Chemie Flashcards
Chemiese binding
Die wedersydse aantrekking tussen 2 atome agv die gelyktydige aantrekking tussen hulle kerne en buite-elektrone
Lewis-koldiagram
Struktuurformule waarin die valenselektrone deur kolle of kruisies voorgestel word
Valens-elektrone/buite-elektrone
Elektrone in die hoogste energievlak, van ‘n atoom, waarin daar elektrone voorkom
Kovalente binding
Die deel van elektrone tussen 2 atome om ‘n molekuul te vorm
Molekuul
Groep van 2 of meer atome wat kovalent gebind is en as ‘n eenheid funksioneer
Bindingspaar
Elektronpaar wat tussen 2 atome in ‘n kovalente binding gedeel word
Alleenpaar
Elektronpaar in die valensskil van ‘n atoom wat nie met ‘n ander atoom gedeel word nie
Elektronegatiwiteit
Maatstaaf vd neiging v ‘n atoom in ‘n molekuul om bindingselektrone aan te trek
Nie-polêre kovalente binding
Binding waarin die elektrondigtheid gelykop tussen 2 atome gedeel word
Polêr kovalente binding
Binding waarin die elektrondigtheid ongelyk tussen twee atome gedeel word
Ioniese binding se elektronegatiwiteit
(Delta) EN > 2,1
Polêr kovalente binding se elektronegatiwiteit
(Delta) EN > 1
Swak polêr kovalente binding se elektronegatiwiteit
(Delta) EN < 1
Nie polêr kovalente binding se elektronegatiwiteit
(Delta) EN = 0
Bindingsenergie
Die energie benodig om een mol van sy molekule op te breek in aparte atome
Bindingslengte
Gemiddelde afstand tussen die kerne v 2 gebonde atome
Kookpunt
Temperatuur waarby die dampdruk vd stof gelyk is aan atmosferiese druk
Sterker IMK = hoër kookpunt
Smeltpunt
Temperatuur waarvy die vaste- en vloeistoffases v ‘n stof in ewewig is
Sterker IMK = hoër smeltpunt
Dampdruk
Druk uitgeoefen deur ‘n damp in ewewig met sy vloeistof in ‘n geslote sisteem
Sterker IMK = laer dampdruk
Oplosbaarheid
Eienskap v ‘n chemiese stof in die vaste fase, vloeistoffase of gasfase om in ‘n oplosmiddel in die vaste fase, vloeistoffase of gasfase op te los om ‘n homogene oplossing te vorm
Boyle se wet
Die druk v ‘n ingeslote gas is omgekeerd eweredig aan die volume wat dit beslaan by konstante temperatuur
Charles se wet
Die volume v ‘n ingeslote gas is direk eweredig aan sy kelvintemperatuur indien die druk konstant gehou word