Name van verbidings (Bl 112 - 118) Flashcards
Wat is ‘n formule?
‘n Formule is die verhouding van simbole van die elemente en die aantal atome van elke simbool in die verbinding.
Wat toon ‘n formule aan (4)
- Toon uit watter elemente die verbinding opgebou is
- Dui die verhouding waarin die atome van die verskillende elemente aanmekaar verbind het, aan.
- gee die aantal atome van elke element in een eenheid van die verbinding aan.
- Dui die totale aantal atome in een eenheid van die verbinding aan.
Voorbeeld van’n formule (CuSO4) (Gee die naam watter elemente bestaan dit uit. Hoeveel atome in total. Die verhouding van atome) (4)
- Kopersulfaat
- Koper, Swawel,Suurstof
- Totaal 6 atome
- 1:1:4
Hoe kry verbindings hulle name?
Verbindings verkry hulle name vanaf die elemente waaruit hulle saamgestel is.
Hoekom kry verbidnigs name
Ons gebruik die name van elemente om ‘n naam van die verbindings te ontwikkel
Die stappe van benoeming van verbindings (4 Stappe)
Stap 1: Identifiseer die elemente in die verbinding
Stap 2: Skryf die naam van die metaal of van waterstof eerste neer.
Stap 3: Indien die verbindings slegs twee elemente bevat, benoem die tweede element en verander die einde van die naam na -ied (Fluoried)
Stap 4: Indien die verbindig drie elemente bevat, waarvan een suurstof is, noem die element wat nie suurstof is nie en verander die einde van die naam na -aat (Sulfaat)