BL 2 Flashcards
Wat is kompasnoord?
Die noord wat deur die kompasnaald aangedui word.
Hoeveel rigtings is daar op ‘n kompasplaat?
Daar is 16 rigtings op ‘n kompasplaat. Elke rigting verskil 22.5° na die volgende rigting toe.
Wat is magnetiese deklinasie?
Die verskil tussen kaartnoord en magnetiese noord.
Hoe word peiling afgelees?
Word met ‘n gradeboog vanaf die noordlyn / 0° lyn kloksgewys in grade afgelees, byvoorbeeld 85°.
Hoe om afstand in km met behulp van die kaartskaal te kry?
Meet die afstand tussen twee plekke in cm (bv, 4,8 cm). Maal die antwoord 4,8 cm met die skaal (bv. 4,8 cm x 50 000). Deel die antwoord deur 100 000 (daar is 100 000 cm in ‘n km). 4,8 x 50 000 / 100 000 = 2,4 km.
Wat is kontoerlyne?
Is bruin lyne op ‘n topografiese kaart wat plekke met dieselfde hoogte verbind.
Wat dui elke kontoerlyn aan?
Elke lyn dui ‘n hoogte bo seevlak aan.
Hoe word vertikale tussenruimtes in kontoerlyne aangedui?
Die vertikale tussenruimtes word in meter aangedui, bv. 20 m.
Wat gebeur wanneer kontoerlyne kruis?
Kontoerlyne kruis nooit nie.
Wat dui dit aan wanneer kontoerlyne na aan mekaar lê?
Waar kontoerlyne na aan mekaar le, sal die landskap styl wees.
Wat dui dit aan wanneer kontoerlyne verder uit mekaar lê?
Waar kontoerlyne verder uit mekaar lê sal die landskap platter wees.
Wat dui kontoerlyne aan wanneer hulle teen mekaar lê en daar water oorvloei?
Dit dui ‘n waterval aan.
Wat is die definisie van ‘n kontoerlyn?
Bruin lyne op ‘n kaart wat plekke met dieselfde hoogte bo seevlak met mekaar verbind.
Wat is ‘n kenmerk van kontoerlyne?
Bruin-lyn op ‘n kaart.