Einskappe Flashcards
1
Q
Einskappe oor ‘n beplande ekonomie (10)
A
- Regeringsbesit: Die regering besit grond, natuurlike hulpbronne, fabrieke en plase.
- Geen individuele eiendom: Individue mag nie eiendom besit nie.
- Regering se besluite: Die regering besluit wat geproduseer moet word, vir hoeveel dit verkoop moet word en wie hoeveel van die produkte kry.
- Geen mededinging: Daar is geen mededinging tussen ondernemings wat goedere en dienste teen verskillende pryse aanbied nie.
- Werksindeling: Werkers word werk gegee waartoe hulle in staat is en ontvang wat hulle nodig het om te leef.
- Geen keuse oor werk: Werkers het geen keuse oor wat hulle wil doen nie.
- Lewe onder die regering: Die regering voorsien werkers van alles wat hulle nodig het om te leef, insluitend kos.
- Bevelsekonomie: Dit staan ook bekend as ‘n bevelsekonomie of ‘n sentraal beheerde ekonomie.
- Oorsprong: Beplande ekonomieë ontstaan dikwels wanneer ‘n land vinnig moet industrialiseer, soos die voormalige Sowjetunie voor die Eerste Wereldoorlog.
- Regeringsinmenging: Regerings neem beheer oor hulpbronne en ekonomie om vinnige industrialisasie moontlik te maak.
2
Q
Einskappe oor ‘n markekonomie (7)
A
- Winsmotief: Die oogmerk van besigheid is om ‘n wins te maak.
- Entrepreneurs se besluite: Entrepreneurs besluit watter goedere en dienste om te produseer en hoeveel om daarvoor te vra, gebaseer op wat hulle dink mense wil hê en bereid is om te betaal.
- Finansiering: Besighede en individue leen geld by banke en beleggers.
- Werkskeuse: Werkers kan kies watter soort werk hulle wil doen en vir wie hulle wil werk.
- Besteding: Verbruikers, die regering en besighede bestee geld aan goedere en dienste.
- Inkomste: Werkers en besighede maak geld uit die produksie van goedere en dienste.
- Belasting en openbare dienste: Die regering maak geld uit belasting en bestee geld aan openbare dienste.
3
Q
Einskappe oor ‘n Gemengde ekonomie (6)
A
- Kapitaalbronne: Kapitaal kom van banke, aandeelhouers en die regering, wat belastinginkomste bestee.
- Regeringsbesteding: Die regering bestee inkomste uit belasting aan onderwys, behuising en skoon water.
- Regeringsregulasies: Die regering maak wette om sekere ekonomiese aktiwiteite te beheer, soos regstellende aksie in Suid-Afrika.
- Entrepreneurs se besluite: Entrepreneurs besluit wat om te produseer.
- Wêreldwye voorkoms: Die meeste lande in die wêreld het deesdae ‘n gemengde ekonomie met verskillende grade van staatsbeheer, soos Suid-Afrika.
- Oorsprong: Die gemengde ekonomie het sy oorsprong in sowel die beplande as die markekonomie. Sommige lande het gevind dat ‘n middeweg tussen die twee die beste was om na die welstand van burgers om te sien en gebalanseerde ekonomiese groei te verseker.
4
Q
Einskappe oor ‘n Golobale ekonomie (5)
A
- Verbondenheid: Die globale ekonomie verwys na hoe verskillende wêreld ekonomieë aan mekaar verbind is.
- Groot markplek: Die wêreld is nou een groot markplek omdat verskillende lande regoor die wêreld handel dryf met mekaar.
- Vrye beweging van arbeid: Arbeid kan vrylik tussen lande beweeg.
- Vryhandel in goedere en dienste: Goedere en dienste kan vrylik tussen lande verhandel word.
- Vrye beweging van kapitaal: Kapitaal kan vrylik tussen lande beweeg.