Vektore en Skalare Flashcards
n Vektor bevat meer informasie as n skalaar. Wat is dit?
A. Grootte
B. Rigting
C. Teken
D. Hoeveelheid
B. Rigting
Fisiese hoeveelhede is of vektore of skalare. Watter een van die stellings is verkeerd.
A. n Vektorhoeveelheid moet gespesifiseer word deur beide grootte en rigting.
B. n Skalaarhoeveelheid het grootte maar nie rigting nie.
C. Twee vektorr van dieselfde soort kan bymekaar getel word om n nuwe vektor te vorm.
D. Spoed is n voorbeeld van n vektorhoeveelheid?
D Spoed is n voorbeeld van n vektorhoeveelheid.
Identifiseer die volgende hoeveelhede as sklaar of vektor.
Die spoed van n slak; die tyd wat dit neem om n kolometer te hardloop; vryval versnelling.
A. vektor; skalaar; skalaar
B.Skalaar, skalaar, vektor
C. vektor; skalaar; vektor
D.skalaar; vektor; vektor
B. Skalaar; skalaar; vektor
Identifiseer die volgende hoeveelhede as skalaar of vektor.
Die massa van n voorwerp; die aantal blare aan n boom; windsnelheid.
A. Vektor, skalaar, skalaar
B. Vektor, skalaar, vektor
C. Skalaar, skalaar, vektor
D. Skalaar, vektor, vektor
C. Skalaar, skalaar, vektor
Watter een van die volgende is n skalaarhoeveelheid?
A. Snelheid
B. Krag
C. Energie
D. Versnelling
C. Energie
- Watter een van die volgende pare fisiese groothede bestaan uit twee skalaargroothede?
A. verplasing en spoed
B. Spoed en afstand
C. Verplasing en snelheid
D. Afstand en snelheid
B. Soed en Afstand
- Vir watter een van die volgende is dit slegs nodig om die grootte te spesifiseer ten einde dit volledig te beskryf?
A. Krag
B. Versnelling
C. Verplasing
D. Massa
D. Massa
- Watter een van die volgende fisiese hoeveelhede is n vektor
A. Afstand
B. Verplasing
C. Massa
D. Tyd
B. Verplasing
- Watter een van die volgende pare verteenwoordig twee vektorhoeveelhede?
A. Gewig en massa
B. Snelheid en spoed
C. Krag en snelheid
D. Snelheid en energie
c. Krag en snelheid
- Vir watter een van die volgende moet beide die grootte en rigtings gespesifiseer word om ten einde dit volledig te beksryf.
A. Tyd
B. Versnelling
C. Spoed
D. Lading
B versnelling
- Watter een van die volgende kombinasies sluit twee skalaarhoeveelhede en een verktorhoeveelheid in?
A. Verplasing, versnelling, spoed
B. Spoed, snelheid, afstand
C. Krag, massa, versnelling
D. Verplasing, versnelling, snelheid
B. Spoed, snelheid, afstand
- Watter een van die volgende groothede bevat n vektor en skalaar in daardie volgorde.
A. Spoed en snelheid
B. Krag en versnelling
C. Gewig en massa
D. Afstand en verplasing
C. Gewig en Massa
- n Fisies hoeveelheid wat rigting sowel as grootte het staan bekend as n
A. Krag
B Vektor
C. Skalaar
D Gewig
B. Vektor
- Die enkele vektor wat dieselfde effek het as twee of meer vektore saam staan bekend as die
A. Ekwilibrant
B. Ewewighouer
C. Resultant
D. Positiewe vektor
C. Resultant
- Daardie vektor wat dieselfde grootte het maar in die teenoorgestelde rigting van die resultant is, staan bekend as die…
A. Ekwilibrant
B. Positiewe vektor
C. Resultant
D. Negatiewe vektor
A. Ekwilibrant