Klankleer Flashcards

1
Q

Noem die reël wat van toepassing is op kort vokale

A

‘n Konsonant wat na n BEKLEMTOONDE, kort vokaal volg, verdubbel as die woord verbuig word

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Noem die reël wat van toepassing is op lang vokale

A

‘n Lang klank wat eindig op ‘n oop, beklemtoonde lettergreep se een vokaal val weg wanneer die meervoud gevorm word

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Gee ‘n voorbeeld van ‘n gemengde vokaal

A
  • ie
  • oe
  • eu
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Gee ‘n voorbeeld van ‘n diftong

A
  • ou
  • ooi
  • ei
  • Y!
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Wat is ‘n sillabe?

A

Een van die aantal dele waarin ‘n woord opgedeel kan word

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Wat is artikulasie?

A

Verwys na die uitspraak van verskillende klanke

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Benoem die volgende klankverskynsel: “hys” i.p.v. “huis”

A

Ontronding

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Wat is ontronding?

A

Wanneer klanke sonder die nodige lipronding uitgespreek word

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Benoem die volgende klankverskynsel: “seuwe” i.p.v. “sewe”

A

Oorronding

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Wat is oorronding?

A

Vind plaas wanneer klanke met te veel ronding uitgespreek word

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Benoem die volgende klankverskynsel: “oppie” i.p.v. “op die”

A

Assimilasie

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Wat is assimilasie?

A

Vind plaas wanneer naburige klanke mekaar beïnvloed en klankgelykmaking plaasvind.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Benoem die volgende klankverskynsel: “mêse” i.p.v. “mense”

A

Nasalisering en vokalisering

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Wat is nasalering?

A

Vind plaas wanneer lug vryelik deur die neusholtes stroom

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Wat is vokalisering?

A

Vind plaas wanneer ‘n konsonant, veral die “n”, saam met ‘n vokaal uitgespreek word en daarom nie gehoor word nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Benoem die volgende klankverskynsel: “pebliek” i.p.v. “publiek”

A

Vokaalreduksie

17
Q

Wat is vokaalreduksie?

A

Vind plaas wanneer ‘n vokaal verkeerd uitgespreek om uitspraak te vergemaklik. Die vokaal word gereduseer tot ‘n [Ə] klank

18
Q

Benoem die volgende klankverskynsel: “kjerk” i.p.v. “kerk””

A

Palatalisasie

19
Q

Wat is palatalisasie?

A

Vind plaas wanneer die “g” en “k” klanke as “gj” en “kj” uitgespreek word

20
Q

Benoem die volgende klankverskynsel: “truksvye” i.p.v. “turksvye”

A

Metatesis

21
Q

Wat is metatesis?

A

VInd plaas wanneer die “r” en “l” in ‘n woord beweeg na ‘n ander posisie

22
Q

Noem die drie grondbeginsels van Afrikaanse spelling

A
  • Die spelling is gebaseer op die klankstelsel
  • Vormlik verwante woorde word sover as moontlik gelykvormig gespel
  • Spelling word bepaal deur tradisie
23
Q

Noem die verskillende plekke waar die afkappingsteken gebruik word

A

Die meervouds-en verkleingsvorme van:

  • selfstandige naamwoorde wat eindig op ‘n i, o, u en ‘n beklemtoonde a
  • Eiename wat eindig op ‘n -e of -s wat nie uitgespreek word nie
  • Getalle, letters, syfers en simbole
  • Weglatings
24
Q

Noem die verskillende plekke waar die kappie gebruik word

A
  • By ‘n i, o, u, en e wat lank uitgespreek word in ‘n oop lettergreep
  • By ‘n e wat lank lank uitgespreek word in ‘n geslote lettergreep waar die lettergreep eindig op een konsonant
25
Q

Noem die verskillende plekke waar die deelteken gebruik word

A
  • Dui die grens tussen twee lettergrepe aan
  • Dui betekenisverskille aan
  • By die opeenhoping van klinkers om uitspraak te vergemaklik
26
Q

Noem die verskillende plekke waar die koppelteken gebruik word

A
  • By ‘n opeenhoping van klinkers wat moeilik lees
  • Om dubbelsinnigheid te voorkom
  • By verbindings met -hulle en -goed
  • By verbindings met Latynse woordgroepe
  • By saamgestelde titels
  • By aardrykskundige samestellings
  • By herhalingsvorme
  • By samestellings en samekoppelings soos “piet-my-vrou-voël”
  • By verbindings met “en”
  • By woorde wat verbind word met syfers, afkortings en simbole
  • As ‘n weglatingsteken
27
Q

Noem die vier vorme waarby ‘n koppelteken NIE gebruik word nie (jy wonder seker nou wat de hel ek hier bedoel neh? Well kyk die antwoord dan sal jy verstaan)

A
  • oud- (outstudent)
  • eks- (ekskêrel)
  • nie- (nieamptelik)
  • non- (nonkonformis)
    BEHALWE AS DAAR ‘N HOOFLETTER IN DIE MIDDEL VAN DIE WOORD IS, WANT DAN WORD DIE KOPPELTEKEN WEL GEBRUIK, SOOS IN “oud-Matie”, want oudMatie lyk net snaaks
28
Q

Hier volg nou die enigste moontlike moeilike vraag as dit by hoofletters kom:

A

Ampsbenaminge wanneer daar na een spesifieke persoon verwys word: bv “die Rektu-“ sorry, ek bedoel “die Rektor”

29
Q

Wat gebeur met ‘n van wat uit twee woorde bestaan?

A

Die eerste deel daarvan kry nie ‘n hoofletter nie