November Eksamen Gedigte Flashcards
sommer net.1. Verduidelik Reël 1 en 2 se betekenis.
hint: tipe brief wat die digter wil skryf.
Die digter wil graag vir die meisie ‘n eenvoudige brief skryf wat nie spoggerig is nie.
sommer net.2. Hierdie gedig is gebaseer op ‘n ander gedig. Wat is die naam van die ander gedig en wie het dit geskryf?
Ma’, geskryf deur Antjie Krog.
sommer net.3. Dink jy die brief sal by die meisie pas? Haal ‘n reël uit die gedig aan om jou antwoord te bewys.
Ja, “ ’n sonder-fênsie-mensie”
sommer net.5. Waarvoor staan die akronieme ‘H.O.L.L.A.N.D.’ en ‘I.T.A.L.Y.’?
H.O.L.L.A.N.D. = Hope Our Lasts And Never Dies
I.T.A.L.Y. = I’ll Truly Always Love You
sommer net.6.Gee ‘n sinoniem uit die gedig vir die volgende woord:
a) minus
Sonder
Bitterbessie.1. Verduidelik die ironie van die eerste twee reëls van die gedig
hint:describe daybreak and bitterbessie.
- Dagbreek en son word gewoonlik met warmte en hoop geassosieer, maar die
‘bitterbessie’ suggereer bitterheid en hartseer. Dus is dit ironies omdat dit
kontrasterend is.
Bitterbessie.2. Watter bygeloof bestaan daar oor ‘n spieël wat breek?
- ‘n Gebreekte spieël word met sewe jaar van ongelukkigheid geassosieer.
Bitterbessie.3. Wat kan ons aflei oor hulle verhouding as ons reël 3 lees?
- Die verhouding is verbreek.
Bitterbessie.4. Verduidelik die metafoor van die ‘grootpad’ in reël 5.
- Die grootpad verwys na orde en aanvaarding in ‘n mens se lewe. Orde word
dus met ‘n grootpad vergelyk.
Bitterbessie.5. Hoekom is die dennebos ‘n goeie simbool van verwarring?
In ‘n dennebos lyk al die bome eenders; dus is dit baie maklik om te verdwaal
en verward te word.
Foto van.1.Die titel van die gedig verwys na ‘n foto. Wanneer is die foto waarna die digter verwys geneem?
Die foto is geneem tydens die terroriste-aanvalle op die World Trade Centre op 11 September 2011 van ‘n man uit die gebou uitgeval het. (9/11)
Foto van.2.In die gedig gebruik die digter die uitdrukking “bo hemel en aarde”, maar die uitdrukking is eintlik “tussen hemel en aarde”. Hoekom is dit anders? HInt: wat maak die woorde?
Die woorde is amper omgekeer om die feit dat die man onderstebo val te beklemtoon (hy sien die wêreld omgeswaai).
Foto van.3.Haal een woord aan wat vir ons vertel dat die man op die foto vasgevang is in sy val.
“hang”
Foto van.4.Waarna verwys die woord ‘gekruisig’ in versreël 3?
Dit kan verwys na die posisie waarin Christus gekruisig is.Dit kan ook verwys na die kruisie wat verskyn wanneer jy deur ‘n kameralens fokus.
Foto van.5.Watter tegniek word in reël 4 gebruik en wat is die funksie daarvan?
Alleenplasing. Die woorde ‘die man’ staan alleen om die feit dat hy ‘n anoniem was te beklemtoon. Hy is ook alleen voor die gebou geplaas.