Mense en provinsies in Suid-Afrika - Kwartaal 4 - Eenheid 1 - Aardrykskunde Flashcards
Om meer te leer oor die bevolking van Suid-Afrika
Defineër die term ‘bevolking’.
Bevolking verwys na al die mense wat in ‘n plek of land bly.
Defineër die term ‘bevolkingsdigtheid’.
Bevolkingsdigtheid verwys na die getal mense in ‘n gebied
Defineër die term ‘bevolkingsverspreiding’
Bevolkingsverspreiding verwys na hoe mense oor ‘n gebied versprei is.
Defineër die term ‘verstrooide patroon’.
‘n Verstrooide patroon is ‘n patroon wat wys dat mense ver uit mekaar uit bly.
Defineër die term ‘gegroepeerde patroon’.
‘n Gegroepeerde patroon is ‘n patroon wat wys dat mense naby aan mekaar bly in groepe.
Defineër die term ‘eweredige patroon’.
‘n Eweredige patroon is ‘n patroon wat wys dat mense ewe ver van mekaar af bly.
Defineër die term ‘oneweredige patroon’.
‘n Oneweredige patroon is ‘n patroon wat wys dat mense ongelyke afstande van mekaar afbly.
Defineër die term ‘bevolkingskaart’.
‘n Bevolkingskaart is ‘n kaart wat bevolkingspatrone en nommers aanwys.
Defineër die term ‘bevolkingsdigtheidkaart’.
‘n Bevolkingsdigtheidkaart is ‘n kaart wat wys hoeveel mense in elke vierkante kilometer van ‘n plek bly.
Defineër die term ‘bevolkingsdistribusiekaart’.
‘n Bevolkingsdistribusiekaart is ‘n kaart wat wys hoe mense oor die area uitgesprei is.
Hoeveel mense bly in Suid-Afrika?
57,75 miljoen mense
Hoe is Suid-Afrika se bevolking versprei?
Die bevolking is oneweredig versprei met meer mense in stedelike gebiede en minder mense in landelike gebiede
Waarvoor word ‘n kolletjieskaart gebruik?
Kolletjieskaarte word gebruik om bevolkingsverspreiding en –digtheid van ‘n area aan te dui.
Wat verteenwoordig ‘n kolletjie op ‘n kolletjieskaart?
Elke kolletjie verteenwoordig ‘n groep mense, byvoorbeeld 50 000 mense per kolletjie op die kaart.
Soms kan ‘n enkelle kolletjie meer as 1 miljoen mense aandui op ‘n kaart.
Hoeveel provinsies het Suid-Afrika?
9
Noem al Suid-Afrika se provinsies.
Oos-Kaap; Wes-Kaap; Noord-Kaap; Vrystaat; KwaZulu-Natal; Gauteng; Limpopo; Noordwes; Mpumalanga
In watter provinsie is Laerskool Krielpark?
Mpumalanga
Is daar ‘n verhouding tussen die grootte van ‘n provinsie en die hoeveelheid mense wat in ‘n provinsie bly? Verduidelik jou antwoord.
Die grootte van die provinsie het min te doen met die hoeveelheid mense wat daar bly.
Ons grootste provinsie, die Noord-Kaap, het ook die minste mense terwyl ons kleinste provinsie, Gauteng, die meeste mense het
Wat is Suid-Afrika se grootste provinsie?
Die Noord-Kaap
Wat is Suid-Afrika se kleinste provinsie?
Gauteng
Watter provinsie het die meeste mense?
Gauteng
Watter provinsie het die minste mense?
Die Noord-Kaap