matriek_fisika_101_20130528154924 Flashcards
Stel Coloumb se wet
Die grootte van die elektrostatiese krag wat een puntlading (Q1) op ‘n ander puntlading (Q2) uitoefen is direk eweredig aan die grootte van die ladings en omgekeerd eweredig aan die kwadraat van die afstand (r) tussen hulle.In Simbole: F=kQ1Q2/r2
Beskryf ‘n elektriese veld
‘n Gebied in die ruimte waar ‘n elektriese lading ‘n krag ondervind.
Die rigting van die elektriese veld
Die rigting van die elektriese veld by ‘n punt is die rigting waarin ‘n positiewe toetslading wat by die punt geplaas word sal beweeg.
Definieer die elektriese veld
Die elektriese veld by ‘n punt is die elektrostatiese krag ondervind per eenheids positiewe lading geplaas by die punt.In simbole: E=F/q
Is elektriese veld ‘n skalaar of vektor hoeveelheid
VektorDit het dieselfde rigting as die krag op ‘n positiewe lading
Gebruik die formule E=F/q om af te lei wat die krag op ‘n lading in ‘n elektriese veld sal wees
F = Eq
Definieer elektriese potensiele energie
Die elektrriese potensiele energie van ‘n lading is die energie wat dit het het as gevolg van die posisie daarvan relatief tot ander ladings wat daarmee interaksie het.
Definieer die elektriese potensiaal by ‘n punt
Die elektriese potensiele energie per eenheidslading by daardie punt
Definieer elektriese potensiaalverskil
Die verskil in elektriese potensiele energie per eenheidslading tussen twee punte in ‘n elektriese veld.
Wat is die eenheid van elektriese potensiaalverskil
Volt, oftewel joule per coulomb
Elektriese potensiaalverskil word ook ___ genoem.
spanning
Definieer elektriese potensiaalverskil in simbole
V = W/q
Verduidelik weerlig in terme van elektriese potensiaal en potensiaalverskil
-
Beskryf maatreels wat geneem kan word om die gevaar om deur weerlig getref te word, te verminder.
-
Beskryf ‘n parallelplaatkapasitor
‘n Toestel wat uit twee teenoorgesteld gelaaide plate wat deur ‘n klein afstand geskei is bestaan.
Wat is ‘n kapasitor?
‘n Toestel wat lading en energie stoor.
Definieer kapasitansie
Die kapasitansie van ‘n kapasitor is die lading gestoor op die plate van die kapasitor per eenheidspotensiaalverskil tussen die plate.
Definieer kapasitansie in simbole:
C = Q/V
Wat is die eenheid van kapasitansie?
farad (F)Oftewel coulomb per volt
Gee die elektriese veld tussen die plate van ‘n parallelplaatkapasitor in simbole:
E = V/d
Verduidelik waarom die invoeging van ‘n dielektrikum tussen die plate, kapasitansie verhoog.
-
Beskryf wat gebeur met ‘n kapasitor in ‘n GS-stroombaan oor ‘n tydperk
-
Beskryf hoe ‘n gelaaide kapasitor gebruik kan word om ‘n groot potensiaalverskil vir ‘n kort tydjie te lewer.
-
Definieer elektriese stroom
Die tempo van vloei van ladings
Definieer elektriese stroom in simbole:
I = q/tydsverandering
Stel die verskil tussen ohmiese en nie-ohmiese geleiers
-
Gee ‘n voorbeeld van ‘n ohmiese geleier
-
Gee ‘n voorbeeld van ‘n nie-ohmiese geleier
-
Stel Ohm se wet
Die potensiaalverskil oor ‘n geleier is direk eweredig aan die stroom in die geleier by konstante temperatuur.
Stel Ohm se wet in simbole
R = V/I
Waarom is daar ‘n verskil tussen die emk en die terminaalpotensiaalverskil van die battery indien die eksterne weerstand in die stroombaan in grootte vergelykbaar is met die battery se interne weerstand?
-
Stel Newton se Derde Wet:
Wanneer ‘n liggaam ‘n krag op ‘n tweede liggaam uitoefen, oefen die tweede liggaam ‘n krag van gelyke groottee in die teenoorgestelde rigting op die eerste liggaam uit.
Verduidelik kontakkragte
Kontakkragte ontstaan as gevolg van fisiese kontak tussen twee voorwerpe bv. ‘n sokkerspeler wat ‘n bal skop
Verduidelik nie-kontakkragte
Nie-kontakkragte ontstaan wanneer twee voorwerpe kragte op mekaar uitoefen sonder om aan mekaar te raak, bv. die aantrekkingskrag van die aarde op ‘n valskermspringer selfs al is die aarde nie in direkte kontak met die valskermspringer nie.
Definieer liniere momentum
Die produk van ‘n voorwerp se massa en die snelheid van die voorwerp.
Is liniere momentum ‘n vektor- of skalaarhoeveelheid?
Vektor. Dit het dieselfde rigting as die snelheid van die voorwerp.
Gee liniere momentum in simbole
p = mv
Beskryf die vektoraard van momentum:
-
Stel Newton se Tweede Wet in terme van momentum:
Die netto krag wat op ‘n voorwerp inwerk is gelyk aan die tempo van verandering in momentum van die voorwerp in die rigting van die netto krag.
Druk Newton se Tweede wet in terme van momentum uit in simbole
Fnet = momentumverandering/tydsverandering
Verduidelik die verwantskap tussen netto krag en verandering in momentum:
-
Stel die wet van behoud van liniere momentum:
Die totale liniere momentum van ‘n geisoleerde sisteem bly konstant (behoue).
Wat is ‘n Geisoleerde sisteem
‘n Geisoleerde sisteem is een waarvoor die netto eksterne krag wat op die sisteem inwerk, nul is.
Onder watter toestande bly die momentum van ‘n sisteem behoue?
As die netto eksterne krag wat daarop inwerk, nul is.
Wat kan ‘n verandering in momentum teweeg bring?
‘n Eksterne krag
Definieer die impuls van ‘n krag
Die produk van die gemiddelde netto krag en die tydsinterval waartydens hierdie krag inwerk
Definieer impuls i.t.v. simbole
Fnet x tydsverandering = momentumverandering
Wat is ‘n elastiese botsing
Tydens ‘n elastiese botsing bly beide momentum en kinetiese energie behoue.
Wat is ‘n onelastiese botsing
Tydens ‘n onelastiese botsing bly slegs momentum behoue.
Noem die eienskappe van projektiele
Val vry teen gravitasieversnelling ‘g’Versnel afwaarts teen konstante versnelling ongeag of die projektiel opwaarts of afwaarts beweegHet ‘n snelheid van 0 by hulle maksimum hoogteNeem dieselfde tyd om hul maksimum hoogte te bereik vanaf die punt van opwaartse projeksie as die tyd wat hul neem om terug te val na die punt van projeksie.Hul opwaartse en afwaartse bewegings kan deur ‘n enkele stel vergelykings beskryf word
Beskryf die beweging van ‘n voorwerp wat hop
-
Beskryf die beweging van ‘n voorwerp wat vertikaal opwaarts gegooi is
-
Beskryf die beweging van ‘n voorwerp wat vertikaal afwaarts gegooi is
-