Ontkenning Flashcards
Het jy al jou kos geëet?
Nee, ek het nog nie my kos geëet nie.
Iemand het my geskop.
Niemand het my geskop nie.
Het jy al iemand se skoene gesteel?
Nee, ek het nog niemand se skoene gesteel nie.
Kort jy nog iets vir jou presentasie?
Nee, ek kort niks meer ver my presentasie nie.
Hou jy nog vir haar?
Nee, ek hou nie meer vir haar nie.
Het jy al alles in jou boek gedoen?
Nee, ek het nog niks in my boek gedoen nie.
Het jy al oorals vir jou boek gesoek?
Nee, ek het nog nêrens vir my boek gesoek nie.
Het jy al iets vir jou verjaarsdag gekry?
Nee, ek het nog niks vir my verjaarsdag gekry nie.
Ons wil na die rugby toe gaan.
Ons wil nie na die rugby toe gaan nie.
Daar is iewers ‘n bal hier.
Daar is nêrens ‘n bal hier nie.
Het jy al oorals getoer?
Nee, ek het nog nêrens getoer nie.
Het jy nog iets om te sê?
Nee, ek het niks meer om te sê nie.
Hy het nog almal by die partytjie geken.
Hy het niemand meer by die party geken nie?
Het hy al almal gegroet?
Nee, hy het nog niemand gegroet nie.
Het hy al elkeen van julle se toetse gemerk?
Nee, hy het nog niemand se toetse gemerk nie.
Ek het al êrens daardie man gesien.
Ek het nog nêrens daardie man gesien nie.
Ek het nog alles onthou.
Ek het niks meer onthou nie.
Het jy nog iewers ‘n stukkie sjokolade?
Nee, ek het nêrens meer ‘n stukkie sjokolade nie.
Ek het nog altyd van haar gehou.
Ek het nooit meer van hom gehou nie.
Het jy al ooit see toe gegaan?
Nee, ek het nog nooit see toe gegaan nie.