Newton se wette en toepassing daarvan Flashcards
Definieer krag.
Enige iets wat’n trek- of stootaksie op ‘n voorwerp uitoefen wat die gevolg is van sy wisselwerking met ‘n ander voorwerp.
Wat is krag se simbool?
F
Waarin word krag gemeet?
Newton (N).
Waardeur word krag voorgestel? Verduidelik.
‘n Pyl. Die lengte van die pyl stel die grootte voor en die pypunt stel die rigting voor.
Noem 3 goed wat ‘n krag kan verander.
Die vorm van ‘n voorwerrp.
Kan die voorwerp laat versnel of tot stilstand bring.
Kan die ringting van die voorwerp verander.
Definieer kontakkragte.
Kragte wat op mekaar uitwerk deur te aan mekaar te raak.
Definieer nie-kontakkragte.
Kragte wat op mekaar uitwerk sonder om te raak.
Noem 6 tipes kontakkragte.
- Toegepaste krag.
- Normaalkrag.
- Wrywingskrag.
- Spankrag.
- Lugweerstand.
- Veerkrag.
Noem 3 tipes nie-kontakkragte
- Gewig.
- Magnetiese kragte.
- Elektrostatiese kragte.
Definieer toegepaste kragte.
‘n Krag wat van buite af op ‘n voorwerp uitgeoefen word.
Definieer normaalkrag.
Loodregte kontakkrag wat ‘n oppervlak op ‘n voorwerp uitoefen.
Definieer wrywingskrag.
Kontakkrag wat op ‘n oppervlak op ‘n voorwerp in die rigting parallel aan die oppervlak uitoefen, wat die voorwerp se beweging oor die oppervlak teenwerk.
Definieer spankrag.
Wanneer trekkrag op ‘n voorwerp uitgeoefen word en die voorwerp is onder spanning.
Definieer lugweerstand.
Weerstandkrag wat deur die botsings van lugdeeltjies op ‘n bewegende voorwerp uitgeoefen word.
Definieer gewig.
Die gravitasie-aantrekkingskrag van die Aarde op ‘n voorwerp. (9.8 m.sˉ²).
Wat is ‘n kragtediagram?
‘n Tekening van die voorwerp (voorgestel deur ‘n blokkie) van belang met al die kragte wat daarop inwerk voorgestel met pyle.
Wat is ‘n vryliggaamdiagram?
‘n Tekening war die voorwerp van belang voorgestel word as ‘n kol en al die kragte wat daarop inwerk as pyle wat weg van die kol wys.
Wat is die formule van voorwerpe loodreg op ‘n skuinsvlak?
w// = mgsinθ
Wat is die formule van voorwerpe parallel aan die skuinsvlak?
w˪ = mgcosθ
Definieer statiese wrywing.(ʄs)
Die wrywingskrag uitgeoefen deur een oppervlak op ‘n ander wanneer daar nie beweging plaasvind nie.
Definieer maksimum statiese wrywing (ʄs(maks))
Die statiese wrywing net voordat ‘n voorwerp begin beweeg.
ʄs < ʄs(maks)
Voorwerp bly in rus/
ʄs = ʄs(maks)
Voorwerp begin beweeg.
ʄs > ʄs(maks)
Onmoontlik.