Leerlinglisensie Flashcards
Watter reël word in Suid-Afrika as die vernaamste padreël beskou?
Hou aan die linkerkant van die pad sover as wat veilig is.
Hierdie teken waarsku jou dat daar … voor is.
paaie wat kruis
Onder watter omstandighede, indien enige, word jy toegelaat om jou motorvoertuig aan die regterkant van ‘n openbare pad met verkeer in albei rigtings te bestuur?
Wanneer ‘n verkeersbeampte jou so beveel.
Hierdie teken word gevind by ‘n …
verkeersirkel waar ryvoorrang van toepassing is.
Hierdie padmerk wys vir jou dat …
verkeer aan albei kante daarvan nie mag verbysteek of dit oorsteek nie.
Hierdie padmerk waarsku jou dat …
daar ‘n spooroogang met een spoor voor is.
Wanneer jy sien dat iemand jou wil verbysteek, moet jy…
so ver as wat dit veilig is, links hou en nie vinniger probeer ry nie
Wanneer jy hierdie teken sien, moet jy …
voorrang gee vir voetgangers wat oor die pad wil loop.
Hierdie teken waarku jou dat die pad …
glad is wanneer dit nat is.
Die wettige spoed wat jy mag ry word deur …. aangedui.
tekens langs die pad
Hierdie teken waarsku jou dat…
daar ‘n verkeerslig voor is.
Waar is dit wettig om jou voertuig te stop vanaf ‘n spooroorgang?
6m vanaf die spooroorgang.
Wat wys hierdie waarskuwingsteken vir jou?
‘n Versteekte ingang na links word gevolg deur een na regs.
As jy by hierdie sirkel aankom en daar is ook voertuie vanaf die ander drie kante, mag jy ry as …
jy die eerste voertuig oor die streep was.
Hierdie teken wys jou dat slegs … daar mag parkeer.
goederevoertuie wat laai of aflaai
Wanneer die lig rooi is en die groen pyl flikker na regs sos hierbo, wys dit jou dat …
as jy regs wil draai, mag jy ry.
Wat is die maksimum tydperk wat jou voertuig op een plek buite ‘n stedelike gebied geparkeer mag wees?
24 uur
Wanneer jy hierdie teken sien moet jy …
op die uitkyk wees vir landbouvoertuie wat op die pad kan wees.
Hierdie waarskuwingsteken wys jou dat …
die pad waarop jy nou ry ‘n grondpad gaan word.
As jy by ‘n verkeerslig kom waar die rooi lig flikker, moet jy …
stop en indien dit veilig is, verder ry.
Wat wys hierdie teken vir jou?
Jy mag nie vinniger as 100 km/h in die nag ry nie.
Die verste wat jou voertuig se dompstraalligte (“dims”) voor jou mag skyn is …
45 meter
Wat is belangrik in verband met die toeter van jou voertuig?
Die toonhoogte van die klank mag nie verander nie.
Wanneer jy hierdie teken sien, weet jy dat …
voertuie met ‘n massa van 10 ton en minder mag nie daar ry nie.
Die laaste aksie wat jy moet doen voordat jy na ‘n ander laan beweeg is om …
na die blindekol te kyk.
Hierdie teken wys jou dat daar ‘n …
skerp draai na links voor is.
Hierdie padmerk wys vir jou dat jy …
moet toegee vir alle padgebruikers en moontlik ook treine.
Die lisensie (klaringsbewys) van jou voertuig is vir … geldig.
12 maande
Hierdie teken verbied …
minibusse om verby die teken te ry.
Hierdie teken wys jou dat jy…
nie daar mag ry tussen 06:00 en 09:00 nie.
Hierdie teken wys jou dat…
jy daardie deel van die pad kan gebruik as jy wil.
Die groewe van jou voertuig se bande mag nie minder as … mm wees nie.
1mm