Definisies KW1 Flashcards
Definieer puls:
‘n Enkele versteuring in ‘n medium.
Definieer transversale puls:
‘n Puls waarin die deeltjies van die medium reghoekig tot die bewegings rigting van die puls beweeg.
Definieer rus posisie:
Die posisie vanwaar alle deeltjies vanaf begin en na toe terug keer nadat ‘n puls of golf verby is.
Definieer amplitude (a):
Die maksimum verplasing van deeltjies van die ewewigsposisie.
OF
Die maksimum verplasing van deeltjies van die rusposisie.
Definieer puls lengte:
Die afstand tussen die begin en einde van ‘n puls.
Definieer interferensie:
Die oorvleueling van twee pulse wanneer hulle saamkom.
Definieer superposisie:
Die algebraïese som van die amplitude van twee pulse wat in dieselfde ruimte op die selfde tyd is.
OF
Wanneer twee pulse deur dieselfde medium na mekaar toe beweeg en saamgevoeg word om ‘n enkele puls met ‘n groter amplitude te vorm.
Definieer konstruktiewe interferensie:
Die verskynsel waar die kruin van een puls met die kruin van n ander puls oorvleuel om ‘n puls van verhoogde amplitude te vorm.
Definieer destruktiewe interferensie:
Die verskynsel waar die kruin van een puls met die buik (trog) van n ander puls oorvleuel om ‘n puls met ‘n verlaagde amplitude te vorm.
Definieer medium:
Die stof waardeur die versteuring beweeg.
Definieer voortplant:
Die proses waardeur ‘n versteuring deur ‘n medium beweeg.
Definieer transversale golf:
‘n Golf waarin die deeltjies van die medium reghoekig tot die bewegings rigting van die golf vibreer. ‘n Transversale golf is ‘n opeenvolging van transversale pulse.
Definieer golflengte (λ):
Die afstand tussen twee opeenvolgende in-fase punte.
Definieer kruin:
Die hoogste punt (piek) op ‘n golf.
Definieer trog (buik):
Die laagste punt op ‘n golf.
Definieer frekwensie (f):
Die aantal golwe per sekonde.
OF
Die aantal golwe wat verby n punt beweeg in een sekonde.
Eenheid vir frekwensie: Hz (hertz)
Definieer periode (T):
Die tyd wat dit neem vir een golf om verby ‘n punt te beweeg.
Eenheid vir periode: s (sekonde)
Definieer golfspoed (v):
Die afstand wat ‘n punt op ‘n golf per eenheid tyd beweeg.
OF
Die afstand wat ‘n golf beweeg in een sekonde.
Eenheid vir golfspoed: m.s tot die mag -1
Definieer punte in fase:
Twee punte in fase word geskei deur ‘n heel getal (1;2;3;…) veelvoud van voltooide golflengtes.
Punte in fase volg presies dieselfde pad (identiese pad)
Punte heeltemal uit fase:
Twee punte volg presies die teenoorgestelde pad.
Punte gedeeltelik uit fase:
Punte wat nie van mekaar geskei word deur ‘n heel getal veelvoud van voltooide golflengtes nie.
Twee punte wat verskillende paaie volg.
Definieer longitudinale golwe:
‘n Golf waarin die deeltjies van die medium parallel aan die bewegingsrigting van die golf vibreer.
Definieer verdigting:
‘n Gebied van hoë druk in ‘n longitudinale golf.
Definieer verdunning:
‘n Gebied van lae druk in ‘n longitudinale golf.