Maatskappye Flashcards
Akte van Inlywing:
Dit is die dokument wat nodig is om ‘n maatskappy te vorm. Hierdie dokument sit die basiese reëls uiteen hoe die maatskappy bedryf moet word.
Aandele en aandeelhouers:
Die eienaars van ‘n maatskappy is die aandeel houers wat die kapitaal verskaf. Omdat daar talle eienaars van ‘n maatskappy kan wees, word die kapitaal verdeel in aandele. Elke mede-eienaar (d.w.s, aandeel houer) voorsien kapitaal deur ‘n sekere aantal aandele in die maatskappy te koop Die prys per aandeel wat die aandeelhouers betaal, staan as die uitgereikte prys bekend. Hierdie uitgereikte prys mag mettertyd verander oor die lewensduur van ‘n maatskappy - afhangende van hoe goed of sleg die maatskappy presteer.
Direkteure:
Daar word van die direkteure verwag om ‘n maatskappy te bedryf na die beste van hul vermoe. Hulle word deur die aandeelhouers op ‘n algemene Jaarvergadering aangestel. In ruil vir hulle dienste verdien hulle direkteursgeld fooie. Die rolle en verantwoordelikhede van direkteure en aandeelhouers sal in die volgende modules meer bestudeer word
Kontinuïteit:
‘n Maatskappye het die vermoë om sy eie regte en pligte te hê met ‘n onbepaalde bestaansreg onafhanklik van die eienaars (wat aandeelhouers of lede genoem word) Wat eenmansake of vennootskappe betref, eindig kontinuïteit wanneer ‘n eienaar onttrek van die onderneming of as hy sterf. Daarteenoor bly ‘n maatskappy voortbestaan selfs na die onttrekking of sterfte van een van die eienaars.
Die bates van ‘n maatskappy:
‘n Maatskappy verkry bates onder sy eie naam en in sy eie reg. Die bates is die uitsluitlike eiendom van die maatskappy en behoort nie aan die aandeelhouers nie (behalwe as ‘n doelbewuste besluit deur die maatskappy geneem is om die dividende te versprei of om aandele van aandeelhouers terug te koop). By likwidasie van die maatskappy deel die aandeelhouers in die verdeling van die bates. In die geval van eenmansake is alle bates die eiendom van die onderneming, terwyl die vennote die gemeenskaplike eienaar van ‘n vennootskap se bates is.
Aanspreeklikheid van skuld van ‘n maatskappy:
Die maatskappy is self aanspreeklik vir sy skuld en sy aandeelhouers kan geensins daarvoor aanspreeklik gehou word nie. Bestudeer die volgende voorbeeld. Indien mnr. Smith nie sy skuld kan betaal nie, word die aanspreeklikheid vir die skuld nie aan sy broer oorgedra nie. Die wet beskou mnr. Smith en sy broer as afsonderlike regspersone. Net so word die aandeelhouers van die maatskappy en die maatskappy as afsonderlike regspersone beskou. Die aandeelhouers kan dus nie vir die skuld van die maatskappy aanspreeklik gehou word nie. In die geval van eenmansake en vennootskappe is die eienaars gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik vir die skuld van die onderneming, aangesien die ondernemings nie oor afsonderlike regspersoonlikhede beskik nie.
Vermoë om kontrakte aan te gaan:
Die maatskappy het ‘n selfstandige kontraktuele bevoegdheid met die gevolg dat dit sake kan doen met ander regspersone, wat ook sake met sy aandeelhouers insluit. Slegs die direkteure, wat kragtens die Akte van Inlywing aangestel word as verteenwoordigers van die maatskappy, of personeellede met gedelegeerde gesag het die bevoegdheid om namens die maatskappy op te tree. In die maatskappy is daar volkome skeiding tussen bestuur (beheer deur direkteure) en eienaarskap (by aandeelhouers of lede).
Onafhanklike ouditeure:
As gevolg van die skeiding tussen eienaarskap en beheer, moet die eienaars (aandeelhouers) verseker dat die finansiële state onder die beheer van die direkteure voorberei word en dat dit betroubare syfers bevat. ‘n Onafhanklike ouditeur doen toetse en kontroleer die boeke sodat hy/ sy ‘n mening kan uitspreek, wanneer nodig, oor die betroubaarheid van die finansiële state. In ruil daarvoor moet die maatskappy vir die onafhanklike ouditeur ouditfooie betaal.
Verdeling van wins:
Die wins of verlies wat die maatskappy maak, is vir sy eie rekening, dit behoort aan die maatskappy en nie aan sy aandeelhouers nie. Dit het verskeie implikasies. Slegs as die maatskappy dividende formeel aan sy aandeel houers verdeel of as die maatskappy besluit om aandele van aandeelhouers terug te koop, kan die aandeelhouers op ‘n gedeelte van die wins aanspraak maak.
Inkomstebelasting:
Omdat ‘n maatskappy ‘n “regspersoon” is, is elke maatskappy ‘n afsonderlike belastingentiteit in eie reg. Maatskappye wat ‘n wins verdien, moet inkomstebelasting aan die SA Inkomstediens in die middel van ‘n finansiele jaar betaal en weer aan die einde van ‘n boekjaar in die vorm van voorlopigevbelasting betalings. Sodra die finansiële state gefinaliseer is, word ‘n finale betaling aan die SAID gemaak of ‘n terugbetaling kan van SAID ontvang word. In die geval van eenmansake of vennootskappe gaan die winste aan die eienaars, wat gevolglik in hul persoonlike hoedanigheid vir die belasting daarop verantwoordelik is.
Inkomstebelasting:
Omdat ‘n maatskappy ‘n “regspersoon” is, is elke maatskappy ‘n afsonderlike belastingentiteit in eie reg. Maatskappye wat ‘n wins verdien, moet inkomstebelasting aan die SA Inkomstediens in die middel van ‘n finansiele jaar betaal en weer aan die einde van ‘n boekjaar in die vorm van voorlopigevbelasting betalings. Sodra die finansiële state gefinaliseer is, word ‘n finale betaling aan die SAID gemaak of ‘n terugbetaling kan van SAID ontvang word. In die geval van eenmansake of vennootskappe gaan die winste aan die eienaars, wat gevolglik in hul persoonlike hoedanigheid vir die belasting daarop verantwoordelik is.
Registrasie van ‘n maatskappy:
Alle maatskappye moet by die maatskappye kommissie wat bekend staan as die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (KMIE) geregistreer wees. In die verlede is die registrasie deur die Registrateur van Maatskappye gedoen.
Maatskappy se name:
As gevolg van sy regspersoonlikheid kan geen twee maatskappye dieselfde naam hê nie. Die laaste woord in die naam van ‘n maat skappy moet “BEPERK’ wees wat as “Bpk” afgekort kan word.
Begrip van beperkte aanspreeklikheid:
Aandeelhouers het beperkte aanspreeklikheid en kan in die geval van ‘n insolvente onderneming nie gepenaliseer word nie. Dit is so sodat die publiek minder huiwerig sal wees om te belê by ‘n maatskappy waar hul nie beheer oor die doen en late het nie.
Statutêre beheer
Die Maatskappywet maak voorsiening vir die beskerming van ‘n maatskappy se aandeelhouers, sy potensiële aandeelhouers en sy krediteure by wyse van:
- Behoorlike inkorporering en registrasie van die maatskappy.
- Die hou van behoorlike en volledige rekeningkundige en ander rekords.
- ‘n Redelike voorlegging en openbaarmaking van die finansiële toestand en die finansiële resultate van die maatskappy in die voorgeskrewe jaarlikse finansiële state.
- Behoorlike bestuur van die maatskappy deur sy direkteure en ander ampsdraers.