NASIONALE BEGROTING Flashcards
Wat veroorsaak openbare skuld?
Tekorte veroorsaak openbare skuld.
Hoe kan ‘n tekort gefinansier word?
Tekort kan deur plaaslike of buitelandse lenings gefinansier word.
Wat is ‘n tekort?
Tekort: Inkomnste < uitgawe.
Wat is ‘n oorskot?
Oorskot: Inkomste > uitgawe.
Wat is die verskil tussen inkomste en uitgawe?
Die verskil tussen inkomste en uitgawe is die oorskot of tekort.
Wat dui staatsinkomste aan?
Staatsinkomste dui aan hoeveel belasting die regering gaan invorder.
Wat moet die regering aan onderwys spandeer?
Hoeveel geld die regering aan onderwys spandeer, moet in die Nasionale begroting deurvoer word.
Wat is die rol van die parlement in die begroting?
Parlament moet Nasionale begroting deurlees, debatteer en goedkeur voordat die begroting geimplementeer kan word.
Wat is die finansiële jaar van Suid-Afrika?
SA se finansiële jaar strek van 1 April tot 31 Maart.
Wie stel die begroting op?
Nasionale Tesourie stel die begroting op nadat alle inkomstes en uitgawes aangedui is.
Wat is die Nasionale begroting?
Nasionale begroting is ‘n plan wat die regering se beplande inkomste en uitgawes vir die finansiële jaar aandui.
Wat is ‘n begroting?
‘n Begroting het 2 kante nl: ‘n inkomste en uitgawe.
Watter tipe begrotings bestaan daar?
Daar is verskeie begrotings, o.a: Nasionale begroting, Sake-ondernemings begrotings, Gesins of Huishoudelike begrotings, en Individuele begrotings.
Wanneer kondig die Minister van finansies die begroting aan?
Minister van finansies kondig op 1 Februarie die Nasionale begroting aan.
Wie betaal regeringsamptenare?
Regeringsamptenare word deur die regering betaal.