Chemie Flashcards
Opbrengs
‘n Meting van die omvang van ‘n reaksie, in die algemeen gemeet deur ‘n vergelyking van die hoeveelheid produk teen die hoeveelheid produk wat moontlik is.
Molere massa
Die massa in gram van een mol van daardie stof.
Konsentrasie
Die hoeveelheid mol per oplosmiddel per eenheid volume van die vloeistof
Kovalente binding
‘n Deling van ten minste een
paar elektrone deur twee niemetaal atome
Elektronegatiwiteit
‘n Mate van die neiging van ‘n atoom om ‘n bindingspaar elektrone aan te trek
Metaalbinding
Kom voor tussen ‘n positiewe kern en ‘n see van gedelokaliseerde elektrone.
Ioniese binding
‘n Oordrag van elektrone en
gevolglike elektrostatiese aantrekking
Intermolekulere krag
‘n Aantrekkingskrag tussen
molekules, ione of tussen atome van edelgasse
Intramolekulere binding
‘n Binding wat tussen
atome binne molekules voorkom
Reaksietempo
Die verandering in konsentrasie per eenheid tyd van of ‘n reaktant of produk
Katalisator
‘n Stof wat die tempo van die
reaksie verhoog, maar onveranderd bly aan die einde van die reaksie
Le Chatelier se beginsel
“Wanneer ‘n eksterne spanning (verandering in druk, temperatuur of konsentrasie) toegepas word op ‘n sisteem in dinamiese chemiese ewewig, sal die ewewigspunt op so ‘n manier verander om sodoende die spanning teen te werk
Geslote sisteem
Een waarin massa binne ‘n
sisteem behou word, maar energie die sisteem vrylik kan
binnegaan of verlaat
Verhoog temperatuur
Botsingsteorie
- Meer energie word aan deeltjies oorgedra = gemiddelde kinetiese energie van deeltjies verhoog.
- Meer botsings per tydseenheid vind plaas.
• Die verhouding van die aantal deeltjies waarvan die kinetiese energie die
aktiveringsenergie, oorskry, neem toe.
- Meer effektiewe botsings per tydseenheid vind plaas.
- Reaksie vind vinniger plaas.
Verhoog die druk van gas/die konsentrasie van die oplossings
Botsingsteorie
- Die aantal deeltjies per volume neem toe.
- Meer botsings per tydseenheid vind plaas.
• Die verhouding van die aantal deeltjies waarvan die kinetiese energie die
aktiveringsenergie, oorskry, neem toe.
- Meer effektiewe botsings per tydseenheid vind plaas.
- Reaksie vind vinniger plaas.
Byvoeging van katalisator
Botsingsteorie
- Die aktiveringsenergie van die reaksie verlaag
- Meer botsings per tydseenheid vind plaas.
• Die verhouding van die aantal deeltjies waarvan die kinetiese energie die
aktiveringsenergie, oorskry, neem toe.
- Meer effektiewe botsings per tydseenheid vind plaas.
- Reaksie vind vinniger plaas.
Vergroot die reaksie oppervlakte
Botsingsteorie
- Meer deeltjies word gelyktydig aan die reaksie blootgestel.
- Meer botsings per tydseenheid vind plaas.
• Die verhouding van die aantal deeltjies waarvan die kinetiese energie die
aktiveringsenergie, oorskry, neem toe.
- Meer effektiewe botsings per tydseenheid vind plaas.
- Reaksie vind vinniger plaas.
Temperatuur
Le Chatelier
• ‘n Verhoging/Verlaging in temperatuur sal die ewewig versteur.
• Die stelsel sal die ewewig probeer herstel deur die temperatuur te
probeer verlaag/verhoog.
- Dus sal die terugwaartse/voorwaardse ENDOTERMIESE/EKSOTERMIESE reaksie bevoordeel word sodat die (oormaat hitte geabsorbeer word)/(die temperatuur weer verhoog word).
- [p/r] neem dus af, terwyl [p/r] toeneem
Druk
Le Chatelier
- ‘n Verlaging/Verhoging in druk sal die ewewig versteur.
- Die stelsel sal die ewewig probeer herstel deur die druk te probeer verhoog/verlaag.
- Dus sal die terugwaartse/voorwaardse reaksie bevoordeel word, aangesien __ mol gasdeeltjies ‘n groter druk veroorsaak as __ mol gasdeeltjies.
- [p/r] neem dus af, terwyl [p/r] toeneem.
Konsentrasie
Le Chatelier
- ‘n Verhoging/Verlaging in [__] sal die ewewig versteur.
- Die stelsel sal die ewewig probeer herstel deur die [__] te probeer verlaag/verhoog.
• Dus sal die voorwaartse/terugwaardse reaksie bevoordeel word, aangesien __ dan
gebruik word om __ te vorm.
• [p/r] neem dus toe, terwyl [p/r] afneem