AARP bl. 125 Flashcards
Entiteitsbeginsel
Die besigheid en die eienaar se boeke is apart
Dubbelinskrywingsbeginsel
Vir elke debietinskrywing word daar ‘n kredietinskrywing in ‘n ander rekening gemaak, en die rekeninge verwys na mekaar
Lopende saak beginsel
Daar word aanvaar dat die besigheid nie in die nabye toekoms sal toemaak nie
Finansiële tydperk beginsel / finansiële jaar
Die 12 opeenvolgende maande waaroor finansiële verslag gedoen word
Historiese koste beginsel
Nie-bedryfsbates word teen kosprys aangetoon
Omsigtigheidsbeginsel
Rekeningkundige state moet ten alle tye die mees realistiese waardes en syfers toon
Paringsbeginsel
Inkomstes en uitgaes word getoon in die jaar waarin dit verdien of aangegaan is
Konsekwentheidsbeginsel
Dieselfde tipes transaksies word altyd dieselfde hanteer
Wesenlikheidsbeginsel
Iets wat nie ‘n groot invloed het nie word in die volgende jaar reggestel