Gr 9 K4 Geskiedenis Flashcards

1
Q

Wat was ‘n deurslaggewende keerpunt in die Suid Afrikaanse geskiedenis in 1948?

A

Toe die Nasionale Party (NP) onder D.F Malan aan bewind gekom het.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Watter verklaring het die NP geïgnoreer toe hulle aan bewind gekom het?

A

Die Universele Verklaring van Menseregte.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Hoe het die NP die Universele Verklaring van Menseregte geïgnoreer?

A

Deur ‘n reeks rassistiese, diskriminerende wette te maak wat gemik was daarop dat Blankes sosiaal, ekonomies en polities met Swartmense, Indiërs en ‘Kleurlinge’ mag meng.

Hierdie beleid staan bekend as “Apartheid”

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Vir hoe lank het “Apartheid” die Suid-Afrikaanse regering se wette bepaal?

A

Vanaf 1948-1990

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Hoe is die Verenige Nasies (VN) tot stand gebring?

A

WO2 was die mees vernietigende oorlog in die moderne geskiedenis. Burgerlikes is mishandel en die regte en waardigheid van so baie mense is ontken. Rasse-haat en die mishandeling van mense se basiese regte is gedemonstreer in die Holocaust waar oor die 6 miljoen Jode doodgemaak is.

Aan die einde van WO2 is ‘n internationale liggaam gestig wat wêreldvrede moes nastreef en handhaaf, sowel as veiligheid en sekuriteit. Hierdie liggaam is die Verenigde Nasies (VN) genoem.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Wat was die doelwitte van die VN?

A

Om wêreldvrede te verseker, ekonomiese en sosiale ontwikkeling te bevorder en om basiese menseregte te beskerm

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Hoe het die Universele Verklaring van Menseregte tot stand gekom?

A

Onsder leiding van Eleanor Roosevelt, het die VN ‘n komitee opgestel om vas te stel wat as menseregte geklassifiseer moet word. Hulle het ‘n dokument opgestel met 30 menseregte op wat toe bekend gestaan het as die “Universele Verklaring van Menseregte”

Hierdie dokument is in 1948 deur die VN aanvaar, maar dit kon nie deur wet afgedwing word nie en lande het die keuse gehad om dit te teken of nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Watter 3 lande het nie die Universele Verklaring van Menseregte onderteken nie?

A

Saudia Arabië, Suid-Afrika en die USSR.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Wat is rassisme?

A
  1. Wanneer jy glo dat iemand se persoonlikheid, vermoëns, karakter bepaal word deur hul ras (velkleur)
  2. Rassisme is wanneer jy iemand as randfiguur hanteer as gevolg van hul ras.
  3. Rassisme is wanneer jy bevoordeel of diskrimineer teen iemand oor die persoon se ras.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Verduidelik die mite van ras.

A

Die mens bestaan nie uit verskillende rasse soos daar deur generasies oorgedra is nie - dis onwaar. Die menslike genoomprojek het bewys dat daar slegs een menslike ras is - homosapiens.

Ons lyk aan die buitekant verskillend a.g.v. die impak van die omgewing waar jy vir eeue leef. Ons verskil in kultuur, gebruike, nasionaliteit en etnisiteit, maar ons is almal een ras - die mens.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Hoe het Godsdiens en ras ‘n rol gespeel in die NP se ideologie?

A

Die NP het geglo in ‘n Nasionale-Christelike ideologie. M.a.w. die Bybel is gebruik om die rassisme van Apartheid te regverdig en volhou. Kerke wat Apartheid ondersteun het, het sekere stories uit die Bybel gebruik om hierdie boodskap te beaam omdat hulle geglo dat mense se kulturele, etniese en taal diversiteit sy oorsprong in die Bybelse tyd het.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Verduidelik wat ‘Gam se vloek’ is.

A

Gam, Noag se seun, is die Pa van Kanaän. Noag het ‘n vloek oor Kanaän en sy nasate uitgespreek oor iets wat Gam gedoen het. Volgens hierdie vloek is Gam en sy nasate verdoem om verewig dienaars te wees. Die NP en sekere kerke het die swart mense se donker vel as teken van hierdie vloek gesien.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Hoe het die storie van die Toring van Babel in die Bybel ook kerke gehelp om rassisme aan te blaas?

A

Volgens hierdie storie het die Here die mense van die stad Babel gestraf deur hulle almal verskillende tale te laat praat. Die kerk het sy lede geleer dat hierdie storie bewyse is dat God verskillende mense en rasse geskape het en day Hy bedoel het vir hulle om van mekaar geskei of gesegregeer te wees.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Volgens die NP, wat was die 4 rasse wat daar was?

A

Blank, Kleurling, Indiër en Swartmense.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Wat was die NP se se redes vir segregasie en Apartheid?

A

Die NP het geglo dat elke groep sy eie kultuur het, maar dat Blankes die mees beskaafde groep was en dat hul belange beskerm moes word. Hulle het ook geglo dat die Blanke wat die sogenoemde ‘beter’ groep is wat moet heers oor die ander groepe - wat sogenaamd ‘swakker’ is.

Hule het geglo aan wit superioriteit en die minderwaardigheid van die ‘nie-blanke’. Swart mense, of Bantu’s soos hulle genoem is, is gesien as die minderwaardigste van al die nie-blanke rasse.

Apartheidswette is dus gemik daarop om Swart mense te segregeer, onderdruk en beheer.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Wat is die definisie van ‘segregasie’?

A

Segregasie: Die skeiding van mense op grond op hul ras en /of velkleur.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
17
Q

Hoekom het Suid-Afrika geweier om die Verklaring van Universele Menseregte te teken?

A

Segregasie is sedert 1948 in S.A toegepas. Dit is hoekom S.A. nie die verklaring wou teken nie. Die NP het wette ingestel om hierdie skeiding en bevoorregting te verseker.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
18
Q

Wat is Klein Apartheid?

A

Om rasse-groepe uit mekaar te hou (apart te hou)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
19
Q

Wat is Groot Apartheid?

A

Om politieke en ekonomiese mag in die hande van wit mense te plaas.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
20
Q

Wie was die 2 ‘argitekte’ van Apartheid?

A

D.F Malan (Leier van die NP) (Eerste Minister 1948-1954)

Hendrik Verwoerd (Minister van Bantu sake) (Eerste Minister 1958-1966)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
21
Q

Noem 7 Apartheidswette.

A
  1. Wet op verbod van gemengde huwelike
  2. Ontugwet
  3. Bevolkingsregistrasie-wet
  4. Paswet
  5. Groepsgebiede-wet
  6. Bantu-Onderwys-Wet
  7. Aparte Geriewe-Wet
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
22
Q

Hoe is “Klein Apartheid” bekragtig?

A

Deur verskeie diskriminerende wette wat elke aspek van mense se lewens beïnvloed het. Hierdie wette is gegrond op die idee van die rasse superioriteit van die blanke-minderheid, en die rasse minderwaardigheid van die nie-blanke-meerderheid.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
23
Q

Verduidelik wat die wet op verbod van gemengde huwelike was.

A

Onwettig vir mense van verskillende rasse om met mekar te trou.

24
Q

Verduidelik wat die ontugwet was.

A

Onwettig vir mense van verskillende rasse om fisiese / seksuele verhouding met mekaar te hê.

25
Q

Verduidelik wat die bevolkingsregistrasie-wet was.

A

By geboorte is elke Suid-Afrikaner geklassifiseer as blank, swart, kleurling of Indier. hierdie klassifikasie was gebruik om diskrimineerende wette toe te pas wat elke aspek van mense se lewens bepaal het.

26
Q

Verduidelik wat die paswet was.

A

Swartmense moes ‘n pas dra, (Dompas) , wat jou etnisiteit (Xhosa, Zule, Sotho ens) aangedui het. Dit het ook aangedui in watter area jy mag werk (Binne ‘Wit” SA).

Swartmense moet 24/7 hierdie passe dra. Dit het hul bewegingsvryheid van hul ontmeen. Indien hul nie die pas by hulle gehad het nie, is hulle gearresteer esn teruggestuur na hul tuisland of hulle het boetes gekry.

27
Q

Verduidelik wat die groepsgebiede-wet was.

A

Alle stedelike gebiede is gesegregeer - Sekere woonbuurte is uitgesit vir wit mense alleenlik. Ander is uitgesit vir Bruin, Swart en Indiërmense. Dit sou lei tot geforseerde verskuiwing van mense uit hul woongebiede na ander dele bv Distrik 6 in die Kaap en Sophikatown in Johannesburg.

28
Q

Verduidelik wat die Bantu-onderwys-wet was.

A

Onderwys was gesegregeer. Bantu-onderwys het seker gemaak dat swart kinders swak onderwys kry sodat hul gebruik kon word vir goedkoop hande-arbeid. Baie minder geld is aan swart onderwys spandeer: swak geriewe, tekort aan klaskamers, swak opgeleide onderwysedrs, beperkte kurrikulums.

29
Q

Verduidelik wat die aparte-geriewe-wet was.

A

Alle openbare geriewe was gesegregeerd bv. sitplekke, toilette, teaters, strande, restaurante, geboue, openbare vervoer. Dit was ‘n misdaad vir “nie-blankes” om die “wit” geriewe te gebruik. Dit was toegepas om kontak tussen rasse te elimineer. Die regering het die polisie (S.A.P.S) en die Suid-Afrikaanse Weermag gebruik om hierdie wette af te dwing. Enige een wat die wette verbreek het, is gestraf.

30
Q

Wanneer en hoekom is die ANC gestig?

A

Die ANC is al in 1912 in Bloemfontein gestig toe die regering van die Unie van Suid-Afrika:

  • Nie stemreg aan swart mense wou gee nie
  • Die Naturelle Grondwet bekragtig het (het alle swart mense van hulle grond onteien)
31
Q

Wat is Satyagraha?

A

Gandhi se konsep van satyagraha (“waarheidsmag”), wat vertaal kan word as “weg van die waarheid” of “navolging van die waarheid”, het heelwat demokratiese en anti-rassistiese aktiviste geïnspireer, insluitende Martin Luther King jr. en Nelson Mandela. Gandhi se lewenswaarhede het uit tradisionele Hindoe-oortuigings ontstaan, en sluit waarheid (satya) en vreedsaamheid (ahimsa) in.

32
Q

Hoe het die ANC van Gandhi se Satyagraha gebruik gemaak?

A

In die 1950’s was hulle die groep wat leiding geneem het in die protes teen Apartheid. Hierdie protes sou vreedsaam wees, en is gebasseer op Gandhi se Satyagraha.

33
Q

Wie was in die 1950’s die leier van die ANC?

A

Albert Luthuli.

Hy het voorgevat in die vreedsame verset teen apartheid en is in 1961 vereer met ‘n Nobelprys vir Vrede.

34
Q

Wat was die ANCYL?

A

Die jonger generasie leiers binne die ANC is die ANC Youth League (ANCYL-jeugliga) genoem. Hulle wou meer aggresief teenoor Apartheid opstaan, maar die ouer leiers soos Luthule het by vreedsame protes gehou.

35
Q

Wie was die belangrike figure wat die ANCYL se leierskap verteenwoordig het?

A
  1. Nelson Mandela
  2. Oliver Tambo
  3. Walter Sisulu
36
Q

Wat was die Plan Van Aksie van die ANC?

A

Hulle sou gebruik maak van vreedsame, massa-aksie metodes soos:

  • burgerlike ongehoorsaamheid
  • stakings
  • boikotte
  • betogings
  • wegbly-aksies
37
Q

Wat was die eerste massa-aksie wat die ANC aangehuts het?

A

Die versetveldtog / uitdagings-veldtog 1952

In 1952 was daar ‘n poging om massas burgerlike ongehoorsaamheid aan te moedig deur die verbreking van wette soos die Apate geriewe-wet en die Paswet. Protesteerders moes hierdie wette doelbewus en vreedsaam verbreek, skuldig pleit (nie die boete betaal nie) en tronkstraf kry. Die plan was om die tronke oorvol te maak en die regstelsel te oorweldig en sodoende oneffektief te maak. Die hoop was dat die regering gedwing sou wees om die apartheidswette af te skaf.

38
Q

Hoe het die NP regering gereageer op die versetveldtog / uitdagingsveldtog van 1952?

A

Die regering het vinnig reageer deur:

  • Die Kommunistiese Partye is verban deur die Wet op die Onderdrukking van Kommunisme
  • Verskeie ANC-leiers is ook verban (regering het geglo kommunisme inspireer die ANC in hul anti-Apartheidstryd)
  • Nuwe wette is ook gemaak wat die regering die mag gegee het om Noodtoestande af te kondig.
  • Luthuli is verban en van sy rol as hoofman geskrap
  • Nuwe ette wat strenger strawwe kon oplê vir mense wat die apartheidswette oortree het. Bv. die “whipping post act” (10-15 houe met ‘n rottang en 5 jaar tronkstraf vir klein oortredings)
39
Q

Wat was die gevolge van die versetveldtog / uitdagingsveldtog van 1952?

A
  • ANC ondersteuning groei - ook onder wit mense
  • Vestig die wêreld se aandag op SA - VN het Apartheid begin bespreek en kritiseer.
  • Eenheid onder al die groepe wat teen Apartheid staan
40
Q

Wat was die Vryheidsmanifes (Freedom Charter)?

A

In 1953 het ‘n ANC leier, ZK Matthews, ‘n voorstel gemaak dat ‘n nie-rassistiese kongres ‘n dokument moet opstel (deur alle groepe en rasse) wat kon dien as ‘n beleidsdokument vir ‘n Demokratiese Suid-Afrika. Hierdie groep mense is genoem “The Congress of the People”

Hulle het in 1955 in Kliptown, Johannesburg, bymekaar gekom met voorstelle van alle groepe en rasse. Die polisie het padblokkades opgerig om te keer dat hierdie byeenkoms plaasvind, maar die mense het dit reggekry om bymekaar te kom en die Vryheidsmanifes (Freedom Charter) is bespreek en aanvaar.

Dit sou die fondasie vorm vir die protes teen Apartheid en as riglyn dien vir ‘n toekomstige nie-rassige, demokratiese Suid-Afrika (Azanië). Hierdie dokument is ook as die amptelike beleid van die ANC aangeneem.

Die regering het hierdie dokument as “kommunisties” geklassifiseer.

41
Q

Noem 5 punte wat die Vryheidsmanifes vaslê vir ‘n Demokratiese Suid-Afrika?

A
  1. Nie-rassig
  2. Gelyke behandeling en gelyke geleenthede
  3. Geen diskriminasie nie
  4. Vryheid van spraak
  5. Suid-Afrika moet aan almal behoort wat daarin woon
42
Q

Wat was die NP regering se reaksie op die Vryheidsmanifes?

A

In Desember 1956 het die polisie 156 leiers van die ‘Congress of the People’ gearresteer vir hoogverraad (landsverraad). Die aanklag was dat die Vryheidsmanifes kommunisties is en dat die leiers die land wil omverwerp deur ‘n gewelddadige rewolusie.

43
Q

Wat was die uitspraak van die hoogverraad hofsaak van 1956?

A

Die hofsaak het 5 jaar geduur - een van die langste hofsake in Suid-Afrika se geskiedenis. Al die beskuldigdes is onskuldig bevind, want die staat kon nie bewys dat hulle geweld gebruik het om ‘n kommunistiese rewolusie uit te voer nie.

44
Q

Verduidelik wat aanloop gegee het tot die Vroue Optog van 1956, wie betrokke was en wat die uitkoms daarvan was.

* Paragraafvraag*

A

Voor hierdie optog, moes net swart mans pasboeke dra om te kon werk in ‘wit’ SA. In 1952 wou die regering hierdie paswet ook instel vir swart vroue.

Vroue regoor SA het hierdie stap verwerp. Twee vrouegroepe, FEDSAW (Federation of South African Women) en ANCWL (ANC Women’s League), het ‘n optog vir 9 Augustus 1956 beplan. Miljoene handtekeninge is regoor SA verkry vir ‘n petisie. Oor die 20 000 vroue het na die Unie gebou in Pretoria marsjeer om hierdie petisie aan die eerste minister, JG Strijdom, te oorhandig.

Die leiers van hierdie optog het die nie-rassigheid verteenwoordig. Die 4 leiers het die 4 groepe in SA verteenwoordig. Hulle as Lillian Ngoyi, Helen Joseph, Raheema Moosa en Sophie Williams.

JG Strijdom was nie daar om dit in ontvangs te neem nie. Albertina Sisulu het die vroue aangemoedig om vir 30 minute stil te staan. Daarna het hulle hul hunde gelig in die “solidariteits”-teken en “Nkosi Sekelel’iAfrika” gesing, asook die protes liedjie van Miriam Mkeba wat beteken “You strike the woman, you strike a rock”.

Die protesaksie was suksesvol aangesien die staat besluit het om vir die daaropvolgende tien jaar nie die paswette na swart vroue uit te brei nie. Die betekenis van hierdie dag is dat vroue ‘n belangrike deel van die protes teen Apartheid geraak het. Vroue sou nie deur wette stilgemaak word nie. Vandag herdenk SA jaarlikes 9 Augustus as Vrouedag.

45
Q

Wat was die oorsake van die Sharpeville-slagting van 1960?

A

IN 1958 breek ‘n groep “Africanists” (Afrikane) weg uit die ANC. Onder Robert Sobukwe vorm hul die Pan Africanist Congress (PAC). Sobukwe is geïnspireer deur Afrika lande wat onafhanklike lande na koloniale oorheersing geword het. Hulle is gekant teen die ANC se veelrassigheid want hulle het geglo dat swart mense moet swart mense se belange beskerm en slegs werk met Afrikane. Hul slagspreuk “Afrika vir Afrikane” weerspieël hierdie beleid. Aanvanklik was hulle ‘n klein groepie, maar Sobukwe het gepoog om die PAC in ‘n massa-organisasie te omskep wat toem sou verwerf.

In 1960 beplan die ANC en PAC om saam ‘n vreedsame verset-aksie teen die passtelsel te hou. Dit is geskeduleer vir 31 Maart en protesteerders sou vreedsaam by polisiestasies aanmeld om gearresteer te word. Hulle doel is om die regstelsel omver te werp en ekonomiese skade te veroorsaak om die regering te forseer om die Paswet te herroep. Die PAC kondig egter hul eie vervroegde optog aan wat op 21 Mart (10 dae vroeër) sou plaasvind. Sobukwe het gehoop dat die PAC die eer kon kry indien die paswette geskrap word.

46
Q

Wat was die verloop van gebeure op 21 Maart 1960?

A

‘n Skare van ongeveer 10 000 mense het by die Sharpeville polisiestasie byeengekom en hul passe voor die stasie, as ‘n teken van verset, verbrand. Die skare druk teen die draadheining en polisieversterkings word aangevra. By die hek word iemand omgestamp en die skare begin vorentoe beur. Sonder waarskuwing begin die polisie op die skare skiet. Selfs toe die skare begin vlug het hulle aanhou skiet. 69 mense is dood en ‘n verdere 178 is beseer. Aangesien 70% van die mense in die rug geskiet is, impliseer dit dat hulle besig was om weg te hardloop en nie ‘n bedreiging vir die polisie ingehou het nie.

Daar het ook protesaksies by Langa (Kaapstad) en ander polisiestasies plaasgevind, maar dit het ‘n kleiner impak gehad. Op 30 Maart 1960 het ‘n leerling, Philip Kgosana, ‘n vreedsame optog, in protes teen die gebeure by Sharpeville, na die Parlementsgebou gehou. Die polisie het 2 mense in Langa geskiet. Kgosana het die polisie by Caledon-Square stasie gevra om die protesteerders toe te laat om terug te keer Langa toe in ruil daarvoor dat die owerhede tot onderhandelings, om die paswet te skrap, instem. Die polisie belowe om ‘n ontmoeting met die minister te reël, maar toe hy opdaag vir die ontmoeting, het die polisue hom gearresteer en in die tronk gegooi.

47
Q

Wat was die gevolge van die gebeure op 21 Maart 1960?

A

Die leier van die ANC, Albert Luthule, roep ‘n dag van rou en wegbly-aksie uit wat tot landswye protes lei. Die leiers van die protes vra vir samesprekings met die regering om apartheid te stop, maar die regering weier. Die regering verban die PAC en ANC in 1960 en dit forseer die leiers van beide groepe om in ballingskap te gaan om te verhoed dat die regering meer van hulle arresteer. Daar is dus geen organisasies meer om vreedsame aksies uit te voer nie. Dit is tyd om te heroorweeg watter metodes hul gaan gebruik in die toekoms. Vreedsame verset word gestop, want hulle het dit vir 12 jaar probeer en die regering het net met strenger maatreëls en geweld gereageer. Beide besluit om die pad van militante, gewapende stryd aan te neem om die regering te dwing om Apartheid te stop. Die staan bekend as die “Gewapende Stryd” (Struggle)

48
Q

Wat is Umkhonto we Sizwe?

A

Die ANC stig sy eie militante vleuel, Umkhonto we Sizwe (Spear of the Nation / MK). Hulle teiken die regering se infrastruktuur om die regering te kry om met hulle te onderhandel. Oliver Tambo is na die buiteland toe gestuur om internasionale ondersteuning en bevondsing te kry en MK basisse in buurlande te vestig.

49
Q

Wat is POQO?

A

Die PAC stig ook sy eie militêre vleuel, Poqo (Staan Alleen). Hulle het geppog om ‘n massa rewolusie van swart mense te veroorsaak deur die gebruik van geweld. A.g.v.die verbanning van die ANC en PAC, die ballingskap van hul leiers en massa-arrestasies, is swartmense en die protesbewegings leierloos en organisasieloos gelaat in die 1960’s. Hulle bereik ‘n punt van aanvaarding van die situasie en dit sou vir 16 jaar aanhou.

50
Q

Wat was die regering se reaksie op Poqo en Umkhonto we Sizwe?

A

Die regering roep ‘n noodtoestand uit in baie gebiede en die weermag word in Townships gebruik om opstande te onderdruk. Die verbanning van die ANC en PAC het hulle ondergronds gedryf en gemilitariseer. As jy verdink word van samewerking met die ANC of MK, is jy in aanhouding gehou sonder n verhoor. Jy kon wettiglik tot 90 dae lank gevange gehou word sonder regsverteenwoordiging of kontak met die buitewêreld. Politieke gevangenes is gemartel en sommiges self vermoor (bv Steve Biko)

Robert Sobukwe is gevonnis tot 3 jaar tronkstraf of Robbeneiland. ‘n Nuwe wet, bekend as die “Sobukwe-Klousule” het die polisie die mag gegee om sy vrylating na elke jaar te hersien. Sodoende het die staat hom op die ou einde vir ‘n verdere 6 jaar in die tronk gehou. Albert Luthuli is ook gestraf. Hy is vir ‘n jaar tronk toe gestuur en het sy hoofmanskap verloor omdat hy sy pasboek openlik verbrand het.

51
Q

Wat was die wêreld se reaksie en effek op SA se ekonomie na afloop van die Sharpeville insidente?

A

Foto’s van die gebeure by Sharpeville is deur koerante versprei en dit het tot ‘n skokreaksie van die res van die wêreld gelei. Die VN het die Suid-Afrikaanse regering se aksies sterk veroordeel en sommige groot maatskappye het uit Suid-Afrika onttrek. Die prys van goud het skerp gedaal op die JSE aandelebeurs. Regerings, maatskappye en die VN het Suid-Afrika polities, ekonomies, kultureel en op sportgebied begin boikot.

52
Q

Van vreedsame tot gewapende protes (1960’s). Verduidelik wat die militêre vleuels (MK en Poqo) se optrede vorentoe was na die Sharpeville insidente?

* Langvraag*

A

MK en Poqo het begin met sabotasie-veldtogte en sabotasiedae is gepleeg. MK se veldtog was baie suksesvol. Hulle het slegs infrastruktuur geteiken en nie burgerlikes nie. Hulle het hul hoofkwartier op ‘n plaas in LilliesLeaf, buite Johannesburg, gemaak. Hier is die M-plan (mandela-plan), die naam wat hulle aan hul sabotasie-veldtog gegee het, beplan, teiekens geïdentifiseer en dokumente gestoor. Poqo se veldtog is nie so suksesvol nie, maar hulle het wel ‘n skrikbewind gevoer. Hulle het enige plek of mense geteiken.

In 1962 verlaat Mandela SA in geheim aangesien hy nie ‘n paspoort gehad het nie (die ANC is in 1960 verban). Hy het oorsee gereis om ondersteuning in die buiteland vir hul saak te verkry. Die ANC het fondse benodig vir die opleiding vir MK rekrute in Mosambiek, Angola, Zambie en Namibie. Met sy terugkeer hey hy na Natal gereis om vir Luthuli oor sy vordering in te lig. Hy is in Natal gearresteer op aanklag dat hy die land onwettig verlaat het en mense aangemoedig het om te staak.

Daar is besluit dat Oliver Tambo na Londen sou vlug. Hier sou hy vir die volgende 30 jaar die ondergrondse leier van die ANC wees en fokus daarop om ‘n internasionale anti-apartheidsbeweging oorsee te stig. Die ANC se internasionale hoofkwartier is in Dar Es Salaam (Tanzanie) gevestig. Op 11 Julie 1963 voer die polisie ‘n klopjag uit op die plaas in LilliesLeaf. Hulle konfiskeer die skriftelike bewyse van die “landsoorname deur middel van militêre oortrede” of hoogverraad.

(Die Rivonia-verhoor). As gevolg van die klopjag op LilliesLeaf in Rivonia het die regering die leiers van die MK aangekla van hoogverraad (landsverraad). Leiers soos Nelson Mandela, Walter Sisulu, Govan Mbeki en Joe Slovo kry lewenslange tronkstraf. Die protesbeweging is dus leierloos en organisasieloos binne Suid-Afrika, maar die stryd word steeds vanf die buiteland gevoer. Die ANC verkry finansiële en militêre hulp van die USSR (hulle verskaf geld, wapens en opleiding aan die MK soldate)

Die regering vergroot die polisiemag en , d.m.v. verpligte twee-jaar diensplig, word die weermag ook uitgebrei. Die regering ontwikkel KRYGKOR wat wapens ontwerp en maak vir die Suid-Afrikaanse weermag, lugmag en vloot.

Teen die einde van die 1960’s was die regering in totale beheer en die protesbeweging is effektied ‘stil gemaak’. Hul leiers was in die tronk, hul organisasies is verban en die regering het voorgehou om intense onderdrukking toe te pas op enige individue of groepe wat Apartheid teengestaan het. Hierdie ‘stilte’ teen Apartheid sou eers in die laat 1970’s verbreek word.

53
Q

Wat was die oorsake van die 1976 Soweto opstande?

A

Die swartbewussynsbeweging van Steve Biko inspireer jong swartmense om trots te wees op die feit dat hulle swart is. Hy hits hulle aan om vir hulle regte op te staan deur slagspreuke soos ‘Black is Beautiful” te gebruik. Biko was ‘n mediese student aan die Universiteit van Natal en het daar gepolitiseer geword. Hy het weggebreek van die veelrassige studente-unie, NUSAS, en sy eie studentevakbond, die South African Students Organisation (SASO) in 1968 gestig. Hy het sy eie politieke filosofie, Swartbewussyn (Black Consciousness) ontwikkel en alle organisasies wat deur Biko gestig, gelei of geinspireer is, het hierdie filosofie aangehang. Veral die jeug het aanklank by Swartbewussyn gevind. Hulle is deur Biko aangemoedig om in die skool te bly en deur onderrig hulself te bemagtig om Apartheid meer effektief te beveg as die ANC en PAC. Biko het ‘n vreedsame, nie-gewelddadige aanslag gehad, teenstrydig met die gewapende stryd van die ANC en PAC. SASO-lede het onderwysers geword in Soweto, en hulle het die filosofie van Swartbewussyn aan skoolkinders geleer. Dit het gelei tot die stigting van die South African Students Movement (SASM). ‘n Vakbond vir skoolgaande kinders. Hierdie leerders het gepolitiseer geword en besluit om teen die onregverdige Apartheikdsonderwyssisteem, Bantu onderwys, te protesteer.

Bantu-Onderwys was ‘n swak stelsel wat daarop gemik was om swart mense voor te berei as huishulpe, en vir werk in fabrieke, op plase en in myne. Swak gewalifiseerde onderwysers in aangestel in swart skole en die regering se klein begroting vir Bantu-onderwys het swart kinders se akademie benadeel. Die leerders se kurrikulum was swak en beperk, die uitsaksyfer was hoog en resultate swak. Dit het die NP se opinie oor swart mense se minderwaardigheid aan blankes beaam en versterk. Die leerders, gepolitiseer deur SASM, het besluit om hulself te organiseer om op te tree teen die minderwaardige onderwyssisteem. Hierdie leerders, wat in armoede in oorbevolkte lokasies gewoon het, het nie net ‘n beter onderwys-stelsel gesoek nie, maar wou veg vir demokrasie en gelykheid. Hul ouers het Apartheid nie meer teengestaan nie as gevolg van die regering se genadelose vervolging van die ANC en PAC.

Die direkte oorsaak van due Soweto-opstande is die nuwe taalbeleid wat die regering in 1975 aangekondig het. Volgens die Afrikaans medium-dektreet van 1975 moet swart kinders nou hul onderrig in Engels en Afrikaans op ‘n 50-50 basis ontvang. Wetenskap, Biologie en Skeinat sou in Engels onderrig word, terwyl Wiskunde, Geskiedenis en Ekonomie in Afrikaans onderrig sou word. Slegs Godsdiensstudies en LO sou in hul moedertaal onderrig word. Die meeste onderwysers en kinders het nie Afrikaans goed genoeg geken nie en hulle het dit as die taal van die onderdrukker (NP) gesien. Onderwysers by sommige skole het gestaak, terwyl ander skole die Junie-eksamen geboikot het. Teen Mei 1976 het leeraktiwiteite in Soweto tot stilstand gekom. Desmond Tutu en besogde ministers het die regering gewaarsku dat die situasie tot opstande en onluste kon lei, maar niks is gedoen nie. SASM leerders het die Soweto-SR gevorm om die leerders se griewe aan te spreek. ‘n Vreedsame mars in Soweto is vir 16 Julie gereël.

54
Q

Wat het gebeur op 16 Junie 1976?

A

Die Soweto-SR het ‘n geheime ontmoeting van hoerskool leerders, almal lede van SASM gehou. ‘n Optog deur Soweto se Vilakazi-straat na die Orlando-stadion, is in die geheim beplan en inligting is versprei onder onderwysers, leerders en ouers. Op 16 Junie kom die leerders van 12 verskillende skole bymekaar. Hulle het plakkate uitgedeel met slagspreuke soos “ WEg met Afrikaans” (to hell with Afrikaans) op. Die leerders het in hul massas begin marsjeer en het ‘n singende en dansende skare gevorm.

Die polisie raak bewus van die optog en rig versperrings op. Hulle konfronteer die leerders en beveel hulle aan om te verdaag. Die skare is te groot en die leerders kan nie die bevele hoor nie. Leerders reageer deur die polisie met klippe te bestook. Toe ‘n polisiehond gestenig is, het die polisie losgebrand met traangas en op die skare begin skiet. Die eerste kind wat noodlottig getref is, is die 12 jarige Hector Peterson. Die ikoniese foto van Mbuyisa Makhubo, wat die dooie Hector in sy arms dra, met sy suster, Antoinette Sithole, wat hulend langs hom loop, het internasionmale roem bereik.

Leerders en ander inwoners brand regeringsgeboue, veral skole af. Soweto word ‘n oorlogsone en die polisie moet versterkings inkry om wet en orde te probeer herstel. Twee onskuldige blankes is in die oproerigheid doodgemaak. Onrus versprei na ander gebiede en townships in Suid-Afrika en botsings en onluste vererger. Mbuyisa Makhubo vlug uit die land uit en is nooit weer van gehoor nie.

55
Q

Wat was die gevolge van die Soweto-opstande in 1976?

A

Die Soweto-opstande word as keerpunt in Suid-Afrika se geskiedenis gesien. Die wêreld verdroot die druk op Suid-Afrika en verset teen apartheid verskerp in die 1980’s. Hierdie verskerpte internationale verset het eers in 1990 tot ‘n einde gekom met die aankondiging dat apartheid dtop gesit gaan word.

Swart skole het gesluit en leerders het ‘n jaar van onderrig verloor. Betogings het duer die hele land plaasgevind en baie mense is dood of gewond. Geweld in die townships het toegeneem. Skole, geboue en motors is aan die brand gesteek. Swart leerders het die land verlaat en MK aangesluit en is as soldate opgelei. Die gepolitiseerde leerders het nou vyheidsvegters geword.

Duisende mense, insluitend Sam Nzima (die fotograaf wat die foto van Hector Petersen geneem het), is gearresteer. Tsietsi Mashinini, die leier van SASM, en ander lede van die Soweto-SR, is ook deur die polisie aangehou. Steve Biko, wat deur die regering geag is as die ware dryfkrag agter die Soweto-opstande, is gearresteer en is in polisie-aanhouding dood geslaan. Die polisie het beweer hy is dood as gevolg van ‘n hongerstaking. Spioene van die regering infiltreer die Swartbewussynbeweging en die ANC en vind alle toekomsplanne uit en onderdruk dit. Die regering verban alle Swartbewussynorganisasies, maar verander wel sy taalbeleid. Afrikaans is nie in skole afgedwing nie. Suid Afrika vier elke jaar Jeugdag op 16 Junie ter herdenking van die kinders wat hul lewens opgeoffer het in die styd vir demokrasie en vryheid vir alle Suid-Afrikaners.

As gevolg van die sanksies teen Suid-Afrika, verswak die Suid-Afrikaanse ekonomie. Tydens die resessie het die rand se waarde verminder, goudaandele het geval en groot maatskappye soos Pepsi, IBM, General Motors, Mobil, General Electric en Kodak het hul maatskappye uit Suid-Afrika onttrek. Die VN het sy lede aangemoedig om kulturele en sportboikotte teen Suid-Afrika in te stel. Afrika-en Asië lande het ‘n drukgroep binne die VN gevorm met die doel om Suid-Afrika heeltemal te isoleer. Die Soweto-opstande word gesien as “die begin van die einde van apartheid”