Kw3 E1- Weer Flashcards
Wat is weer?
Dis die toestand van die atmosfeer of lug op ‘n spesifieke tyd. Bv. koud ❄️, reënerig🌧, sterk winde🌪🌊, sonnig🌝, warm🔥
Hoe kan mens veanderinge in die weer meet?
- spesiale instrumente of gereedskap 🎚 - meeteenhede bv. grade Celcius of millimeter🌡
Wat is temperatuur?
Hoe warm 🔥 of koud ❄️ die lug is.
In watter maateenheid word temperatuur gemeet?
grade Celcius.
Wat is minimum temperatuur?
Die koudste ❄️ wat dit in die dag raak.
Wat is maksimum tempertuur?
Die warmste ☀️ wat dit in die dag raak.
Wat beteken die simbool < ?
Kleiner as.
Wat beteken die simbool > ?
Groter as.
Wat is wind?
Lug wat oor die land se oppervlakte waai. 🌬
In watter rigtings kan wind beweeg?
Op, af, in ‘n sirkel 🌪
Hoe kan ons wind beskryf?
Deur te sê hoe sterk of vinnig dit is En die rigting waarvandaan dit kom.
Waarmee kan jy windsterkte meet?
Met ‘n spesiale instrument- windmeter
Hoe word wind gemeet?
Deur hoe vinnig dit beweeg.
In watter eenheid word wind gemeet?
Kilometer per uur, geskryf km/h.
Is < 5 grade Celcius matig of baie koud?
Baie koud.
Watter temperatuur is bloedig warm? > 33 grade Celcius, of 11-17 grade Celcius.
> 33 grade Celcius.
Verduidelik windsterkte
Tabel p 60
In watter rigting wys die pyl op ‘n weerhaan ?
Die rigting waar die wind vandaan kom.
Hoe werk ‘n windkous?
Hy word vol wind en waai weg van die windrigting.
Waarmee kan windrigtings gemeet word?
‘n Weerhaan of ‘n windkous.
Wat beskryf ‘n wolklaag?
Dit beskryf hoeveel van die lug met wolke bedek word.
Is dit bewolk, gedeeltelik bewolk, of helder in die prentjie?

Bewolk
Is dit bewolk, gedeeltelik bewolk, of helder in die prentjie?

Gedeeltelik bewolk ( slegs dele van die lug is bedek met wolke)
Is dit bewolk, gedeeltelik bewolk, of helder in die prentjie?

Helder
Wat is neerslag?
Reën 🌧, sneeu 🌨🌨🌨 , hael en ander vorme van water wat grond toe val
Wat is reën?
Water val in druppel 💦
Wat is hael?
Water val as gevriesde waterdruppels tydens ‘n donderstorm.
Wat is sneeu?
Water val as sagte bevrore ys lokkies 🌨🌨🌨🌨❄️❄️❄️
Wat is ‘n reënbui?
Wanneer swaar druppels vir ‘n kort rukkie val.
Wat is misreën of motreën?
Wanneer ligte druppels reën vir ‘n lang tyd val.
Waarmee kan jy die hoeveelheid reënval bepaal?
‘n Reënmeter.
In watter eenheid word reënval gemeet?
Millimeter (mm)
Wat wys hierdie grafiek?

Hoe reënval gedurende een week kan verander.
Hoe word almal deur die weer geraak?
👙👢Dit bepaal wat mense aantrek. 🏊🏻⛷Dit bepaal wat mense doen. ☀️⚡️Dit bepaal of mense veilig of in gevaar is.
Wat beteken - die wind het gaan lê?
Die wind waai nie meer nie.
Wat beteken - die lug is bewolk? ☁️☁️☁️
Daar is wolke in die lug.
Wat beteken - dit is mooiweer vandag?
Die weer is helder, sonnig en warm ☀️
Wat beteken - daar was stortreën?
Die reën was baie swaar.
Wat beteken- die dag was bloedig warm?
Die temperatuur is baie hoog.
Watter instansie meet die weer in Suid-Afrika?
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens.
Wat gebruik die Suid-Afrikaanse Weerdiens om ons weer te meet?
Ingewikkelde instrumente.
Waar versamel die Suid-Afikaanse Weerdiens inligting oor die weer?
Verskllende plekke, soos: ⛴ skepe op die 🌊 see ✈️ vliegtuie in die lug Sateliete in die 🚀 ruimte
Hoe kan jy uitvind watter weer om te verwag?
Weervoorspellings op: 📺 TV Koerant 📱 toepassing 📻🎙 radio
Hoe word die weer gewoonlik voorgestel?
Op ‘n kaart of diagram, met simbole.
Vir watter datum is hierdie weervoorspelling?

14 Februarie
Watter stad se weer is gedeeltelik bewolk?

Kaapstad.
Watter stad het die hoogste (warmste) temperatuur?

Pretoria.
Watter stad het die laagste (koudste) temperatuur?

Port Elizabeth.
