BOTANY Flashcards
Wat word die voorstelling van die diagram genoem?
Filogenetiese boom.
Wat is die gemeenskaplike voorouer van alle plante?
Akwotiese wier voorouer (alge).
Wanneer het die eerste landplante op aarde verskyn?
480 miljoen jaar.
Noem die 4 ontwikkelingsrigtings wat plante ingeneem het om op land aan te pas.
- Kutikula ontwikkel
- Vaatweefsel (xileem en floeem)
- Sade
- Blomme
Wat is die verskil tussen nie – vaskulere en vaskulere plante?
- Nie – vaskulere: het nie xileem en floeem nie.
- Vaskulere: plante het xileem en floeem.
Noem die 4 afdelings van Plantae van primitief tot gevorderd.
- Briofiete (mosse)
- Pteridofiete (varings)
- Spermatofiete (saadplante)
- Gymnosperme (sade)
- Angiosperme (blom)
Wat beteken ‘plante ondergaan n generasiewisseling tydens hul lewensiklus’?
Generasiewisseling: wanneer n ongeslagtelike generasie met n geslagtelike generasie afgewissel word.
Wat word die ongeslagtelike lewensiklus genoem?
Sporofietgenerasie.
Wat word die geslagtelike lewensiklus genoem?
Gametofietgenerasie.
Wat is die verskil tussen haploied en diploied?
- Haploied: gehalveerde getal chromosome, gevorm deur meiose, by mens = 23 chromosome
- Diploied: dubbel getal chromosome, gevorm deur bevrugting, by mens = 46 chromosome.
Waar leef mosse?
In klam, skaduryke omgewings.
Noem twee redes waarom mosse so afhanklik van water is.
- Hulle het nie xylem om water te vervoer nie, moet dit direk deur blare absorbeer.
- Benodig water om te kan voortplant – spermselle moet na eiersel swem.
Wat is ‘n tallus?
Besit nie ware wortels, stingels en blare nie.
Noem die drie struktuurlike komponente van ‘n mosplantjie.
- Blaaragtige struktuur
- Stingelagtige struktuur
- Risoiede
Wat is die strukturele geskiktheid van die blare van mosse vir hulle habitat?
- Enkellaag selle
- Geen kutikula
- Geen vaatweefsel
Tot watter generasie behoort die volwasse mosplantjie?
Gametofiet: besit geslagsorgane tussen die blare.
Identifiseer generasie A en B.
- A: gametofiet
- B: sporofiet
Wat is die proses wat plaasgevind het om generasie B te vorm?
Bevrugting: spermsel en eiersel het versmelt om ‘n sigoot te vorm.
Beskryf die volwasse mosplant se chromosoomgetalle.
- Funaria hygrometrica = 28 chromosome (haploied)
- Sporangium = 56 chromosome (diploied)
- Spore = 28 chromosome (haploied).
Noem die biologiese belangrikheid van mosplante as pioniers vir die mens.
- Pionierplante
- Bind grond en voorkom grond erosie
- Bron van bemisting
- Grondbeddekers
Waar leef varings?
In klam, skaduryke omgewings.
Waarom is varings afhanklik van water?
Spermselle benodig steeds water sodat dit na eiersel kan swem.
Noem die vier struktuurlike komponente van ‘n varingplant.
- Saamgestelde blaar
- Blaarsteel
- Ondergrondse stingel
- Bywortels
Tot watter generasie behoort die volwasse varingplant?
Sporofietgenerasie: sporangia is gelee aan die onderkant van die varingplant.
Identifiseer generasie A en B van ‘n varingplant.
- A: sporofiet
- B: gametofiet
Wat is die protallus?
Die struktuuur by B (gametofiet).
Verskaf die byskrifte vir 1 – 5 van ‘n varingplant.
- 1: spore
- 2: spermselle
- 3: eiersel
- 4: sigoot
- 5: ontwikkelende plant
As Polystichum ‘n chromosoomgetal van 300 het, wat is die chromosoomgetal van 1, 2, 4, 5?
- 1: 150 chromosome (haploied)
- 2: 150 chromosome (haploied)
- 4: 300 chromosome (diploied)
- 5: 300 chromosome (diploied)
Wat is die belangrikheid van varingsplante vir die mens?
- Blomrangskikking
- Estetiese – woud
- Kan drink as tee
- Blaarsap vir spysverteringsprobleme
- Boumateriaal
Wat beteken spermatofiete?
Plante wat sade produseer. Belangrikste eienskap om op land te oorleef.
Wat beteken gimnosperme?
Plante wat naakte sade produseer.
Wat is konifers?
Plante wat keels produseer.
Waar leef konifers?
Ooral, bv. op berge en sneeu.
Wat is die penwortelstelsel?
Lang wortel wat water diep ondergrond kan bereik.
Wat is mikorisa?
Swamdrade wat soos wortelhare help om water vir konifers te absorbeer.
Wat is die funksie van naaldvormige blare?
Voorkom waterverlies.
Noem die verskille tussen manlike en vroulike keels van ‘n denneboom.
- Manlik: Klein, in groepe, op punt van lang tak, vervaardig stuifmeel
- Vroulik: Groot, enkel gedra, op punt van korttak, vorm eierselle.
Waarom is A die sporofiet en B die gametofiet?
A is die sporofiet omdat dit sporangia besit wat spore vorm. B is die gametofiet omdat dit geslagsorgane besit.
Wat is die prosesse wat plaasvind by C en D?
- C: Meiose om spermselle en eiersel te vorm.
- D: Bevrugting om ‘n sigoot te vorm.
Identifiseer die haploied en diploied nommers.
- Haploied: 1, 2
- Diploied: 3, 4 en 5.
Wat is die biologiese belangrikheid van konifers vir mense?
- Boom word gebruik om papier te produseer.
- Boom word gebruik om meubels te maak.
- Habitat vir voels.
Wat is die belangrike verskille tussen gimnosperme en angiosperme?
- Gimnosperme: Naakte sade, bevat keels
- Angiosperme: Sade in vrug, bevat blomme.
Wat word blomblare 1 en 2 genoem en wat is die funksie?
- 1: kroonblaar – kleurvol vir bestuiwing
- 2: kelkblare – beskerm die blom.
Wat beteken mikrosporofiet?
Diploiede manlike struktuur.
Wat is die algemene naam vir mikrosporofiet?
Meeldraad.
Wat beteken makrosporofiet?
Diploiede vroulike struktuur.
Wat is die algemene naam vir makrosporofiet?
Stamper.
Wat gebeur tydens die prosesse A en B?
- A: Bestuiwing – oordrag van stuifmeel van meeldraad na stempel.
- B: Bevrugting – spermsel en eiersel smelt saam om ‘n sigoot te vorm.
Verduidelik wat in die blom gebeur nadat bevrugting plaasgevind het.
Mitose vind plaas om embrio te vorm; saadknop vorm saad; vrugbeginsel sal ‘n blom vorm.
Wat is die biologiese belangrikheid van blomplante vir mense?
- Rangskikkings
- Tee
- Medisyne
Noem die voordele van ongeslagtelike voortplanting.
- Vining
- Altyd ‘n nageslag
- Goeie gene bly behoue.
Noem die nadele van ongeslagtelike voortplanting.
- Geneties dieselfde (klone)
- Mededinging vir dieselfde hulpbronne.
Noem die voordele van geslagtelike voortplanting.
- Genetiese variasie
- Kan beter aanpas by veranderende omgewings.
Noem die nadele van geslagtelike voortplanting.
- Slegs vroulike individu plant voort
- Moet altyd maat soek.
Wat is die kenmerke van windbestuiwing?
- Stuifmeel glad en baie lig
- Geen nektar of reuke.
Wat is die kenmerke van insekbestuiwing?
- Ligte blomme met donker deeltjies
- Nektar + stuifmeel as aantrekkingskrag.
Wat is die kenmerke van voëlbestuiwing?
- Sien rooi of oranjeblomme
- Blom buisvormig in bou.
Waarom is die ontstaan van sade so belangrik in die plant - koningkryk?
- Dorman wees in ongunstigde omstandighede
- Kan sekere nisse domineer op land.
Wat is die funksie van saadhuid?
Beskerming van embrio teen skade en uitdroog.
Wat is imbibisie?
Op suig van water sodat saadhuid kan oop bars vir ontkieming.
Wat is die gunstige omstandighede vir sade om te ontkiem?
- Regte temperatuur
- Korrekte hoeveelheid vog in atmosfeer.
Noem die belangrikheid van saadbone.
- Wil sade bewaar teen bedreigde spesies
- Genetiese diversiteit bewaar.
Wat is die omstandighede wat gehandhaaf moet word in die saadbanke?
- Moet yskoud wees (-200 °C)
- Geen vog in saadbank.
Noem ‘n paar sade as voedselbron.
- Ertjies
- Grane
- Chia saad
- Lensies
- Boontjies.