Ieb Flashcards
TEB
Molêre massa: die massa in gram van een mol van daardie stof.
‘n Oplossing is ‘n homogene mengsel van opgeloste stof en oplosmiddel.
Die opgeloste stof is die stof wat in die oplossing opgelos word.
Die oplosmiddel is die stof waarin ‘n ander stof opgelos word en dan ‘n oplossing vorm.
Molêre konsentrasie: die hoeveelheid mol per oplosmiddel per eenheid volume van die
Vloeistof.
% opbrengs is ‘n meting van die omvang van ‘n reaksie
wat bepaal word deur die werklike
hoeveelheid produk teen die teoretiese hoeveelheid produk te vergelyk
as ‘n persentasie
uitgedruk
‘n Intramolekulêre binding is ‘n binding wat tussen atome binne molekules voorkom.
‘n Intermolekulêre krag is ‘n aantrekkingskrag tussen molekules of tussen atome van edelgasse.
‘n Kovalente binding behels ‘n deling van ten minste een paar elektrone deur twee atome.
‘n loniese binding behels ‘n oordrag van elektrone om katione en anione te vorm
wat
elektrostaties aangetrokke in ‘n ioniese kristalroosterstruktuur is.
Metalbinding is die aantrekking tussen positiewe kerne en ‘n see van gedelokaliseerde
elektrone.
Elektronegatiwiteit: ‘n mate van die neiging van ‘n atoom om ‘n bindingspaar elektrone aan te
trek.
Organiese molekules is molekules wat koolstofatome bevat met die uitsondering van
koolstofdioksied
koolstofmonoksied
CaC2) en sianiede (bv. KCN).
Koolwaterstof: ‘n verbinding wat slegs koolstof- en waterstofatome bevat.
Homoloë reeks: ‘n reeks van soortgelyke verbindings wat dieselfe funksionele groep het en
dieselfde algemene formule
waarin elke lid verskil van die vorige lid met ‘n enkele CH eenheid.”
Versadigde verbinding: ‘n verbinding waarin alle bindings tussen koolstofatome enkelbindings is.
Onversadigde verbinding: ‘n verbinding waarin daar ten minste een dubbel en/of driedubbele
binding tussen die koolstofatome is.
Funksionele groep: ‘n atoom of ‘n groep atome wat die middelpunt vorm van chemiese
aktiwiteit in die molekuul.
Strukturele isomere: verbindings wat dieselfde molekulêre formule het maar verskillende
struktuurformules.
Reaksiewarmte (AH): die netto verandering in die potensile energie van die sisteem.
Eksotermiese reaksies: reaksies wat potensile energie verander in termiese energie.
Endotermiese reaksies: reaksies wat termiese energie verander in chemiese potensiële energie.
Aktiveringsenergie: die minimum energie benodig om ‘n chemiese reaksie te begin OF die
energie benodig om die geaktiveerde kompleks te vorm.
Geaktiveerde kompleks: ‘n hoë-energie
onstabiele
reaktante en die produkte.
Reaksietempo: die verandering in aantal of konsentrasie per eenheid tyd van
‘n reaktant of
produk.
Katalisator: ‘n stof wat die tempo van die reaksie verhoog
maar onveranderd bly aan die einde
van die reaksie.
Geslote sisteem (in chemie): een waarin massa binne ‘n sisteem behou word
maar energie die
sisteem vrylik kan binnegaan of verlaat.
Oop sisteem (in chemie): ‘n sisteem waarin beide energie en materie tussen die sisteem en sy
omgewing uitgeruil kan word.