Drama Flashcards
Die doel van ‘n pouse (5)
- sodat betekenis kan insink
- Vir leestekens (punte, kommas, vraagtekens)
- Sonder om weer in te asem, aan die einde van ‘n reël in ‘n gedig om met die volgende reël aan te gaan.
- Vir dramatiese effek.
- Om d luisteraar se aandag op ‘n belangrike woord of reël te vestig wat gaan volg.
Tempo
Die pas/spoed waarteen jy praat
Projeksie
Hoe sterk daar gepraat of gesing word.
1 vd hooffaktore van projeksie
hoe meer asem jy vir ‘n reël of spraak het, hoe meer krag gaan jou stem hê.
Resonansie
hoe jy jou stem versterk.
intonasie
die wisseling in toonhoogte van die stem.
Klem
as iets bietjie harder of met meer krag gesê word.
toonhoogte
hoe hoog of laag ‘n klank of stem is.
toon
‘n aanduiding van emosie of houding in die stem.
Watter vrae om te vra by monoloog?
waarom se karakter hierdie woorde? hoe oud is karakter? waar is karakter? wat is d rede vir karakter se spraak/handeling? hoe voel karakter? hoe beweeg karakter?
Wat moet jy in gedagte hou wanneer jy uitvoering beplan? (5)
- Die doel van die uitvoering
- Teikengehoor
- Basiese verhoogkonvensies
- Simbole
- Tegniese elemente
3 Basiese verhoogkonvensies
- verhoogruimte (middel, voor, agter, ens.)
- Gebruik van uitvoerruimte (plasing v akteurs, plek v drama ens.)
- Waar die gehoor is ten opsigte van d verhoog.
Tegniese elemente 4
- kostuumstukke wat karakterisering help, beteknis of simboliek byvoeg.
- Rekwisiete wat betekenis, karakterisering en dramatiese spanning verhoog.
- Stelle met d klem op ekonomiese gerbuik van stukke
- Beligting
mobiliseer
om mense so ver te kry om met ‘n doel op te tree na aanleiding van wat hulle sien of hoor.
lig op iets te werp
om in te lig of iemand iets te leer
skouspel
die visuele aspek van ‘n toneelstuk of uitvoering.
3 verskillende verhoogde?
Prosceniumboogverhoog
tongverhoog
arenaverhoog
prosceniumboogverhoog
gehoor sien d uitvoering net v een kant af.
Tongverhoog
Gehoor kan d uitvoering van 3 kante af sien. word v modevertonings of musiekuitvoerings gebruik.
arenaverhoog
verhoofg is in d middel vd ouditorium. Gehoor kan van alle kante af sien. bv sportstadium of Colosseum in Rome
toneel
‘n deurlopende gedeelte v ‘n toneelstuk met ‘n vaste toneelskikking
eenbedryf
‘n baie kort toneelstuk met net een bedryf
radiodrama
‘n hoorspel wat geskryf is om oor die radio uitgesaai te word.
stem
die klanke wat jy maak.
spraak
ie gebruik vd lippe en tong om klanke te vorm en te beheer.
stemhelderhuid
duidelike en hoorbare gebruik vd stem
watter vrae kan jy vra oor d stem en spraak van karakter?
hoe hard of sag praat karakter
waar moet ek stembuigings aanpas om by karakter te pas
watter stemtoon moet ek vir karakter gebruik
hoe moet ek d tempo v my kaakter se woorde wissel
waar en hoe moet ek pouses inwerk om karakter en sy woorde interessant te maak
het my karakter ‘n aksent nodig
hoe moet ek my stem verander om d ouderdom v my karakter deur te gee
afskerm
vir die gehoor wegsteek
waaraan jy moet aandag gee by radiodrama
- stemhelderheid
- vind aansluiting by emosies van karakter
- gebruik die stem om atmosgeer, ruimte en tyd te skep.