Hoofstuk 2 Flashcards

1
Q

Inleiding

A

Besighede werk in dinamiese sakeomgewings wat baie uitdagings vir hul bedrywighede
inhou.
• Die winsgewendheid en sukses van ondernemings hang af van hoe hulle reageer op
uitdagings wat die interne en eksterne omgewings stel.
• Besighede funksioneer binne die politieke konteks van die land, daarom kan veranderings in
die bestuur van die land ‘n negatiewe uitwerking op ondernemings hê.
• Daar is ‘n toenemende neiging vir mense om vrylik tussen lande te beweeg en dat
ondernemings oor internasionale grense handel dryf.
• Ondernemings het sterk verhoudings nodig om in die mark te slaag.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Maniere waarop besighede by uitdagings in die mikro omgewing kan aanpas

A

Moeilike
werknemers
 Ondernemings kan moeilike werknemers hanteer, soos deur die
werwings- en induksiebeleide te hersien.
 Ondernemings moet strategieë ontwikkel om verskillende soorte
persoonlikhede te hanteer.
 Ondernemings moet beradingsessies aanbied aan werknemers met
persoonlike probleme.
Gebrek aan visie en
missie
 Die bestuur moet ‘n duidelike visie hê wat alle werknemers verstaan en
aan gekommunikeer word.
 Die visie moet en missieverklaring moet geïmplementeer word op ‘n
manier wat die interne omgewing vorm.
 Die visie en missie moet die gebruik van hulpbronne en optrede van
werknemers rig.
 Ondernemings se waardes moet sigbaar wees in hul etiese standaarde
en die manier waarop werknemers behandel word.
 Die bestuur moet in staat wees om veranderinge in die interne
omgewing te voorsien, sodat hulle doelstellings en bedrywighede produktief kan beplan.
Gebrek aan
voldoende
bestuursvaardighede
 ‘n Ondernemingsbestuurder moet vaardig wees in tegniese aspekte van
hul werk en in die hantering van werknemers.
 Bestuurders benodig goeie interpersoonlike en
konflikoplossingsvaardighede.
 Bestuurders moet bestuurs- en leierskapkursusse bywoon.
 Ondernemings kan mentors en afrigters van suksesvolle ondernemings
versoek om hul bestuurders op te lei.
Vakbonde, stakings
en vertraag
 Bestuurders moet billik en deursigtig met vakbonde handel.
 Hulle moet verhoudings met vakbondverteenwoordigers opbou sodat
stakings deur positiewe onderhandelinge vermy kan word.
 Die onderneming kan ook van die KVBA/CCMA gebruik maak om ‘n
ooreenkoms met die vakbonde te bereik.
 Werkgewers het ‘n strategie vir arbeidsverhoudinge nodig waar ‘n
onderneming positief en sinvol met sy werknemers omgaan voordat
spanning toeneem en stakings dreig.
 Ondernemings moet werknemers sodanig kan bestuur dat goeie
werksverhoudinge gehandhaaf word en geskille betyds opgelos word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Maniere hoe besighede kan aanpas by die veranderinge in die MARK omgewing

A

Mededinging
 Ondernemings moet hul toetrede tot die bedryf in die mark in ag
neem.
 Doen navorsing en identifiseer klante se behoeftes.
 Bied produkte of dienste aan van goeie kwaliteit
 Bied meer persoonlike dienste aan.
 Sorg dat die personeel goed opgelei en kundig is.
Aanbodtekort
 Kies verskaffers wat betroubare verskaffers is.
 Handhaaf ‘n goeie verhouding met verskaffers.
 Sluit kontrakte met verskaffers om grondstowwe van goeie gehalte
in voldoende hoeveelhede te verseker.
 Neem verskaffers oor om kontinuïteit van die aanbod te verseker. Dit
word terugwaartse integrasie genoem.
Verandering in
verbruikersgedrag
 Die bemarking van die onderneming moet deurlopende navorsing
doen om die algemene gedragspatrone te ondersoek.
 Die bemarkingsbestuurder moet die veranderinge in
verbruikerspatrone van verbruikers monitor en daarop reageer.
Demografie en psigografie
 Ondernemings moet toesien dat hul inligting op datum en akkuraat
is.
 Hulle moet data akkuraat interpreteer sodat hulle ‘n effektiewe
bemarkingstrategie en -plan kan beplan.
 Hulle moet die houding, smaak en begeertes van die mark dophou
en bestudeer.
Sosio-kulturele faktore
 Die ondernemers moet op hoogte bly van sosio-kulturele
veranderinge.
 Hulle moet op sosio-ekonomiese faktore kan reageer deur die
interne omgewing van die onderneming aan te pas.
 Ondernemings moet die bemarkingstrategie en bemarkingsplan dien ooreenkomstig kan verander.
Ondernemings moet mense van verskillende sosiale en kulturele
groepe in diens neem sodat hulle ‘n innerlike siening kan kry van hoe
om in die verskillende groepe se behoeftes te voorsien.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Maniere waarop ondernemings by die uitdagings van die MAKRO-omgewing kan
aanpas

A

Inligtingsbestuur
• Inligting moet gevind / aangeteken / geberg / maklik opgespoor en effektief gebruik word.
• Ondernemings moet ‘n effektiewe inligtingbestuurstelsel implementeer wat toeganklik en bruikbaar
is vir alle personeel.
• Hulle moet groot kapitaal belê in inligtingstegnologie-stelsel (IT) om sakebedrywighede op te
dateer.
• Moderne IT-oplossings stel besighede in staat om vinniger en beter in die behoeftes van die kliënt
te voorsien.
• Besighede kan voordeel trek uit ‘n toename in markaandeel en winsgewendheid.
4.2 Strategiese reaksies
• Die bestuur moet strategiese reaksies op verskillende uitdagings ontwerp deur alle inligting te
ontleed deur die betrokkenes te identifiseer.
• Kry ‘n duidelike beeld van die standpunte en vereistes van elke belanghebbende
• Ondernemings moet bewus wees van nuwe mededingers in die mark en hulle moet in staat wees
om op dreigemente strategies te reageer.
• Hulle moet strategiese planne maak om volhoubaar te bly in ‘n mededingende mark.
• Korrekte strategiese reaksies help ondernemings om die belangrikste kenmerke van hul produkte
te identifiseer.
4.3 Samesmeltings, oornames, verkrygings en alliansies
• Besighede moet soms vinnig besluite neem om te oorleef as gevolg van uitdagings uit die
sakewêreld.
• Hulle kan samesmeltings, oornames, verkrygings en alliansies implementeer as oplossings om op
die uitdagings van die omgewing te reageer.
Samesmeltings
• Dit vind plaas wanneer twee ondernemings saamstaan en een nuwe onderneming vorm.
• Wanneer twee ondernemings, gewoonlik deur ‘n ooreenkoms, een word.
• As dit ‘n openbare maatskappy is, sal die aandeelhouers hul aandele in een maatskappy ruil vir
die ekwivalente waarde van aandele in die nuwe samesmeltende maatskappy.
Oornames
• Die aankoop van ‘n onderneming (teiken) deur ‘n ander maatskappy (bieër) gewoonlik teen die wil
van hul teikens.
• Besighede wat bestaande ondernemings oorneem deur sy aandele uit te koop totdat die
onderneming beherende belange het.
Verkrygings
• ‘n Onderneming koop ‘n ander onderneming teen ‘n ooreengekome prys.
• Dit kom gewoonlik voor by private ondernemings wat nie genoteer is nie.
Alliansies
• Dit is ooreenkomste wanneer twee of meer ondernemings saamwerk om hul doelstellings te
bereik.
• Organisasies met dieselfde belangstelling / aard / eienskappe kies om saam te werk tot die
wedersydse voordeel van albei organisasies.
• Hulle bly apart en werk slegs met mekaar saam.
OPMERKING: U moet praktiese voorbeelde van samesmeltings, oornames, verkrygings en
alliansies kan gee.
4.4 Organisatoriese ontwerp en buigsaamheid
• Organisatoriese ontwerp beskryf hoe ‘n onderneming gestruktureer is en hoe dit sy kultuur
kommunikeer.
• Dit is ‘n proses om mense / inligting / tegnologie van ‘n organisasie te integreer sodat die
winsgewendheid van die onderneming verbeter word.
• Besighede moet buigsaam wees in hul organisatoriese ontwerp en strategieë sodat hulle in ‘n
veranderende mark kan meeding.
• Hulle moet die organisatoriese ontwerp verander om aan te pas by ‘n spesifieke uitdaging.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Direkte invloed op die omgewing en maatskaplike verantwoordelikheid

A

• Direkte invloede op ondernemings spruit meestal uit wetgewing / handelsooreenkomste en
mededingersstrategieë.
• Suksesvolle ondernemings en hul omgewing pas by die onvermydelike invloede aan deur ‘n
mededingende omgewing te skep.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Maniere waarop ondernemings ‘n direkte invloed op die omgewing kan hê

A

• Ondernemings moet buigsaam wees deur betrokke te raak by navorsing / ontwikkeling sodat hulle
kan voortgaan om te werk.
• Beïnvloed sy verskaffers deur langtermynkontrakte te onderteken.
• Skep nuwe gebruike vir ‘n produk deur nuwe kliënte te vind.
• Beïnvloed reguleerders deur middel van netwerkvorming/lobbying en bedinging.
• Begin bedingingsessies tussen bestuur en vakbonde.
• Beïnvloed die eienaars deur die inligting in jaarverslae te gebruik.
• Onderhandel oor strategiese alliansie-ooreenkoms deur middel van kontraktuele prosesse.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Maatskaplike verantwoordelikheid

A

Toenemende druk in die besigheidsomgewing dwing besighede om meer maatskaplik
verantwoordelik te word deur terug te gee aan gemeenskappe.
• ‘n Sakekode moet die norme en waardes van die gemeenskap waar hierdie funksioneer, in ag
neem.
• As ‘n onderneming toegewyd is om omgewings- en die maatskaplike verantwoordelikheid na te
kom, sal dit ‘n drievoudige basislyn lewer wat planeet, /persone/mense en profyt/wins insluit.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Projekte wat onderneem kan word as deel van die maatskaplike
verantwoordelikheid

A

• Ondernemings moet werknemers toelaat om betrokke te raak by die maatskaplike
ontwikkeling.
• Bestuurders moet die omgewing beskerm en aan ‘n gemeenskaplike effektiewe program
deelneem.
• Omgewingsvriendelike veldtogte
• Donasies maak aan liefdadigheidsorganisasies
• Neem deel aan ekonomiese ontwikkeling
• Liefdadigheidsgemeenskapsprojekte
• Bevoordeel die onderneming deur verhoogde verkope as gevolg van die klantelojaliteit.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Voordele van KMI-projekte vir ondernemings

A

• Verhoog werknemers se moraal en werkstevredenheid wanneer hulle by maatskaplike
verantwoordelikheidsprogramme betrokke is.
• KMI-projekte kan gebruik word as ‘n bemarkingstrategie om hul produkte te bevorder.
• KMI-projekte bevorder spanwerk binne besighede.
• KMI help beleggers te lok as gevolg van verhoogde winste / inkomste
• Bevorder kliëntelojaliteit wat lei tot meer verkope.
• Kan ervare werknemers lok / die poel geskoolde arbeid vergroot wat produktiwiteit kan verhoog.
• Positiewe / verbeterde beeld terwyl die onderneming na werknemers omsien / op ‘n
verantwoordelike manier optree.
• ‘n Onderneming kan ‘n mededingende voordeel hê, wat lei tot goeie publisiteit / ‘n beter reputasie.
• Die onderneming geniet die welwillendheid / ondersteuning van gemeenskappe.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Betekenis van invloedwerwing/lobbying

A

• Invloedwerwing verwys na die proses om wetgewing of besluitneming in die parlement te
beïnvloed.
• Dit behels die verkryging van openbare steun vir ‘n saak soos kinders of diereregte.
• Dit is ‘n georganiseerde proses waar individue, ondernemings en organisasies hul invloed gebruik
om die regeringsbeleid te verander. .
• Invloedwerwing is spesifiek van toepassing op wetgewers en regeringsamptenare en dit is ‘n
deelnemende benadering tot die regering.
• Dit word gedoen deur verskillende mense met soortgelyke motiewe, oortuigings of kommersiële
posisies.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Redes waarom besighede invloedwerwing doen

A

• Ondernemings doen ‘n invloedwerwing met hul reguleerder of toesighoudende instansie ten
einde pryse, beleide, regulasies en ander besluite wat deur die reguleerder of die toesighoudende
liggaam geneem word, te beïnvloed
• Ondernemings of mense doen invloedwerwing om wette te verander soos kinderarbeidwette,
skoon lug- en waterwette, munisipale regulasies, ens
• Hulle sienings is belangrik en word gehoor en maak dus ‘n verskil en bied oplossings vir
besigheidsuitdagings.
• Invloedwerwing bevorder sakemanne se saak en bou vertroue op die publiek.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Tipes Invloedwerwing
Verskansing teen inflasie

A

Bedingingsessies verhoed arbeidsstakings en verskaf kritieke inligting aan mense met mag
• Besighede sorg dat hul verteenwoordigers opgelei / vaardig is om te onderhandel, namens hulle.
• Die doel van bedingingsessies is om ‘n wen-wen-situasie vir alle partye te vind.
• Die bestuur sal probeer om die vakbond te oortuig om sy voorstel te aanvaar, en die vakbond sal
die bestuur probeer oorreed om hul eise te aanvaar.
• Die uitslag van ‘n suksesvolle bedingingsessie kan die onderneming beskerm teen die negatiewe
impak van stakings wat veroorsaak word deur lae produktiwiteit.
• Ondernemings moet billik / deursigtig wees om vertroue en goeie kommunikasie met vakbonde
te bewerkstellig.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Die toesighoudende liggaam / reguleerders beïnvloed

A

• Daar is ‘n groot aantal toesighoudende liggame en reguleerders wat in die sakeomgewing werk.
• Besighede neem ‘n aktiewe rol in professionele liggame.
• Deur hul lidmaatskap / voorspraak / voorleggings kan hulle moontlik veranderings aan bestaande
regulasies beïnvloed.
• Ondernemingsbestuurders is betrokke by debatte en besprekings wat die openbare beleid vorm.
• Ondernemings beïnvloed en onderhandel met hierdie reguleerders om hul eie volhoubaarheid te
beskerm.
• Dit is in die beste belang van ondernemings om die riglyne en beperkings van hierdie liggame na
te kom om in besigheid te bly.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Betekenis van netwerke

A

• Dit verwys na ‘n gekoördineerde aktiwiteit waar mense met ‘n soortgelyke doelstelling inligting en
idees ontmoet en uitruil.
• Die doel van netwerke is om soveel as moontlik mense te bereik en om elke kontak te laat tel.
• Dit is ‘n instrument wat deur ondernemings gebruik word om verkope te verhoog
• Besighede kan lid word van die sakekamers en nywerhede /
professionele sakeklubs / informele sosiale groepe om nuwe kontak te ontmoet.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Voorbeelde van netwerkvorming

A

• Formele netwerke: georganiseerde plaaslike, provinsiale en nasionale kamers vir sake, nywerheid
en handel.
• Informele netwerke: sosiale en minder georganiseerde koördinering.
• Ondernemingsbestuurders werk byvoorbeeld gereeld terwyl hulle gholf speel, sportbyeenkomste
bywoon of by sosiale programme betrokke raak.
• Sosiale media en die internet: Nuwe en goedkoop maniere waarop ondernemings kan netwerk via
forums en sakegroepe

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Belangrikheid of voordele van netwerkvorming

A

• Besighede kan nuwe kliënte lok, wat lei tot ‘n groter markaandeel en winsgewendheid.
• Netwerk kan ‘n uitstekende bron wees van nuwe perspektiewe en sake-idees.
• Laat bestuurders toe om nuwe ondernemingsverhoudings te bou en nuwe sakegeleenthede te
genereer.
• Speel ‘n rol in die bemarking en uitbreiding van ‘n onderneming.
• Help besighede om toekomstige besigheidsbesluite te neem.
• Ondernemings kan ondersteuning kry wanneer verteenwoordiging by verskillende owerhede beplan word.

17
Q

Maniere waarop ondernemings magsverhoudinge kan vorm

A

Strategiese alliansie / vennootskapsooreenkomste
• Ondernemings vorm vennootskapsooreenkomste ten einde mekaar se betrokkenheid te
bevoordeel.
• Hierdie vennootskapsalliansies help partye om voordeel te trek uit infrastruktuurontwikkeling en
skaars vaardighede.
• Hierdie alliansies is ontwerp om voort te bou op die kundigheid van elke vennoot en op die manier
waarop hulle mekaar aanvul.
Oorreding van groot beleggers
• As ‘n besigheid ‘n kragtige belegger het, kan die onderneming dikwels baat vind by die
verhouding, sodat dit makliker krediet kan kry en beter aanbiedings van verskaffers kan kry.
• Besighede nooi magtige invloedryke mense om in hul raad van direkteure te sit om advies van die
mense te kry.
• Om sulke kragtige mense as deel van die onderneming hê, kan ‘n positiewe invloed hê √ op die
reputasie en beeld van die onderneming.
• As ‘n onderneming ‘n groot / kragtige belegger het, kan die onderneming makliker krediet verwerf /
beter aanbiedings van verskaffers kry.
Maatskappy - verteenwoordigers se invloed
• Hierdie verteenwoordiger vervul ‘n belangrike funksie om beleggers te probeer oorreed om in ‘n
bepaalde sakepraktyk te belê.
• Mense sal besluite neem op grond van die onderneming se beeld, persoonlikheid,
kommunikasiestyl en oorredingskrag.
• Ondernemings moet tyd en energie belê om die regte persoon vir hierdie werk te werf.