Golwe, Klank En Lig Flashcards
Transversale puls
Puls waarvan die deeltjies se uitwyking loodreg is op die puls se bewegingsrigting
Puls
‘N enkele versteuring wat deur ‘n medium voortgeplant word
Amplitude
Maksimum uitwyking van ‘n deeltjie vanaf sy rusposisie ( ewewigsposisie)
Pulslengte
Afstand tussen begin en einde van ‘n puls
Interferensie
Die oorvleueling van twee pulse wat gelyktydig by dieselfde posisie is
2 tipes interferensie
Konstruktief en destruktief
Konstruktiewe interferensie
Dit gebeur wanneer 2 pulse mekaar aan dieselfde kant van die rusposisie ontmoet. Dit het ‘n puls met ‘n groter amplitude tot gevolg
Destruktiewe interferensie
Gebeur wanneer die 2 pulse mekaar aan verskillende kante van die rusposisie ontmoet. Dit het ‘n puls met ‘n kleiner amplitude tot gevolg
Superponering
Die som van die amplitudes van 2 pulse wat gelyktydig op dieselfde plek op dieselfde tyd met mekaar oorvleuel
Transversale golf
‘N golf waarvan die rigting van versteuring loodreg ten opsigte van die bewegingsrigting is
Kruin
Die hoogste dele van die golf waar maksimum uitwyking vanaf die rusposisie plaasvind.
Trog
Die laagste dele van die golf waar maksimum uitwyking in die teenoorgestelde posisie vanaf die rusposisie plaasvind kan trôe, buike of dale genoem word
golflengte
die afstand tussen 2 opeenvologende punte wat in fase is
frekwensie
die aantal heelgolwe (golflengtes) wat elke sekonde by ‘n gegewe punt op die pad van die golf verby beweeg
periode
die tyd wat dit 1 volledige golf neem om by ‘n punt verby te beweeg
golfspoed
die afstand wat die golf in 1 sekonde aflê
wat beïnvloed die spoed?
massa en digtheid van die medium
die spanning van die medium
verdigtings
gebied waar die deeltjies van die golf nader aan mekaar is
verdunnings
gebied waar die deeltjies van die golf verder uit mekaar is
tydens aardbewings onstaan daar watter tipe longitidinale golwe?
seismiese golwe
wat word gebruik om longitidinale golwe na transversale golwe oor te sit om ‘n skets te verkry?
ossiloskoop
longitudinale golf
‘n golf waar die deeltjies van die medium parallel met die bewegings rigting van die golf beweeg
2 faktore wat die spoed van klank bepaal
elastiteit van die medium
digtheid van die medium
wanneer gaan spoed van klank vinniger wees
as elastiteit groter is
wat is elastiteit
hoe styf ‘n medium is ( hoe vinnig die deeltjies terugkeer na hulle oorspronklike posisie)
waardeur beweeg klank die vinnigste?
staal want deeltjies keer vinnig terug na die oorspronklike posisie as deur rubber wat minder styf is en deeltjies wat langer om na oorspronklike posisie te beweeg