Ontkenning Flashcards
Het jy al geleer?
Nee , ek het nog nie geleer nie.
Is jy al honger?
Ek is nog nie honger nie.
Ek werk hard.
Ek werk nie hard nie.
Ek sing.
Ek sing nie.
Ek doen my huiswerk.
Ek hoef …
Ek hoef nie my huiswerk te doen nie.
Is jy nog reg vir vanmiddag se wedstryd?
Nee, …
Nee, ek is nie meer reg vir vanmiddag se wedstryd nie.
Jeremy borsel altyd sy tande na ete.
Jeremy borsel nooit sy tande na ete nie.
Verstaan jy die reëls van die spel?
Nee, ek verstaan nie die reëls van die spel nie.
Sal jy ooit jou span in die steek laat?
Nee, ek sal nooit my span in die steek laat nie.
Het jy iets daar buite gesien?
Nee, ek het niks daar buite gesien nie.
Sal jy altyd leuens vir jou ma vertel?
Nee, ek sal nooit leuens vir my ma vertel nie.
Het almal ‘n tweede hamburger gekry?
Nee , niemand het ‘n tweede hamburger gekry nie.
Het jy orals na die horlosie gesoek?
Nee, ek het nêrens na die horlosie gesoek nie.
Het jy alles vir die toets geleer?
Nee , ek het niks vir die toets geleer nie.
Wil jy teen my armdruk?
Nee, ek wil nie teen jou armdruk nie.