Menslike hulpbronne Flashcards
Gee EEN reede waarom ‘n onderhoud gevoer word
Verkry sterkpunte en swakpunte van die kandidaat
Noem DRIE BRONNE van EKSTERNE werwing
(1) Koerante
(2) Radio
(3) sosiale media
Gee TWEE NADELE van EKSTERNE werwing
(1) Duur advertensie kostes
(2) Inligting op die CV is dalk nie betroubaar nie
Noem VYF aspekte wat ingesluit moet word in ‘n DIENSKONTRAK
(1) Persoonlike besonderhede van die werkgewer & werknemer
(2) Posbeskrywing & Posspesifikasie
(3) Datum van indiensneming
(4) Werksure
(5) Byvoordele
Gee TWEE NADELE van INTERNE werwing
(1) Aantal aansoeke is beperk tot bestaande personeel
(2) Maak die deur toe vir nuwe idees van buitestaanders
Noem DRIE BRONNE van INTERNE werwing
(1) interne e-posse
(2) Kennisgewingborde
(3) interne bulletins / nuusbriewe
Noem EEN VERSKIL tussen POSBESKRYWING en POSSPESIFIKASIE
‘n Posbeskrywing is ‘n beskrywing van die vereistes van die werk
‘n Posspesifikasie is ‘n skriftelike beskrywing van die kwalifikasies, ervaring en vaardighede waaroor die kandidaat moet beskik
Beskryf TWEE gevolge van die WET OP ARBEIDSVERHOUDINGE op die menslike hulpbronfunksie
(1) Die MH bestuurder moet werkers toelaat om werkplekforums te stig / aan vakbonde te behoort
(2) Dit beskerm die regte van werknemers & werkgewers soos uiteengesit in die Grondwet
Gee EEN REDE vir induksie (doel)
Stel nuwe werknemers bekend aan bestuur en kollegas
Gee TWEE VOORDELE van EKSTERNE werwing
(1) Nuwe idees/talente/vaardighede
(2) Groter aantal kandidate om van te kies
Gee VYF redes vir die BEëINDIGING van ‘n dienskontrak
(1) Wangedrag
(2) Bedanking
(3) Aftede
(4) Aflegging
(5) Afsterwe
Identifiseer TWEE rolle van die ONDERHOUDVOERDER TYDENS die onderhoud
(1) Ken elke kandidaat dieselfde hoeveelheid tyd toe
(2) Stel lede van die paneel bekend aan die kandidaat
Verduidelik die term APPLIKANT/KANDIDAAT
Die persoon wat aansoek doen vir ‘n pos
Beskryf TWEE NADELE van byvoordele vir die BESIGHEID
(1) Kan konflik skep / lei tot korrupsie
(2) Bykomende koste kan lei tot kontantvloeiprobleme
Noem TWEE METODES van werwing
(1) Interne
(2) Eksterne
Identifiseer TWEE rolle van die KANDIDAAT TYDENS die onderhoud
(1) Groet die onderhoudvoerder op die naam met ‘n stewige handdruk
(2) Luister na vrae voordat jy antwoord
Gee TWEE VOORDELE van INTERNE werwing
(1) Opleiding is nie altyd nodig, want die kandidaat weet hoe die besigheid werk
(2) Bied geleenthede vir loopbaanpaaie
Noem TWEE wetlike vereistes van dienskontrakte
(1) Beide werkgewer & werknemer moet kontrak onderteken
(2) Beide werkgewer & werknemer moet instem tot enige veranderinge aan die kontrak
Beskryf die BETEKENIS van ‘n DIENSKONTRAK
Ooreenkoms tussen werkgewer en werknemer & is wetlik bindend
Identifiseer TWEE rolle van die ONDERHOUDVOERDER VOOR die onderhoud
(1) Ontwikkel ‘n stel kernvrae o.g.v. die vaardighede/kennis wat benodig word
(2) Bespreek en berei die lokaal voor
Gee ‘n oorsig van die laaste DRIE STAPPE van die KEURINGSprosedure
(1) Doen agtergrondkontrole van aansoekers wat kwalifiseer
(2) Maak ‘n kortlys van geskikte kandidate
(3) Bied indiensneming op skrif aan die suksesvolle kandidaat
Wat is die DOEL van WERWING
Om kandidate met die nodige kennis, ondervinding en kwalifikasies om die pos te vul te lok
Verduidelik die term ONDERHOUDVOERDER
Verteenwoordiger van die besigheid. Die persoon wat die onderhoud lei.
Beskryf TWEE VOORDELE van byvoordele vir die besigheid
(1) Lok gekwalifiseerde werknemers wat positiewe bydrae tot die besigheidsdoelwitte kan lewer
(2) Verbeter prdouktiwiteit wat lei tot beter winste
Lys VYF ASPEKTE wat ingesluit moet word in ‘n induksieprogram
(1) Bekendstelling tot sleutelmense en kollegas
(2) Veiligheidsvoorskrifte en reëls moet bespreek word
(3) Oorsig van die besigheid
(4) Toer van die perseel
(5) Inligting oor die besigheid se produkte/dienste
Gee ‘n oorsig van die eerste VIER STAPPE van die KEURINGSprosedure
(1) Ontvang dokumentasie
(2) Sif die CV’s en skep ‘n kortlys
(3) Gaan inligting en verwysings na
(4) Doen siftende onderhoude
Verduidelik kortliks die BETEKENIS van WERWING?
Proses om vakatures te identifiseer en geskikte kandidate te lok
Beskryf kortliks wat INDUKSIE is
Die werknemer moet ingelig word oor die prosedures van die besigheid
Noem DRIE VOORDELE van induksie
(1) Verseker dat nuwer werknemers reëls in die besigheid ken
(2) Maak nuwe werknemer gemaklik (verminder angs)
(3) Nuwe werknemer kan verhoudings bou met kollegas