Golwe Flashcards
Frekwensie**
Die aantal golwe wat in 1 sekonde verby ‘n sekere punt in die ruimte beweeg.
Golflengte**
Die afstand tussen twee punte in fase.
Foton**
‘n Pakkie gekwantifiseerde energie.
Transversale Golf
‘n Golf waarvan die deeltjies van die medium reghoeking tot die bewegingsrigting van die golf vibreer; ‘n Opeenvolging van transversale pulse.
Amplitude
Die maksimum uitwyking van ‘n deeltjie vanaf sy rusposisie.
Kruin
Die hoogste deel van die golf waar maksimum uitwyking vanaf die rusposisie plaasvind.
Trog
Die laagste dele van die golf waar die maksimum uitwyking in die teenoorgestelde posisie vanaf die rusposisie plaasvind.
Twee punte in fase
Word deur ‘n heelgetal veelvoud van volledige golflengtes geskei.
Punte uit fase
Word nie deur ‘n heelgetal veelvoud van volledige golflengtes geskei nie.
Periode
Die tyd wat dit een volledige golf puls neem om by ‘n punt verby te beweeg.
Longitudinale Golf
‘n Golf waar die deeltjies van die medium parallel met die bewegings rigting van die golf vibreer.
Verdigting
‘n Gebied van hoë druk en die deeltjies is naby aan mekaar.
Verdunning
‘n Gebied van kae druk en die deeltjies is ver van mekaar.
Puls
‘n Enkele versteuring wat deur ‘n medium voortgeplant word.
Golfspoed
Die afstand wat ‘n punt op die golf per eenheidtyd beweeg.
Konstruktiewe Interferensie
Vind plaas waar twee kruine of twee trôe mekaar ontmoet.
Destruktiewe Interferensie
Vind plaas waar ‘n kruin en ‘n trog ontmoet.
Ultraklank
Klanke wat tussen 20 000 Hz en 100 000 Hz is (mense kan dit nie hoor nie), diere soos dolfyne en vlermuise gebruik dit om hulle prooi op te spoor.
Sonar
(SOund Navigation And Ranging) Ultraklank, skepe gebruik dit om diepte by daardie posisie onder die skip te bepaal of om skeepswrakke en skole vis op te tel. Duikbote gebruik dit om te navigeer.
Elektromagnetiese Golf
Bestaan uit ossillerende magneet- en elektriese velde wat reghoekig tot mekaar en reghoekig tot die voortplantingsrigting is. Nodig nie ‘n medium om voort te plant nie d.w.s. hulle kan in ‘n vakuum voortplant.