Hoofstuk 1 Flashcards
Waar het Zane die lipstiffie gekry?ozar
Hy het dit voor skool opgetel.
Watter vak gee mnr. Marx?
Musiek
How het die verhouding tussen mnr. Marx en juf. Prinsloo na bewering begin?
Hulle het een aand gesoen toe hulle moes toesig hou by ‘n skoolsokkie.
In watter konfliksituasie bevind Tiaan en Zane hulself aan die begin van die boek?
Zane smeer lipstiffie op mnr. Marx se kosbare Mozartborsbeeldjie en hulle kom in die moeilikheid. Mnr. Marx vra dat hulle hom na skool ontmoet, waar hy hulle uitvra oor postmodernisme voor ‘n hele klas van orkeslede.
Waarmee sal jy die volgende terme assosieer: “staccato, etc”?
Musiek
Watter taal is die term “staccato”?
Italiaans
Watter vergelykings vind ons in die hoofstuk?
Tiaan vergelyk Zane se skuldige glimlaggie met ‘n hond wat pas die mat natgepiepie het. Tiaan sê mnr. Marx se hare lyk soos Beethoven s’n.
Hoekom is die Mozartbeeldjie vir meneer Marx spesiaal?
Hy het dit in Oostenryk - Mozart se tuisland - gekoop en hy heet heel moontlik ‘n liefde vir Mozart se musiek.
Hoe reageer mnr. Marx toe hy die lipstiffie op Mozartbeeldjie sien?
Hy waarsku dat Zane nie die beeldjie moet laat val nie. Hy wil nie weet waar hulle die lipstiffie gekry het nie, maar hulle moet hom na skool in sy klas kom spreek.