Fisika Flashcards
Gewig (Fg)
Die gravitasiekrag wat die aarde uitoefen op enige voorwerp op of naby sy oppervlakte.
Normaalkrag (Fn)
Die loodregte krag uitgeoefen deur n oppervlakte op n voorwerp wat daarmee in kontak is.
Newton 1
N voorwerp sal aanhou in sy toestand van rus of uniforme (beweging met konstante) snelheid tensy n netto of resulatnte krag daarop inwerk.
Newton 2
Wanneer n netto krag, Fnet, toegepas word op n voorwerp met massa, m, versnel dit in die rigting van die netto krag. Die versnelling, a, is direk eweredig aan die netto krag en omgekeerd eweredig aan die massa.
Newton 3
Wanneer voorwerp A n krag uitoefen op voorwerp B, sal voorwerp B terselfdetyd n teenoorgestelde gerigte krag uitoefen van dieselfde groote op voorwerp A.
Spoed
Die tempo waarteen afstand verander.
Snelheid
Die tempo waarteen posisie verander / Die tempo van verplasing / Die tempo van verandering in verplasing.
Newton se Universele Gravitasiewet
Elke deeltjie met massa in die heelal trek elke ander deeltjie aan met ‘n krag wat direk eweredig is aan die produk van hulle massas en omgekeerd eweredig aan die kwadraat van die afstand tussen hulle middelpunte.
Potensiaalverskil
Die werk gedoen per eenheid positiewe lading.
V = W/Q
Stroom
Die tempo van die vloei van lading.
I = q/t
Ohm se Wet
Stroom deur ‘n geleier is direk eweredig aan die potensiaalverskil oor die geleier by konstante temperatuur.
Weerstand
‘n Materiaal se weerstand teen die vloei van elektriese stroom.