Funksies van Seldele Flashcards
Selwand
Ondersteuningstruktuur wat die inhoud van die plantselle beskerm en stewigheid aan die plantsel verleen
Sitoplasma
Sirkulering van stowwe
Dien as n bergplek van lewensbelangrike stowwe
Dit help om die vorm van die sel te behou
Selmembraan
Die selmembraan is selektief en beheer die beweging van stowwe in en uit die sel
Selkern
Beheer al die selaktiwiteite
Die chromosome dra die erfilikheidseienskappe van sel tot sel vanaf die ouers na die volgende generasie
Mitochondria
Selrespirasie vind plaas in mitochondria
Tydens selrespirasie word energie , in teenwoordigheid van suurstof, uit koolhidrate vrygestel
Die energie wat vrygestel word, vorm deel van die verbinding ATP
Ribosome
Proteïensintese vind plaas
ER
Die ER vervoer van stowwe van een deel van die sitoplasma na n ander
Vergroot die inwendige seloppervlak
Golgi-apparaat
Die golgi-apparaat speel n rol daarin om afskeidings soos mukus en speuksel te vervaardig
Dit berei proteïene voor vir vervoer na ander seldele
Chloroplaste
Fotosintese vind plaas in chloroplaste
Tydens fotosintese word energieryke koolhidrate in dele van die plant opgebou
Water en koolstodioksied word benodig en suurstof word vrygestel
Chromoplaste
Gee die geel/oranje kleur aan blomme ,blare,en vrugte
Leukoplaste
Raak gespesialeerd om voedsel in die vorm van stysel of proteïene te berg
Vakuole
Die selsap gee stewigheid aan die sel (turgordruk)
Gee blou,pers en violet kleur aan blomme en vrugte gee
Sentrosoom
In dierselle speel dit n rol in spoelborming