Menslike Hulpbron Funksie Flashcards
1
Q
Betekenis van werwing
A
- Proses wat deur ondernemings gebruik word om vakatures in die onderneming te identifiseer en geskikte kandidate te lok.
- Besighede kan kies om interne of eksterne metode van werwing te gebruik afhangend van die vereistes van die vakatures
- Begin met die proses om aktief kandidate vir vakatures te soek tot die suksesvolle integrasie van kandidaat in die besigheid.
2
Q
Werwingprosedure
A
- Die MHB moet die posontleding voorberei wa t posbeskrywing en posspesifikasie insluit.
- MHB moet posontleding aandui om geskikte kandidate te lok.
- Kies die metode van werwing (Interne/Eksterne) om die geskikte kandidate te teiken.
- Indien eksterne werwing gekies word, moet n werwingsbron gekies word, bv. werwingsagentskappe
- Vakatures kan interne geadverteer word via interne e-pos.
- Eksterne werwing moet oorweeg word indien interne werwing on suksesvol is.
3
Q
Betekenis van posontleding
A
- n hulpmiddel wat deur menslikehulpbronfunksie gebruik word om inligting oor die besigheid se arbeidsmag te bekom sodat hulle en te ontleed in die regte pos kan plaas.
- Bestaan uit posbeskrywing en posspesifikasie.
4
Q
Verskille tussen:
Posbeskrywing
A
- Beskryf pligte van ‘n spesifieke werk
- Geskrewe beskrywing van die werk en sy vereistes.
5
Q
Werwingsmetodes
Interne Werwing:
A
- Proses om potensiële kandidate vir seker beskikbare poste van binne die besigheid te kry
5
Q
Verskille tussen:
Posspesifikasie
A
- Beskryf die minimum aanvaarbare kwalifikasies vir die werk.
- ‘n Geskrewe beskrywing van kwalifikasies vir die werk
6
Q
Interne Werwing: Bronne:
A
- Interne e-posse
- Word of Mouth
- Omsendbriewe
7
Q
Interne Werwing Impak: Positief
A
- Werwingsproses is vinniger duur as die kandidate aan die besigheid bekend is.
- Huidige werknemers verstaan die bedrywighede van die onderneming
- Die besigheid ken die persoonlikheid, sterk- en swakpunte van die kandidaat.
8
Q
Interne Werwing Impak: Negatief
A
- Huidige werknemers mag nie nuwe idees in die besigheid bring nie.
- Werknemers wat nie bevorder word nie, kan gedemotiveerd voel, wat produktiwiteit verminder.
- Die aantal aansoekers om uit te kies is beperk tot slegs huidige personeel.
9
Q
Eksterne werwing.
Bronne
A
- Werwingsagentstappe
- Reklameborde
- Gedrukte media bv koerante.
9
Q
Werwingsmetodes
Eksterne werwing.
A
Die gebruik van eksterne bronne om vakatures buite die besigheid te adverteer.
10
Q
Eksterne werwing.
Impak: Positief
A
- Nuwe kandidate bring nuwe idees in die besigheid.
- Groter poel kandidate om uit te kies.
- Dit kan help om regstellende aksies en BBSEB teikens te bereik.
10
Q
Eksterne werwing.
Impak Negatief
A
- Inligting oor CV’s is dalk nie betroubaar nie.
- Nie-gestikte kandidate kan die keuringsproses vertraag.
- Nuwe kandidate neem gewoonlik langer om by die nuwe werksomgewing aan te pas
11
Q
Keuringsprosedure
A
- Ontvang dokumentasie en sorteer dit volgens die kriteria van die pos.
- Evalueer CV’s en stel ‘n kortlys op.
- Gaan inligting op CV’s na en maak kontak met verwysings.
- Toets kandidate wat vir senior posisies aansoek gedoen het
- Voer onderhoude met kandidate op die kortlys.
- n Skriftelike aanbod van indiensneming word aan gekose kandidaat gemaak.
12
Q
Doel van ‘n onderhoud
A
- Skep ‘n geleentheid waar inligting oor die besigheid en aansoeker uitgeruil kan word.
- Versamel inligting oor die sterkpunte en swakpunte van elke kandidaat.
- Bepaal ‘n kandidaat se geskiktheid vir die pos.
- Help die werkgewer om ‘n ingeligte besluit oor die mees geskikte kandidaat vir die pos te kies.
- Pas inligting wat deur die aansoeker verskaf is by die posvereistes.
- Evalueer die vaardighede van die aansoeker.
12
Q
Sifting as deel van die keuringsprosedure
A
- Kontroleer aansoekdokumente teen die vereistes van die werk.
- Kandidate wat aan die minimum vereistes voldoen, word van ander geskei.
- Voer verwysingskontroles uit van aansoekers wat vir die werk kwalifiseer.
- Stel ‘n kortlys van geskikte kandidate na die keuring.