skakel
Waar word elektromagnete gebruik?
sleutel tot ‘n verskeidenheid tegnologieë
Voorbeeld van elektromagnete in tegnologie
gebruik om afvalmetaal met ‘n ysterbasis uit ‘n hoop skroot op te tel. Die elektriese stroom kan afgeskakel word wanneer die yster op ‘n ander hoop gegooi moet word
Algemene gebruike van magnetiese materiale
- Rekenaars Kredietkaarte, debietkaarte en OTM-kaarte het n magnetiese strook aan die een kant
- Party televisie- en rekenaarskerms
- Luidsprekers en mikrofone
- Elektriese motors en kragopwekkers
- Magnetiese kompasse
bestaan uit ‘n gemagnetiseerde naald wat vrylik kan draai om in lyn te kom met die aarde se magnetiese noordpool - Magnete in kinders se speelgoed gebruik
- Magnete kan magnetiese items optel (ysterspykers, krammetjies, hegspykers, skuif spelde) wat baie klein is, moeilik is om by te kom, of te dun vir die vingers om vas te hou
- Party skroewedraaiers is gemagnetiseerd – hou skroef self in plek, beheer
- Skroot en bergingsoperasies: skei magnetiese metale van nie-magnetiese metale
Hoe lewer eerlike versamelaars van afvalmetaal n waardevolle diens aan die gemeenskap
- Deur afvalmetaal by opvullingsterreine bymekaar te maak en dit na skroothandelaars te neem, help Jabu die omgewing
- Afvalmetaalversameling beteken dat die opvullingsterreine nie so vinnig opgevul word nie en dat hulpbronne hergebruik en herwin word
Nadeel van versamelaars van afvalmateriaal
steel kopertelefoondraad en staalmangatdeksels
verkoop dit aan oneerlike skroothandelaars
Tydelike magneet
het slegs magnetiese eienskappe wanneer ‘n elektriese stroom daardeur vloei