Kwartaal een Definisies Flashcards
Ondernemingsentiteit
Besighede = ondernemingsentiteite.
Ondernemingsreël
Reel wat bepaal dat die persoonlike geldsake van die eienaar van ‘n besigheid altyd apart gehou moet word v besigheid se geldsake en andersom
Bate
Besittings of eiendom wat deur ‘n onderneming besit word en wat deur ‘n koop of ruiltransaksie verkry word
Vaste bate
Besittings of eiendom met ‘n betreklike lang lewensduur. Nie aangekoop met doel om weer vinnig te verkoop nie, maar om self oor lang tyd te gebruik
Finansiele bates/beleggings
Bestaan gewoonlik uit geld wat by finansiele instelling belê is of wat in aandele belê is
Bedryfsbates
Bate wat uit kontant bestaan of wat binne een jaar in kontant omskep kan word
Laste
Bedrag wat onderneming aan ‘n ander onderneming of persoon skuld. Nie geld wat deur eienaar geskuld word
Langtermynlas
Las wat oor tydperk langer as een jaar terugbetaal meot word
Bedryfslas
Las wat binne tydperk van een jaar terug betaal moet word
Kapitaal
Bedrag wat eienaar in besigheid belê. Hoef nie kontant. Eienaar kan ook bates as kapitaal gee. Kapitaal verminder eienaar se belang in die besigheid
Onttrekkings
Wnr eienaar geld of enigiets anders wat aan die besigheid behoort vir persoonlike gebruik neem.
Inkomste
Bedrag wat verdien word weens ‘n diens wat onderneming verrig het aan iemand. Dit vermeerder onderneming se wins en eienaarsbelang in onderneming.
Uitgawe
Betaling vir dienste+ verbruiksvoorrade wat verkry moet wordom sake te kan doen. Dit het op ‘n spesifieke tydperk betrekking en verminder die ondernemings se wins en eienaarsbelang
Transaksie
Gebeurtenis of aktiwiteit in die sakewêreld waarvan die geldwaarde in ‘n onderneming se boeke aangeteken word
Ontvangste
Transaksie waar onderneming kontant ontvang
Betaling
Verteenwoordig transaksie waar onderneming vir iets betaal het. Betaling kan EFO of kontant wees
Wins en verlies
Wins dui dat inkomste meer as uitgawes is. Verlies dui dat uitgawes meer as inkomste is. Wins = inkomste - uitgawes
Eienaarsbelang
Totale waarde van eienaar se belegging in besigheid. Omdat eienaar besigheid besit; ontvang hul netto wins. Netto wins vermeerder waarde van eienaar se belegging. Ontrekkings is weer hoe die eienaar sy verdienste uit besigheid uitneem. Ontrekking verminder eienaars belegging. EB = kapitaal + netto wins - ontrekkings
Brondokument
Elke transaksie op een gesit. Datum, bedrag, persoon, rede vir transaksie . Verskillende dokumente vir elke tipe transaksie
Bank
Verteenwoordig lopende rekening in onderneming se boeke
Wisselgeld
Geld wat in kasregister gehou word sodat kleingeld aan klante gegee word.
Kleinkas
Spesifieke bedrag geld wat gehou word om klein betallingtjies, wat nie ‘n EFO regverdig maak, mee te maak
Beginsel van dubbelinskrywing
Debietinskrywings moet gelyk wees aan die kredietinskrywings en kredietinskrywings moet gelyk wees aan debietinskrywings
Joernaal
Boek waarin verskillende brondokumente vir elke tipe transaksie opgesom word.
Grootboek
Al die verskillende joernale word in die grootboek opgesom. Grootboek verskaf geheelbeeld v onderneming se sake
Inkomstestaat
Opgestel om onderneming se wins/verlies te bereken.
Balansstaat
Gee oorsig van finasiele posisie van onderneming op bepaalde datum. Toon EB, bates en laste