hoofstuk 1 Flashcards
watse sake omgewings kry ons in ‘n besigheid?
- Mikro
- Mark
- makro
wat is die Mikro-omgewing?
- Binne die besigheid self
- het volle beheer in die besigheid
wat is die komponente/kenmerke/elemente van die Mikro-omgewing
- missie,vissie,doelwitte,strategiee
- organisasie kultuur
- organisatoriese hulpbronne
- besigheidsfunksies
- organisatoriese struktuur
visie
- verduidelik wat besigheid wil bereik
- beantwoord vraag: waar gaan die besigheid van hier af
- gee ‘n duidelike idee wat die besigheid wil bereik
- bv. om werksgeleenthede vir die plaaslike gemeenskap te voorsien
missie verklaring
- verduidelik die rede vir die besigheid se bestaan.
- in staat om strategiee te ontwikkel om visie te bereik
-beantwoord die vraag: wat doen besighede om wins te maak? - bv. om ‘n wereldklas kommunikasiemaatskappy te word
mikpunte
- langtermyn doelwitte
- gee ‘n gevoel van rigting
doelwitte
- korttermyn take/stappe
- Bevat ‘n sperdatum
strategiee
- hoe die besigheid sy visie sal bereik,in lyn met sy missie verklarin en doelwitte
doel van die organisasie kultuur
- beinvloed mense se optrede en gesindheid
- bepaal hoe dinge gedoen word
- die “persoonlikheid “ van die besigheid
-besigheid se kultuur word beinvloed deur almal wat deel daarvan is.
organisatoriese hulpbronne
- hulpbronne=bates om goedere/dienste te produseer en doelwitte te bereik
verskillende tipes organisatoriese hulpbronne
- Menslike hulpbronne (Mense met kennis en vaardighede)
- Natuurlike hulpbronne(bates uit die natuur)
- fisiese hulpbronne(nodig om die besigheid suksesvol te laat funksioneer)
- finansiele hulpbronne(Geld)
- tegnologiese hulpbronne(dit gee ‘n besigheid ‘n voordeel bo sy mededingers)
- entrepreneuriese hulpbronne(verantwoordelik vir kombinering van produksiefaktore om ‘n wins te maak)
die belangrikheid van organisatoriese struktuur
- toon aan wie aan watter persoon rapporteer en watter departement onder ‘n sekere bestuurders val
- struktuur toon die vloei van instruksies en terugvoer in die besigheid aan
die verskil tussen leierskap en bestuur:(Bestuur)
- verseker take word uitgevoer
- Taak georienteerd
-bepaal menslike gedrag - bestuur die beplanning,organisering,leiding en beheer
die verskil tussen leierskap en bestuur:(leierskap)
- inspireer ander mense
- mens-georienteerd
- beinvloed menslike gedrag
- lei deur voorbeeld/vetroue/respek
benoem die 8 besigheidsfunksies
- Algemene bestuur
- Administrasie funksie
- produksie funksie
- bemarkings funksie
- openbare bettrekinge funksie
- menslike hulpbronne funksie
- aankoop funksie
- finansiele funksie
wat is die doel van die 8 besigheidsfunksies
- werk saam om die besigheid se doelwitte te bereik
- hulle werk saam om die oorlewing en volhoubaarheid van die besigheid te verseker
wat is die belngrikheid van die algemenebestuursfunksie
- bepaal die algemene rigting of strategie vir die besigheid
- lei,organiseer en beheer al die ander funksies
- besluitneming op elke vlak plaas
- bestuur het 3 verskillende vlakke,elkeen met hul eie rolle en verantwoordelikhede
vlakke in die algemene bestuurs funksie
- topbestuur
- middelvlakbestuur
- laevlakbestuur
topbestuur
- rapporteer aan ‘n raad van direkteure/adviesraad
- neem langtermyn,strategiese besluite
- bepaal die visie,missie,mikpunte,doelwitte en strategiee van die besigheid
-kry mense bymekaar om sekere doelwitte te behaal - bv.CEO,direkteure
Middelvlak bestuur
- verantwoordelik vir spesifieke departemente in die besigheid
- neem mediumtermyn,taktiese besluite
- verantwoordelik vir die bereiking van mikpunte en doelwitte wat vir elke gemaak is
- implementeer die visie en planne van topbestuur
- bv. departement hoofte: bemarkingsbestuurder en finansiele bestuurder
laevlakbestuur
- verantwoordelik vir ‘n hoe vlak van produktiwiteit,tegniese bystand en motivering van werknemers
- neem korttermyn,roetine besluite
- voer instruksies deur die middelvlak bestuur uit
- bv. voorman en spanleiers
rolle van die topbestuur
- beplan die toekoms van die besigheid
- bestuur verandering in die sake-omgewing
-beplan die aktiwiteite van die besigheid
rolle van die middelvlak bestuur
- beheer die mense en prosesse in die besigheid
-gee inligting van topbestuur aan laevlakbestuur
-fokus op hoe die besigheid strategiese besluite gaan uitvoer
-verkry hulpbronne wat in hul departement benodig word