Korporatiewe beheer/King 4 Flashcards
Hoekom is korporatiewe betsuur belangruk
Dis n noodsaklike aspek vir enige besigheid en dis n integrale deel van die gemeenskap,ongeag die groote.
Gesonde, eerlike en verantwoordelike besturende maatskappye verbeter die kwaliteit van die samelewing
Formele definisie van korporatiewe bestuur
Die uitoefening van etiese en effektiewe leierskap deur die beheerligaam om die volgende bestuuruikomstes te bereik
1.etiese kultuur
2. Goeie prestasie
3. Effektiewe beheer
4.Ligimiteit
Die direksie se primere bestuursrol en verantwoordelikhede
- Verskaf die rigting van hoe bestuurs areas benader, aangespreek en uitgevoer moet word
- Formuleer beleide en kodes en planne om die strategie uit te voer
- Hou toesig oor die uitvoering en implimentering van die plan itv praktyke
- Verseker verantwoordbaarheid vir die prestasie van bestuursareas deur verslagdoening en openbaarmaking
Wat bring nuwe uitdagings
Groeiende praktyke, klimaatsverandering, en tegnologiese vooruitgang
Doelwitte van King 4 vir maatskappye
- Bevorder verantwoordelike korporatiewe bestuur as n integrale deel van die bestuur van die maatskappy vir bestuurs uitkomstes(etiese kultuur, ettigheid,goeie prestasie, effektiewe beheer)
- Verhoog die aanvraag van king 4 deur dit toeganklik en geskik gemaak word vir implimentering
- Verstek korporatiewe bestuur wat as n holistiese en onderling verwante stel reelings verstaan en geimplimenteer moet word
Rol van die dirketeure
- Bestuur en bepaal strategiese rigting
- Keur die beleide en strategie toe om geimplimenteer te word
- Hou toesig en monitor die implimentering van die plan van bestuur
- Verseker aanspreeklikheid deur openbaarmaking en verslagdoening
Hoe neem die direksie besluite
Die direksie se besluite is n integrale deel van die maatskappy en neem dit met inagneming van korporatiewe bestuur, besluite word geneem itv sy rol as korporatiewe burger, belangverhoudings,ekonomie, omgewing ens
Die fondasie steune van king 4
- Etiese leierskap vereis:
- Verantwoordelikheid:aanspreeklik wees vir hulle optrede
- Aanspreeklik:leiers moet rekenskap gee oor hul opredes
- Billikheid:balanseer saam alle belanghebbendes
- Deursigtiheid: besluite oop en eerlik
- Integriteit en bevoegdheid - Effektiewe leieskap:
- Korupsie ondermyn die doelwit
- Doel is positiewe uitkoms
- n Maatskappy se waardes word geformuleer in gedragskodes
-Etiese kultuur-die dirkesie moet ook so optree - Die maatskappy as integrale deel van die samelewing:
-Besluite wat maatskappye neem het n invloed op die interne en eksterne belanghebbendes - Korporatiewe burgerskap:
- n Maatskappy is n korporatiewe burger. Soos enige ander burger het die maatskappy regte, verpligtinge en vernatwoordelikehede teenoor die samelewing (bv maatsakppy het die reg op geskikte infrastruktuur) - Volhoubare ontwikkeling:
-Voldoen aan die huidige behoeftes sonder om toekomstige generasies se behoeftes in gevaar te stel.
-Direkteure het n etiese plig om volhoubaarheid van maatskappy te bevorder, deur korupsie te vermy en omgewings kwessies aan te spreek
-Inklusiwiteit van belanghebbendes,Innovasie en samewerking, sosiale transformasie
- Belanghebbende inklusiwiteit:
- Direksie moet in ag neem diebehoeftes, belange en verwagtinge van belanghebbendes - Geintegreerde denke:
-Holistiese besluitneming behels die proaktiewe oorweging van die interaksie tussen bedrufs en funksionele eenhede en die gebruik van gekapitaliseerde hulpbronne - Geintegreerde verslagdoening:
- Belangrik om n holistiese beeld van die maatskappy se prestasie te bied
Wat is die 3 verskillende paradiagram verskuiwings:
- Van finansiele kapitalisme tot inklusiewe kapitalisme:
-Maatskappye word nou gesien as besitters van 6 kapitale hulpbronne en nie net finansiele kapitaal nie. - Korttermyn kapitaalmarkte tot volhoubare langtermyn markte:
-Maatskappye se prestasie moet oor die langtermyn beoordeel word
- Maatskappye moet nie net vinnig geld maak nie. - Van versuipte verslaggewing tot geintegreerde verslagdoening:
-Verduisterende beriggewing moet vermy word.
Paradiagram verskuiwings
- n Wegbeweeg van n bepaalde model of standaard
King 4 en die Internasionale Geintegreerde verslagdoeningsraad (IIRC)
-IIRC se visie is dat geinegreerde verslagdoening die norm word.
1. Die raamwerk definieer n geinigreerde verslag as n bondige kommunikais se strategie tot skepping van waarde lei in die kort termyn
2. Primere doen: om aan verskaffers van finansiele kapitaal te verduidelik hoe die maatskappy waarde skep oor die tyd en om betekenisvolle inligting te verskaf
3. Waardeskepping is nie net finansiele waarde nie, maar die 6 kapitale ook
Die 6 hoofkapitale:
- Finansiele kapitaals:Fondse beskikbaar vir maatskappye duer lening of wins
- Vervaardigings kapitaal: fisisese bates soos geboue en toerusting
- Intellektuele kapitaal: Kennisgebaseerde bates soos patente en sagteware
- Meslike kapitaal: Werknemers se vaardighede,lojaliteit
- Sosiale en verhoudings kapitaal:vertoue en netwerke met belanghebbendes
- Natuurlike kapitaal:omgewings hulpbornne soos lug, water ens
Die 6 kapitale in die konteks van geintegreerde verslagdoening
Hoef nie rigied aangeneem te word nie. , maar moet as n riglyn deur maatskappye gebruik word.
Bv n maatskappy wat gemeenskapsentrum bou verlaag fin kapitaal maar verhoog sosiale en verhoudings kapitaal.
Hoe sluit geinegreerde verslagdoening by korporatiewe bestuur aan
Ding dwing maatskappye om beter prestasie te lewer, bv as daar verwag word dat n maatskappy verlsag gee oor die sosiale en verhoudings kapitaal, gaan direkteure gedwing word om sosiale uitkoms te verbeter.
Direksie is vernatwoordelik vir die instel van beleide en prosesse
King 4 se openbaarmaking moet:
- Jaarliks
- formeel deur raad goedgekeur
- publiek toeganklik wees
Aansoek en openbaarmaking
- Regstsatus van king 4: beginsels en leidende praktyke nie wetgewing nie.
2.Toepassings gebied van king 4: King 4 is gemoeid met die beheerliggaam
Praktyke,beginsels en bestursuitkomstes(elemente)
1.PRAKTYKE: Aksies wat king 4 aanbeveel deur n maatskappy toegepas moet word om te ondersteun en uitvoering te gee aan wat die beginsel bedoel is om te bereik.
2. BEGINSEL: Beliggaming van goeie korporatiewe bestuur.(17 beginsles wat op mekaar bou), hulle lei die maatskappy oor wat dit moet bereik deur die aanbevole praktyke te impimenteer.
3. BESTUURSUUTKOMSTE: Die voordele wat deur die maastkappy gerealiseer kan word indien beginsels bereik word
TOEPASSING: 17 BEGINSELS
- Beheerliggaam moet eties en effektief lei
-Die direksie moet goeie eienskappe (bv. bevoegdheid, deursigtigheid en integriteit, redelikheid, en verantwoordbaarheid) toon ten einde ‘n etiese kultuur te kweek en effektief te lei.
Die direksie moet toesien dat die entiteit as verantwoordelike korporatiewe burger beskou word.
Toesien dat die entiteit se kerndoel, strategie en gedrag belyn met verantwoordelike korporatiewe burgerskap met betrekking tot:
- die werkplek (aanstellingsgelykheid, regverdige vergoeding, veiligheid, gesondheid ens.)
- die ekonomie (transformasie, voorkoming, ontdekking en reaksie op bedrog en korrupsie)
- die samelewing (publieke gesondheid en veiligheid, ontwikkeling, menseregte beskerming)
- die omgewing (besoedeling, rommelverwydering, biodiversiteit beskerming)
Voldoen aan openbaarmakingsvereistes.
Die raad moet die entiteit só bestuur dat dit ‘n etiese kultuur kweek en onderhou.
Goedkeuring en kommunikasie van gedragskodes.
Toesien dat beleide toegepas/nagekom word (bv. aanstellings, prestasie-evaluerings, ens.).
Tree op teenoor diegene wat gedragskodes oortree.
Beskerm fluitjieblasers.
Toesien dat die gewenste resultate bereik word.
Voldoen aan openbaarmakingsvereistes.
Die direksie moet besef dat die entiteit se doel, risiko’s, geleenthede, sakemodel, strategie, prestasie en volhoubare ontwikkeling onafskeibaar is van die waardeskeppingsproses
Die direksie moet die rigting, strategie en doel van die entiteit bepaal.
Die direksie moet die formulering en ontwikkeling van die strategie aan bestuur delegeer.
Die raad moet bestuur se strategie, beleide, planne, sleutelprestasiemetings en teikens goedkeur.
Die beheerliggaam moet die implementering van die planne aan bestuur delegeer.
Die beheerliggaam moet toesig hou oor die implementering van bestuur se strategie en planne
Die raad moet toesien dat verslae die belanghebbendes in staat stel om ingeligte prestasie-evaluerings uit te voer en die kort-, medium- en langtermynvooruitsige bevat.
Die raad moet verantwoordelikheid aanvaar vir verslagdoening en die raamwerke goedkeur.
Die direksie moet toesien dat die verslae voldoen aan wetlike vereistes en belanghebbendes se redelike verwagtinge.
Die raad moet toesien dat ‘n jaarlikse geïntegreerde verslag gepubliseer word.
Die raad moet bestuur se basisse van wesenlikheid goedkeur.
Die raad moet die integriteit van die eksterne verslae verseker.
Die raad moet toesien dat die entiteit se openbaarmakings op die webtuiste en ander toepaslike platforms beskikbaar is.
Die direksie moet dien as die fokuspunt en bewaarder van korporatiewe beheer
Die raad lei die organisasie en stel die strategiese rigting.
Die raad keur die beleide en beplanning wat ‘n effek het op die voorgestelde rigting goed.
Die raad hou toesig en moniteer die implementering en uitvoering deur bestuur.
Die beheerliggaam neem verantwoordelikheid vir die entiteit se prestasie deur verslagdoening en openbaarmaking.