November Eksamen Flashcards
Watter van die onderstaande chemiese vergelykings hieronder verteenwoordig die proses van fotosintese?
A: Glukose + Water + Ligenergie → Stysel + Koolstofdioksied
B: Koolstofdioksied + Water + Ligenergie → Stysel + Suurstof
C: Suurstof + Koolstofdioksied + Ligenergie → Glukose + Suurstof
D: Koolstofdioksied + Water + Ligenergie → Glikogeen + Suurstof
B: Koolstofdioksied + Water + Ligenergie → Stysel + Suurstof
Die chemiese stof wat gebruik word om chlorofil uit blare te onttrek,
is …
A: verdunde jodiumoplossing.
B: helder kalkwater.
C: alkohol.
D: soutsuur.
C: alkohol.
Watter EEN van die volgende grondstowwe, wat vir fotosintese benodig word, word deur die huidmondjies beheer?
A: Koolstofdioksied
B: Water
C: Minerale soute
D: Suurstof
A: Koolstofdioksied
Die belangrikste funksie van chlorofil is om …
A: plante ʼn groen kleur te gee.
B: plante teen gevaarlike kosmiese strale te beskerm.
C: al die ensieme, wat nodig is vir die chemiese reaksie, te vervaardig.
D: ligenergie te absorbeer.
D: ligenergie te absorbeer.
Watter EEN van die volgende stadiums van fotosintese stel suurstofgas vry?
A: Glukolise
B: Lig-onafhanklike fase
C: Lig-afhanklike fase
D: Oksidatiewe fosforilering
C: Lig-afhanklike fase
Watter van die volgende spysverteringsappe bevat geen ensieme nie?
A: Pankreassap
B: Maagsuur
C: Gal
D: Speeksel
C: Gal
Bestudeer die lys van prosesse wat met die menslike spysverteringstelsel verband hou:
(i): Detoksifisering
(ii): Deaminering
(iii): Emulsifisering
(iv): Peristalse
Watter EEN van die volgende kombinasies beskryf die spysverteringsfunksies van ʼn menslike lewer?
A: (i), (ii), (iii) en (iv)
B: (i) en (ii)
C: (i), (ii) en (iii)
D: (i), (iii) en (iv)
C: (i), (ii) en (iii)
Die epiglottis voorkom die beweging (vloei) van …
A: kos en water na die tragea.
B: suurstof na die longe.
C: koolstofdioksied uit die tragea.
D: virusse en bakterieë na die longe.
A: kos en water na die tragea.
Tydens inaseming van lug in die longe …
A: neem die volume van die borsholte toe en die druk neem af.
B: neem die volume van die borsholte af en die druk neem toe.
C: bly die volume en die druk binne die borsholte dieselfde.
D: bly die druk in die borsholte konstant, ongeag die verandering in volume.
A: neem die volume van die borsholte toe en die druk neem af.
Watter van die volgende buise vervoer urien vanaf die nier na die urienblaas?
A: Ureter
B: Uretra
C: Proksimale kronkelbuis
D: Distale kronkelbuis
A: Ureter
Die deel van die chloroplast waarin die lig-onafhanklike reaksies van fotosintese plaasvind
Stroma
Die selorganel waarin ATP-molekules tydens selrespirasie vervaardig word
Mitochondrion / Mitochondria
Die fase van selrespirasie waartydens twee pirodruiwesuurmolekules vervaardig word
Glikolise
ʼn Eensellige fungus (swam) wat tydens die bak van brood gebruik word
Gis
Die twee hoofvertakkings van die tragea
Brongi
Die streek in die nier waar nierpiramides aangetref word
Medulla
Die verwydering van metaboliese afvalprodukte uit lewende organismes
Uitskeiding / Ekskresie
Die strukturele en funksionele eenheid van die menslike nier
Nefron
Die koninkryk waaraan prokariotiese organismes behoort:
A: Protista
B: Fungi (Swamme)
C: Virus
D: Monera
D: Monera
Watter van die volgende is ʼn kenmerkende eienskap van ʼn virus?
A: Selmembraan
B: Proteïenkapsel
C: Nukleus/selkern
D: Chromosome
B: Proteïenkapsel
Watter van die stellings hieronder verteenwoordig ʼn ooreenkoms tussen Briofiete en Pteridofiete?
A: Beide afdelings het vaatweefsel
B: Beide afdelings plant deur middel van spore voort
C: Beide afdelings het ʼn dominante sporofietgenerasie
D: Albei afdelings is tallusplante
B: Beide afdelings plant deur middel van spore voort
Bestudeer die lys hieronder:
(i): Nageslag is geneties identies aan die ouer
(ii): Nageslag verskil geneties van mekaar
(iii): Slegs een individu word vir voortplanting benodig
(iv): Verhoog kanse op oorlewing
Watter van die bogenoemde stellings verteenwoordig ʼn voordeel van geslagtelike voortplanting?
A: (i) en (ii)
B: (ii) en (iii)
C: (ii), (iii) en (iv)
D: (ii) en (iv)
D: (ii) en (iv)