Fisika Flashcards
Normaalkrag
Die krag/komponent v. ‘n krag wat ‘n oppv. op ‘n voorwerp waarmee dit in kontak is, uitoefen en wat loodreg op die oppv. is.
Wrywingskrag
Krag wat die beweging van ‘n voorwerp teenwerk en wat parallel aan die oppv. werk.
Statiese wrywingskrag
Krag wat die neiging van beweging van ‘n voorwerp teenwerk en wat parallel aan die oppv. werk.
Kinetiese wrywingskrag
Krag wat die beweging van ‘n bewegende voorwerp relatief tot ‘n oppv. teenwerk.
Newton I
‘n Liggaam sal in sy toestand van rus of beweging teen konstante snelheid volhard, tensy daar ‘n netto krag daarop inwerk.
Newton II
Wanneer ‘n netto krag op ‘n voorwerp inwerk sal die voorwerp in die rigting v.d. krag versnel teen ‘n versnelling direk eweredig aan die krag en omgekeerd eweredig aan die massa vd voorwerp.
Netwon III
Wanneer een liggaam ‘n krag op ‘n tweede liggaam uitoefen, oefen die tweede liggaam ‘n krag gelyk in grootte en teenoorgestel in rigting op die eerste liggaam uit.
Momentum
Produk v. ‘n voorwerp se massa en sy snelheid.
Liniere Momentum
Vektorgrootheid met dieselfde rigting as die snelheid v.d. voorwerp.
Newton II i.t.v. momentum
Die netto krag wat op ‘n voorwerp inwerk is gelyk aan die tempo van verandering van momentum v.d. voorwerp in die rigting v.d. netto krag.
Impuls
Produk v.d. netto krag wat op ‘n voorwerp inwerk en die tyd wat die netto krag op die voorwerp inwerk.
Geslote/Geisoleerde sisteem
Sisteem waarop die netto eksterne krag nul is.
Projektiel
Voorwerp waarop die enigste krag wat daarop inwerk die gravitasiekrag is.
Arbeid-energiestelling
Netto arbeid verrig op ‘n voorwerp is gelyk aan die verandering in kinetiese energie v.d. voorwerp.
Konserwatiewe krag
Krag waarvoor die arbeid verrig om ‘n voorwerp tussen twee punte te beweeg, onafhanklik is v.d. roete wat gevolg word. (bv. Gravitasiekrag, Elastiese krag ens.)