Verbuigings Flashcards
nuut
Die rok is nuut.
Die nuwe rok is pragtig.
vinnig
Die hond is vinnig.
Die vinnige hond hardloop vir my weg.
dood
My budgie is dood.
Ek gaan my dooie budjie in die tuin begrawe.
koud
My kos is koud.
Ek hou nie van koue kos nie.
braaf
Hy is baie braaf.
Brawe brandweermanne het die kinders gered.
leeg
My koppie is leeg.
Sit jou leë koppie in die wasbak.
aansteeklik
Covid is hoogs aansteeklik.
Hy het ‘n aansteeklike siekte.
hoog
Die gebou is baie hoog.
Die hoë gebou het vyftig verdiepings.
droog
My klere is droog.
Gaan haal die droë klere van die draad af.
moeg
Die kinders is moeg.
Die moeë kinders moet vroeg gaan slaap.
sag
My kussing is sag.
Ek hou van ‘n sagte kussing.
lank
Die man is lank.
Die lang man is my pa.
sleg
Die medisyne is sleg.
Die slegte medisyne maak my naar.
breed
Die pad is breed.
Dit is ‘n breë pad.
dof
Die lig is dof.
Ek kan nie by die dowwe lig leer nie.
doof
Die baba is doof.
Die dowe baba lag baie.
oud
Die oom is oud.
Die ou oom loop stadig.
jonk
Die onderwyser is jonk.
Die jong onderwyser is nuut by ons skool.
snaaks
Die storie is snaaks.
Die snaakse storie het ons baie laat lag.