Algemene Konsepte Van Rekenaars Flashcards

0
Q

SOHO

A

Small Office / Home Office
Klein tuis of huis kantooromgewing asook die sakekultuur wat dit omring.
Ook ‘n virtuele kantoor genoem.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
1
Q

Persoonlike Rekenaar

A

Klein, relatief goedkoop rekenaar

Ontwerp vir gebruik van individuele gebruiker

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Mobiele rekenaars

A

Om ‘n rekenaar met die nodige lêers en sagteware in die veld in te neem.
Vorm ‘n interaksie tussen ‘n rekenaar en ‘n persoon.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

3 Vereistes vir mobiele rekenarisering

A

Kommunikasie
Mobiele hardeware
Mobiele sagteware

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Voorbeelde van mobiele rekenaars

A

PDA
Slimfoon
Carputer
Ultra-mobiele PR

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Voordele van mobiele rekenarisering

A

Draagbaarheid - voordeel - kan dit oral saamneem

Nie beperk tot ‘n sekere gebied nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Nadele van mobiele rekenarisering

A

Onvoldoende bandwydte
Veiligheidstandaarde
Kragverbruik
Transmissie steurnisse

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Onvoldoende bandwydte

A

Mobiele Internettoegang wat tegnologieë gebruik soos GPRS, EDGE, HSPDA en HSUPA 3G netwerke is stadiger as bekabelde konneksies.
Duurder as hoër spoed LANs

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Probleme met mobiele veiligheidstandaarde

A

Mobiele gebruiker is afhanklik van openbare netwerke wat meebring dat gebruikers baie versigtig moet wees met die gebruik van ‘n VPN (Virtuele Privaat Netwerk)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Probleme met mobiele kragverbruik

A

Mobiele rekenaars is van batterykrag afhanklik.

Die batterye is baie klein, wat beteken duur batterye moet aangeskaf word om nodige batterylewe te verkry.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Verduidelik mobiele Transmissie steurnisse

A

Opvangs in tonnels, sommige geboue en landelike omgewings is dikwels swak, vanweë weer, terrein en reikafstand.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Verduidelik potensiele mobiele gesondheidsgevare

A

Bestuurders van voertuie wat op hul selfone praat terwyl hulle bestuur, kan ongelukke veroorsaak.
Selfone kan ook steurnisse in mediese toerusting veroorsaak.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Rekenaars in besigheid

A

Die aankoop van rekenaars kan die winsgewendheid en doeltreffendheid van besighede, asook produktiwiteit van werkers drasties beïnvloed,

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Noem 3 spesifikasies by die oorweging van aankope van rekenaars vir besighede:

A

Verwerkingspoed
Geheue
Stoor

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Verduidelik die belangrikheid van verwerkingspoed

A

Die spoed van die rekenaar se verwerker, gemeet in GHz, bepaal hoe vinnig programme uitgevoer kan word.
Hoe meer kerns, hoe vinniger sal die rekenaar funksioneer.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Verduidelik die belangrik van rekenaargeheue

A

Ewetoeganklike geheue (ETG of RAM), die korttermyn interne geheue laai programmatuur en manipuleer data.
Alles wat in ETG geskryf is, is verlore sodra die rekenaar afgeskakel word.
Die byvoeging van ETG verminder die aantal kere wat die rekenaar kodes en data vanaf die hardeskyf moet lees om ‘n instruksie of taak te verrig.
Dit veroorsaak dat die rekenaar vinniger werk.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Verduidelik die belangrikheid van stoorspasie

A

Die hoeveelheid stoorspasie binne ‘n rekenaar bepaal hoeveel inligting op die hardeskyf van die rekenaar gestoor kan word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
17
Q

Tafelbladrekenaars vs. skootrekenaars

A

Tafelbladrekenaars bly die beste vir nie-mobiele gebruikers. Hulle bied kragtige rekenaarverwerking teen ‘n redelike koste.
Die gebruik van mobiele notaboeke bied verhoogde produktiwiteit en voorsien sake betroubaarheid aan werkers wat baie reis.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
18
Q

Die rol en gebruik van rekenaardata in woordverwerking:

A

Woordverwerking kan gedoen word:
Spel- en taalfoute kan gekorrigeer word
Die kopieer en plak eienskap kan gebruik word in plaas daarvan om teks oor te tik.
Uitdrukke kan gemaak word van die sagte kopie op die skerm, wat maklik leesbaar is.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
19
Q

Verduidelik die rol en gebruik van die internet:

A

Die internet is ‘n netwerk van bykans al die rekenaars in die wêreld
‘n Magdom inligting is dus beskikbaar
Rekenaars kan enorme hoeveelheid inligting stoor.
E-pos maak kommunikasie tussen vergeleë persone moontlik.
Klets sagteware maak werklike intydsegesprekke met mekaar moontlik.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
20
Q

Verduidelik die rol en gebruik van digitale of audio samestelling

A

Enige rekenaargebruike kan deesdae die gebied van mediaproduksie betree, teen ‘n fraksie van die koste.

21
Q

Verduidelik die gebruik en rol van tafelbladpublisering

A

Tafelbladpublisering maak dit vir die gebruiker moontlik om die bladuitleg van ‘n boek te skep.

22
Q

Verduidelik die rol van rekenaars in medisyne

A

Rekenaars word gebruik om siektes te diagnoseer en die geneesmiddels te leers.
Sagteware word gebruik om operasies uit te voer en rekenaars word gebruik om die data van pasiënte te stoor.

23
Q

Verduidelik die doel van rekenaars in wiskundige berekeninge:

A

Die moeilikste wiskundige berekeninge kan uitgevoer word te danke aan die berekeningsvermoë van ‘n rekenaar, wat meer as ‘n miljoen berekeninge per sekonde kan uitvoer.

24
Q

Verduidelik die rol van rekenaars in banke:

A

Rekenaarsagteware maak dit moontlik om finansiële transaksies uit te voer.
Dit is tydbesparend en voorsien sekuriteit en gemak aan die kliënt.

25
Q

Verduidelik die rol van rekenaars in reis.

A

Vlieg- of treinkaartjies kan aanlyn gekoop word en hotelbesprekings kan aanlyn gedoen word.

26
Q

Verduidelik die rol van rekenaars in telekommunikasie

A

Sagteware word wêreldwyd gebruik vir telekommunikasie en alle selfone beskik oor ingebedde sagteware.

27
Q

Verduidelik die rol van rekenaars in verdediging

A

Ingebedde sagteware kan in wapens gevind word.
Ander sagteware beheer vlugte en teiken ballistiese missiele.
Sagteware kan selfs atoombomme beheer.

28
Q

Verduidelik die rol van rekenaars in eksamen

A

Eksamenuitslae kan aanlyn besigtig word. Aanlyn eksaminering vertoon die uitslae aan kandidate onmiddellik na die aflegging van die eksamen.

29
Q

Verduidelik die rol van rekenaars in algemene besighede

A

Winkels en supermarkte gebruik sagteware om rekeninge en fakture te bereken.
Belasting kan ook aanlyn bereken en betaal word.
Rekeningkunde word nie meer met die hand gedoen nie, maar deur rekenaars.
Toekomstendense van ‘n besigheid kan voorspel word deur gebruik te maak van kunsmatig intelligente sagteware.
Groot aandelemarkte gebruik rekenaars en handel kan aanlyn plaasvind.

30
Q

Inligting

A

Inligting is verwerkte data.

Dit is data waaraan betekenis gegee is.

31
Q

Kennis

A

Kennis is die bondige versameling van inligting op so ‘n wyse dat dit gebruik kan word.
Wanneer ‘n persoon inligting het oor iets, dan sal hy/sy ook kennis daaroor besit.
‘n Mens benodig inligting om kennis te bekom.

32
Q

Verduidelik hoe papier met rekenaars bespaar kan word

A

Moenie fakse stuur nie.
Verklein die kantruimtes van jou dokument.
Druk op albei kante van die bladsy.
Wees verantwoordelik wanneer jy moet druk.
Stuur foto’s, briewe, kaartjies, dokumente en rekeninge via e-pos.
Gebruikte papier kan herwin word.

33
Q

Hoe kan tyd bespaar word met behulp van rekenaars?

A

E-pos, pleks van ‘n telefoon kan gebruik word om tyd te spaar en om akkuraatheid te verhoog.
Vormbriewe kan in ‘n woordverwerkingstoepassing gebruik word om die tyd wat spandeer word om individuele briewe te tik, te bespaar.
Gestandaardiseerde vorms en kontrolelyste kan tyd wat spandeer word om werk en beplanning wat herbaal word, bespaar.
Sigblaaie kan gebruik word om begrotings te skep, om rekord te hou van finansies en om veelvuldige items na te speur.
Die ingeboude funksies wat in sigblaaie gestoor is, maak dit baie makliker om berekeninge te doen.

34
Q

Verduidelik die rol van rekenaars ten opsigte van fisiese arbeid:

A

Die voordele van die gebruik van rekenaars is dat dit inligting voorsien oor ‘n wye area, antwoorde is dus veralgemeen en wyd gebasseerd.
Rekenaars help ook om werk effektief, vinnig en maklik te voltooi en vereis minder menslike arbeid.
Hierteenoor is die nadele:
Dit kan skade aan sig veroorsaak
Vir sommige mense kan dit te duur wees om te besit
Dit kan soms foutiewe inligting voorsien.

35
Q

Verduidelik die rol van rekenaars ten opsigte van kommunikasiekoste.

A

Die gebruik van die rekenaar maak ‘n einde aan die skryf van ‘n brief, die aankoop van ‘n posseël, die pos van ‘n brief en die en die wag vir ‘n antwoord.
Dit is ook goedkoper om ‘n brief te e-pos as te pos.

36
Q

Verduidelik die rol van rekenaars ten opsigte van doeltreffendheid:

A

Rekenaars help gebruikers om doeltreffender en slimmer te werk, maar die gebruiker moet weet dat alle hulpmiddele gebruik kan word.
Sommige maatskappye bied van tyd tot tyd rekenaaropleiding aan hul werkers om hulle toe te rus om meer effektief te wees.

37
Q

Blog

A

Blogs is ‘n soort webtuiste of deel van ‘n webtuiste.
Individue hou ‘n blog in stand met gereelde inskrywings van kommentaar, beskrywings van gebeure of materiaal soos grafika en video. ‘n Kenmerk van ‘n blog is dat die inskrywings in ‘n omgekeerde chronologiese volgorde verskyn. Om te ‘blog’ beteken om ‘n blog te onderhou of om inhoud by te voeg.

38
Q

Interaktiewe blogs

A

Blogs wat besoekers toelaat om ‘n boodskap te laat of ‘n boodskap te stuur via hulptuie op die blog.

39
Q

Blogsfeer / blogosphere

A

Die versamelnaam vir alle blogs.

40
Q

Wiki

A

‘n Databasis wat besoekers regstreeks kan redigeer.
Die kommentaar van die besoekers is die boustene van die wiki.
Nie alleen kan die bladsye intyds geredigeer word nie, maar die wiki se inhoud kan deursoek word en opdaterings sedert jou laase besoek kan gesien word.
Bykomende kenmerke van ‘n wiki sluit kalender opdatering in, asook regstreekse AV konferensies en RSS voerders.

41
Q

Sosiale ingenieurswese

A

Die kuns wat sommige mense bemeester het om ander mense so te manipuleer dat hulle vertroulike inligting bekend te maak.
Die begrip verwys na die uitlok van mense om inligting te bekom of om toegang tot ‘n rekenaarstelsel te bekom.
In die meeste gevalle, sien die aanvaller nie die slagoffer nie. Soms help die slagoffer nog die aanvaller om geloofwaardige inligting te bekom wat teen ‘n ander persoon gebruik kan word.

42
Q

Noem voorbeelde van sosiale ingenieurswese:

A

Rekenaarindringing (computer hacking)
Intelligensie organisasies
Voorgee (pretexting)
Algemene bedrogskemas

43
Q

Rekenaarindringing (hacking)

A

Rekenaarindringers benodig dikwels nie rekenaars nie. Hulle kan hulle voordoen as ‘n persoon wat rekenaars herstel en versamel om toegang te verkry tot die rekenaarnetwerk van ‘n maatskappy.
Rekenaarindringers trek hulle soms soos nuwe werkers aan en probeer om ‘n algemene intekenkode vna die netwerk te bekom.

44
Q

Intelligensie organisasies

A

Intelligensie organisasies stel verdedigingsmeganismes in teen sosiale ingeneurswese en lei soms mense op om sosiale ingenieurs-aanvalle uit te voer.

45
Q

Voorgee (pretexting)

A

Voorgee beteken om een brokkie inligting wat alreeds oor die teiken bekend is, te gebruik om geloofwaardigheid te verleen en dit dan te gebruik as toegang tot verdere inligting.

46
Q

Algemene bedrogskemas

A

Die gemiddelde persoon het ook te make met sosiale ingenieurswese deur epos bedrogskemas bekend as strikrowery (phising).
Strikrowers stuur massas eposse uit en verpersoonlik belangrike finansiële instellings om mense te flous sodat hulle belangrike geheime bankbesonderhede maak.
Deur welbekende instellings na te boots, bereik strikrowers ‘n groot aantal kliënte van die instelling.

47
Q

OTMs

A

Elektroniese masjiene wat geld teen ‘n persoon se bankrekening uitreik, is deel van ons alledaagse lewe. Baie mense sien nie eens meer die gesig van ‘n menslike teller nie omdat hulle al hulle banktransaksies aanlyn doen of deur ‘n OTM.

48
Q

Die gevare van selfone

A

Die gebruik van ‘n selfoon terwyl jy bestuur, het ‘n kontroversiële onderwerp geword omdat dit die aandag van die bestuurders aflei en bydra tot motorongelukke.
‘n Ander andeel van selfoongebruik is dat dit langtermyn gesondheidsprobleme mag veroorsaak
Daar word geglo dat die bestraling van golwe kan lei tot breindisfnksie en kan bydra tot siektes soos kanker.

49
Q

Nadele van die gebruik van rekenaars

A

Agv veranderende aard van tegnologie is koste verbonde aan opgradering
Probleme kan ontstaan as lêers gebruik en oorgedra word deur en tussen verskillende bedryfstelsels of verskillende sagteware weergawes.
Werk kan tot stilstand kom wanneer rekenaars deur virusse aangeval is en wanneer daar nie toegang tot die internet is nie.
Werkers moet voortdurend opgelei word om tred te hou met die jongste tendense
Die in duie stort van ‘n rekenaarstelsel kan groot verlies aan data veroorsaak
‘n Mens kan verslaaf raak aan die rekenaar en dit kan lei tot gesondheidprobleme soos verlies aan sig.
Rekenaars is redelik duur om aan te koop.
Dit neem baie tyd en energie in beslag vir ‘n mens om ‘n geoutomatiseerde stelsel te skep en in stand te hou.
Werksverlies as gevolg van die effektiewe rekenaar is ook alledaags
Die skending van privaatheid is ‘n groot nadeel by die verbruikers van rekenaars.

50
Q

Konvergensie

A

Die bestaan en die hoofstroom intergrasie van tegnologie.
Dit is bloot die kombinasie van twee of meer tegnologieë in een enkele toestel.
Bv. Die neem van foto’s met ‘n selfoon of om op die www op die televisie te swerf.

51
Q

Deurdringendheid

A

Tegnologie wat verby die grense van die persoonlike rekenaar beweeg na alledaagse toestelle met ingeboude tegnologie en konnektiwiteit soos wat rekenaartoestelle kleiner en kragtiger raak.

Deurdringende rekenarisering verbind huidige netwerk tenologieë met koordlose rekenarisering, stemherkenning, internet toegang en kunsmatige intelligensie.
Die doel is om ‘n omgewing te skep waar die konnektiwiteit van toestelle op so ‘n wyse ingebou is sodat konnektiwiteit onopsigtelik en altyd beskikbaar is.