Elektrisiteit En Magnetisme Flashcards
wat noem ons die reguitlyn wat deur die pole gaan
magnetiese as
watter toestelle bevat alles magnete
telefone, alarms, luidsprekers, deurklokkies, selfone, navigasie van skepe, rekenaarhardeskywe wat groot hoeveelheid inligting as magnetiese patrone stoor, bankkaarte se magnetiese strook
waar is die magnetiese krag die sterkste
by die pole
ferromagnetiese stowwe
materiale wat gemagnetiseer kan word en deur magnete aangetrek word
voorbeelde van ferromagnetiese stowwe
yster, nikkel, kobalt, en hulle allooie
voorbeelde van nie magnetiese stowwe
koper, aluminium, en nie metale
wat is ‘n magneetveld
is die gebied rondom ‘n magneet waar ander magnete of magnetiese voorwerpe ‘n krag ondervind. dit is onsigbaar maar kan sigbaar gemaak word deur ystervysels wat hulle in magneetvelde rangskik
rigting van magneetveldlyne
is aaneenlopend
is denkbeeldige lyne
is driedimensioneel
rigting buite die magneet is van noord na suid en binne die magneet van suid na noord
kruis of raak mekaar nooit nie
is die digste by die pole waar die magneetveld die sterkste is
elektriese veld
gebied of ruimte waar ‘n elektriese lading ‘n elektriese krag ondervind
gravitasieveld
gebied of ruimte waar ‘n massa gravitasiekrag sal ondervind
magnete oefen kragte op mekaar uit
ongelyksoortige pole trek mekaar aan
gelyksoortige pole stoot mekaar af
magnetiese domein
groepe atome in ferromagnetiese stowwe waarin die elektrone magneetvelde gerig is
harde ferromagnetiese stowwe
domeine word nie maklik gerig nie en hou sy magnetisme vir ‘n lang tydperk bv. permanente magnete
sagte ferromagnetiese stowwe
word maklik gemagnetiseer maar verloor ook vinnig die eienskap bv. elektromagnete
waaruit bestaan ons aarde se kern
nikkel en yster
magnete
‘n permanente magneet word omring deur ‘n magneetveld en het ‘n noordpool en ‘n suidpool met ‘n magneetveld rondom dit
na watter noord sal ‘n vry roterende magneet of kompasnaald wys
magnetiese noordpool
waar word die geografiese noord of ware noord aangetref
punt in die noordelike halfrond waar die aarde se rotasie as die oppervlakte ontmoet
wat noem ons die hoek tussen magnetiese noord en geografiese noord?
deklinasiehoek
magnetosfeer
speel ‘n rol om lewe op aarde moontlik te maak en kom bokant die atmosfeer voor en word deur die aarde se magneetveld beïnvloed en deflekteer sonwinde weg van die aarde af
sonwinde
vloed van radio aktiewe en gelaaide deeltjies
hoe vorm auroras of poolligte
die gelaaide deeltjies bots met lugmolekules soos suurstof en stikstof in die atmosfeer en lig word uitgegee as gekleurde gloede by die pole
2 tipes aurora ligte
noorpool - aurora borealis ( noorderlig)
suipool - aurora australis (suiderlig)
magnetiese storm
tydelike versteuring van die aarde se magnestosfeer
wat help diere om te migreer
magneetvelde van die aarde
wat gebeur wanneer ‘n ferromagnetiese stof in ‘n magneetveld geplaas word
die domeine rangskik so dat alle elektrone se magneetvelde in dieselfde rigting gerig word
statiese elektrisiteit
studie van ladings wat nie beweeg nie
2 soorte ladings
positiewe lading
negatiewe lading
waaruit is ‘n atoom uit opgebou
in die kern: protone ( + lading )
neutrone ( neutraal)
in die ruimte om die kern : elektrone (- lading)
in ‘n neutrale atoom is daar ewe veel van wat
protone en elektrone
wanneer word ‘n voorwerp positief gelaai
as dit elektrone weggee so voorwerp het meer protone as elektrone daar is dus ‘n verlies aan elektrone
wanneer word ‘n voorwerp negatief gelaai
as dit elektrone opneem so die voorwerp het minder protone as elektrone daar is dus meer elektrone
wat van elektrone protone en neutrone
slegs elektrone kan beweeg
protone en neutrone is stewig gebind in die kern
kragte tussen ladings
gelyksoortige ladings stoot mekaar af
ongelyksoortige ladings trek mekaar aan
elektrostatiese kragte
kragte wat uitgeoefen word deur die gelaaide voorwerpe op mekaar
eeenheid van lading
coulomb (C)
simbool van lading
Q
voorwerpe word gelaai deur
wrywing
aanraking
induksie
wrywing voorbeeld
as ‘n glasstaaf met ‘n wollap gevryf word word elektrone fisies van die glasstaaf na die wollap afgevryf. so kry die wollap elektrone by en word negatief gelaai en die glasstaaf verloor elektrone en word positief gelaai
tribo elektriese reeks
geneigtheid van materiale om positief of negatief gelaai te word tydens wrywing
aanraking voorbeeld
as ‘n gelaaide voorwerp aan ‘n ongelaaide voorwerp raak sal hulle lading verdeel volgens hulle grootte
polêre molekules
soos water is meer positief aan die een kant en negatief aan die ander kant. hulle kan roteer sodat die een kant wat teenoorgesteld gelaai is na die gelaaide voorwerp toe wys
induksie
proses waar ‘n lading op ‘n voorwerp verkry word sonder dat die voorwerpe aan mekaar raak
wet van behoud van lading
ladings kan nie geskep of vernietig word nie, maar slegs oorgedra word van een vorwerp na ‘n ander
geleiers is
stowwe wat ‘n elektriese stroom gelei
metale omdat hulle valenselektrone gedelokaliseer is en dus kan rondbeweeg
stowwe wat min weerstand bied teen die vloei van lading
bv. koper, yster, silwer
isolators is
stowwe wat nie ‘n elektriese stroom gelei nie
daar is geen vloei van lading nie
nie- metale soos plastiek, teflon, porselein, rubber, glas,papier, wol
uitsondering van ‘n nie metaal maar wat elektrisiteit gelei
koolstof
lading is gekwantiseerd
slegs sekere heeltallige veelvoude van die lading op ‘n elektron is moontlik
volgende is nodig vir ‘n stroom om te vloei
bron van energie
geleiers in die stroom
‘n geslote stroombaan
in ‘n serie stroombaan
is daar slegs een pad vir die stroom om te vloei deur die komponente
stroomsterkte is oral dieselfde
totale potensiaalverskil word verdeel
groter weerstand sal ‘n groter potensiaalverksil hê
in ‘n parallelle stroombaan
meer as een pad vir die stroom om te vloei
potensiaalverskil is oral dieselfde
totale stroom word verdeel
die resistor met die groter weerstand sal ‘n kleiner stroomsterkte hê
hoe beweeg potensiële energie
van ‘n hoë potensiële energie na ‘n lae potensiële energie
as die weerstand tussen 2 punte toeneem wat sal gebeur met die potensiaalverskil
dit sal toeneem
potensiaalverksil
die verskil in elektriese potensiële energie per eenheidslading tussen enige twee punte in die stroombaan
wat is die EMK van die stroom
dit is die elektriese potensiaalverskil oor die pole van die battery wanneer geen stroom vloei nie
eenheid vir EMK en potensiaalverskil
volt (V)
elektriese stroom
die tempo waarteen elektriese lading in ‘n stroombaan vloei
konvensionele stroomrigting
vloei van stroom vanaf ‘n positiewe pool na ‘n negatiewe pool
elektronstroomrigting
rigting van elektrone in ‘n stroombaan is van die negatiewe pool van die battery deur die stroombaan na die positiewe pool
voltmeters
in parallel geskakel en het ‘n groot weerstand
ammeters
word in serie geskakel en het ‘n lae weerstand
simbool en eenheid van stroom
simbool : I
eenheid : ampère (A)
‘n resistor is wat?
komponent in die stroombaan wat weerstand bied teen die vloei van lading
is ‘n swak geleier van elektrisiteit
skakel elektriese energie om in ander soorte energie bv warmte en lig
Ohm se wet
die potensiaalverskil oor ‘n resistor is direk eweredig aan die stroom wat deur die resistor vloei, mits die temperatuur van die resistor konstant gehou word
eenheid vir weerstand is
Ohm