Kwartaaltoets 3 Flashcards
bevolkingsdigtheid
aantal mense per oppervlakeenheid / km2
bevolkingsverspreiding
manier waarop mense oor die wereld versprei / ruimtelike verspreiding
ylbevolkte gebied ?
plekke met ‘n paar mense in verhouding tot die beskikbare grond
digbevolkte gebied
plekke met baie mense in verhouding tot die beskikbare grond
wat is die amptelike vraelys wat gebruik word om bevolkings inligting saam te stel ?
Sensusvorm of vraelys
elke hoeveelste jaar word bevolkingsdata ingesamel
elke 5 jaar
beskryf die twee betroubaarste maniere om bevolkingsdata in te samel en gee redes
onderhoude : spesifieke inligting direk van die bron af te kry
elektroniese toerusting : bied toegang tot inligting wat klaar nagevors is
watter 2 faktore beinvloed bevolkingsverspreiding en digteheid?
Fisiesefaktore - Toeganklikheid , Klimaat, Natuurlike Plantegroei, grondvrugbaarheid, reliëf (laagliggende eerder as hoë)
Menslike faktore - tegnologie, ekonomiese faktore, politiek, demografiese faktore
geboortesyfer ?
aantal geboortes per 1000 mense per jaar
( totale aantal lewende geboortes x 1000 ) gedeel deur totale bevolking
sterftesyfer
aantal sterftes per 1000 mense per jaar
( totaal aantal sterftes x 1000 ) gedeel deur totale bevolking
lewensverwagting
aantal jare wat ‘n mens verwag om te leef
vrugbaarheidsyfer
gemiddelde aantal kinders wat ‘n vrou tydens haar leeftyd het
natuurlike aanwas
(geboortesyfer - sterftesyfer x 100) gedeel deur ‘n 1000
bepaal of die bevolking groei of nie
migrasie
beweging van mense van een gebied na ‘n volgende
emigrasie = uit land imigrasie = in land
waarom verskil die geboorte- en sterftesyfers tussen ontwikkelde en ontwikkelende lande ?
ontwikkelde - lae geboorte en sterfetsyfers agv geletterdheid en kundigheid.
ontwikkelende - hoë geboorte en sterftes agv ongeletterdheid en onkundigheid