KW2: Inkomste en Uitgawes Flashcards

1
Q

Wat is inkomste?

A

Inkomste is die geld wat uit die verkoop van goedere en dienste verdien word.

Die geld wat inkom in die besigheid in.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Wat is uitgawes?

A

Uitgawes is die bedryfskoste van die besigheid.

Die geld wat bestee word om ‘n besigheid aan die gang te hou.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Wat is kapitaal?

A

Kapitaal is die geld of ander besittings wat die eienaar in sy besigheid bele om dit te kan begin.

Bv. sy spaargeld, voertuie of selfs toerusting

Dis die eienaar se bydraes

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Wat is bates?

A

Bates is die besittings van ‘n besigheid wat in geld omgesit kan word.

Bv. grond, geboue, voertuie en toerusting.

Dink aan: Die besigheid kan baat daarby om besittings te he (bates) want die besittings het ook waarde (geld).

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Wat is laste?

A

Laste is geld wat die besigheid skuld aan ander mense of besighede.

Bv. ‘n lening by die bank

Dink aan: Dis ‘n las om iemand geld te skuld (laste).

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Wat is wins?

A

Wins is wanneer die inkomste van die besigheid meer is as die uitgawes.

Bv. inkomste is R1000 en uitgawes is R850 so die wins is R150

Dink aan: Win(s) = winning; Inkomste is meer

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Wat is verlies?

A

Verlies is wanneer die uitgawes van die besigheid meer is as die inkomste.

Bv. inkomste is R850 en die uitgawes is R1000 so jy’t ‘n velies van R150

*Dink aan: *(Ver)lies = loss; Uitgawes is meer

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Wat is ‘n begroting?

A

‘n Begroting is ‘n plan oor hoe om toekomstige inkomste te bestee.

Die besigheid beplan vooraf: **Waar **gaan ek my inkomste kry? En hoe gaan ek dit bestee?

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Wat is bankwese?

A

Bankwese is die dienste wat deur ‘n bank aangebied word.

Bv. die deponering of onttrekking van geld.

Dink aan: ‘Hoe moet ‘n bank wees’ (bankwese)? Dit moet ‘n plek wees waar jy kan veilig geld bere en dan onttrek wanneer jy dit benodig = dienste.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Wat is spaargeld?

A

Spaargeld is die geld wat ‘n besigheid eenkant sit vir toekomstige gebruik.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Wat is ‘n transaksie?

A

‘n Transaksie is ‘n finansiele aksie tussen twee partye wat geld of iets waardevols verruil.

Twee partye: een verkoop iets en die ander een koop dit.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Wat is finansiele rekords?

A

Finansiele rekords is die deeglike optekening van transaksies wat plaasvind in ‘n besigheid.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Wat is ruilhandel?

A

Ruilhandel is die ruil van goedere sonder dat geld gebruik word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Wat is kommoditeite?

A

Kommoditeite is artikels wat gebruik word om handel te dryf.

Bv. enigiets wat waarde het wat jy kan verkoop soos beeste, olie, goud,

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Wat is ‘n promesse?

A

‘n Promesse word deur die koper onderteken as ‘n belofte om die verkoper te betaal.

Dink aan: Promesse = Promise; Jy belowe om iets af te betaal en jy sit dit op skrif met jou handtekening

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Wat is die nadele van ruilhandel?

A
  • Mense kan nie altyd die goed wat hul nodig het of wil he, kry nie.
  • Goedere soos kos hou nie lank nie.
  • Soms het mense die beste goed vir hulself gehou en die res probeer ruil maar ander wou dit ook nie gehad het nie.
  • Was moeilik om te bepaal hoeveel van een produk gelyk is aan hoeveel van ‘n ander produk.
17
Q

Noem al die tipes inkomste wat besighede kan ontvang.

A
  • Bedryfsinkomste - Dis die geld wat die besigheid verdien.
  • Rente inkomste - As die besigheid ‘n belegging (investment) by die bank het, kan hulle rente daarop verdien.
  • Huurgeld - Geld wat ‘n besigheid ontvang as dit eiendom verhuur aan iemand anders.
  • Kommissie-inkomste - As ‘n besigheid goedere verkoop namens ‘n ander besigheid en ‘n persentasie van die totale bedrag ontvang.
  • Skenkings - As ‘n besigheid ‘n donasie ontvang.
18
Q

Noem al die tipes uitgawes wat besighede het.

A
  • Kapitaaluitgawes - Die bates (bv. toerusting, voertuie en materiale) wat aangekoop word om ‘n besigheid aan die gang te kry en te bedryf.
  • Bedryfsuitgawes - Die kostes wat ‘n besigheid het om dag-tot-dag bedryf te word bv. elek, water, salarisse, ens.
  • Finansieringsuitgawes - Wanneer ‘n besigheid geld leen by die bank of goedere op krediet koop, sal dit rente op die geleende geld moet betaal.
  • Verkwiste uitgawes - Dis geld wat gemors word deur onnodige uitgawes bv. elektrisiteit aan te los, onnodige drukwerk, rente op agterstallige rekeninge, persoonlike oproepe op werksfoon, salarisse of lone van werkers wat nie hul kant bring nie.
19
Q

Hoekom is dit belangrik vir ‘n besigheid om geld te spaar?

A
  • Sodat daar geld is vir ‘n onverwagte noodgeval.
  • Sodat ‘n duur bate kontant betaal kan word eerder as om dit op skuld te koop.
  • Deur ‘n spaarrekening by die bank oop te maak, kan die besigheid rente daarop verdien.
20
Q

Wat beteken dit om ‘n belegging te he?

A

‘n Belegging is om geld opsy te sit vir ‘n medium tot langtermyn om dit in die toekoms te gebruik. Jy kan meer rente verdien op ‘n belegging as op spaargeld.

Bv. aandele in ander besighede (buying shares in a company like Google)

21
Q

Noem ‘n paar voorbeelde van die tipe beleggings wat mens kry.

A
  1. Aandele in ‘n ander besigheid
  2. Eiendom (koop huise/woonstelle of besigheidsgeboue en verhuur dit uit)
  3. Termyndeposito’s (sit maandeliks geld weg vir ‘n paar jaar en mag nie die geld voor dan onttrek nie)
  4. Effekte (leen geld aan ander besighede of selfs die regering)
  5. Aftredeplan (maandeliks geld weg te sit sodat jy eendag ‘n inkomste het wanneer jy aftree op die ouderdom van 65jaar)
22
Q

Wat is ‘n staat van netto waarde?

A

‘n Staat van netto waarde word opgestel om iemand se netto waarde te bereken (Bates - Laste = Netto waarde)

23
Q

Noem die 3 soorte sakeondernemings (besighede)

A
  1. Handelsonderneming - koop goedere en verkoop dit vir ‘n wins bv. klerewinkels of Checkers
  2. Vervaardigingsonderneming - maak goedere en verkoop vir ‘n wins bv. restaurante of motorvervaardigers (Ford)
  3. Diensonderneming - lewer ‘n diens aan kliente vir ‘n fooi bv. ‘n elektrisien, prokureur, of haarkapper