Gr 9 K4 Flashcards

1
Q

Noem ‘n paar voorbeelde van natuurlike hulpbronne.

A
  • Minerale soos goud, ystererts en steenkool
  • Grond
  • Plantegroei
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Noem ‘n paar voorbeelde van menslike en ekonomiese hulpbronne.

A
  • Mense en hul vaardighede
  • Masjienerie
  • Kapitaal
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Verduidelik wat nie-hernubaar beteken.

A

Dit is hulpbronne wat beperkte gebruik het en as ons dit nie spaarsamig gebruik nie sal dit uiteindelik opraak.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Verduidelik wat hernubaar beteken.

A

Dit is hulpbronne wat deurlopend beskikbaar is sonder einde, tensy dit op ‘n onvolhoubare wyse gebruik word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Noem ‘n paar voorbeelde van nie-hernubare hulpbronne wat kan opraak.

A
  • Olie
  • Ystererts, goud en ander minerale
  • Kernkrag
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Noem ‘n paar voorbeelde van hernubare hulpbronne wat kan opraak.

A
  • Woude, water, diere, plante
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Verduidelik waarom natuurlike hulpbronne belangrik is vir lewe.

A

Alle lewende organismes is afhanklik van natuurlike hulpbronne soos grond en water. Alle produkte wat ons het en gebruik om aan die lewe te bly is vervaardig m.b.v. of met natuurlike hulpbronne self. Hierdie vervaardiging van hulpbronne in die moderne wêreld met ‘n enorme bevolking lei daartoe dat ons hulpbronne op ‘n onvolhoubare wyse gebruik.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Wat is die effek van onverstandige gebruik van hulpbronne?

A

Mense het hernubare en nie-hernubare hulpbronne nodig om aan hul behoeftes en begeertes te voldoen. In sommige gevalle word hierdie hulpbronne teen so ‘n tempo gebruik dat hernubare hulpbronne verander in nie-hernubare hulpbronne. Voorbeelde hiervan is die gebruik van water en grond en die besoedeling daarvan.

Hierdie 2 natuurlike hulpbronne word deur natuurlike prosesse herwin vir hergebruik, maar die hoeveelhede wat ons gebruik en besoedel veroorsaak dat hierdie natuurlike prosesse nie effektief kan plaasvind nie en die hulpbronne gaan dan verlore.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Noem ‘n paar voorbeelde van onverstandige gebruik van hulpbronne.

A
  1. Deelgebruik
  2. Oorbeweiding
  3. Oorbenutting van visbronne in oseane
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Verduidelik wat deelgebruik is in terme van onverstandige gebruik van hulpbronne.

A

Boere wat weiding deel (deelgebruik) koop gewoonlik soveel as moontlik diere
aan en almal laat dan hul diere op dieselfde grond wei. In gevalle soos die oorskry die hoeveelheid diere die drakrag van die grond en lei uiteindelik daartoe dat die grond onvrugbaar raak. Elke boer beweer dit is nie sy diere wat die grond oorbenut nie, maar die boer langsaan en doen niks om die probleem op te los nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Verduidelik wat oorbeweiding is in terme van onverstandige gebruik van hulpbronne.

A

Oorbeweiding vind plaas wanneer plante nie tyd toegelaat word om te herstel nie. Dit kan veroorsaak word deur vee in swakbestuurde landbougebiede of deur wilde diere. Oorbeweiding verminder die bruikbaarheid en produktiwiteit van grond en is die oorsaak van verwoestyning en erosie. Sodra oorbeweiding begin, is dit moeilik om te stop. Om hul opbrengs te verhoog moet boere die getal vee verhoog wat net die probleem van oorbeweiding verhoog. Dit lei tot meer gronderosie en nog laer produktiwiteit. Gevolglik ontstaan ‘n bose kringloop.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Verduidelik wat oorbenutting van visbronned in oseane is in terme van onverstandige gebruik van hulpbronne.

A

Vismaatskappye vang tot drie keer meer vis as wat die oseane kan hanteer. Die skaal waarop vis gevang word beteken dat vier planete so groot soos die aarde benodig word. Oormatige gebuik van vis het die totale uitwissing van sommige visspesies veroorsaak. Te veel volwasse visse word gevang en nie genoeg bly agter om weer die getalle aan te vul nie. Viskwotas en internationale verdrae poog om spesies en die hoeveelheid wat gevang word te beheer. Dit is baie belangrik om vis in ons oseane volhoubaar te gebruik omdat dit ‘n baie groot persentasie van die wêreldbevolking voed.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Noem 3 maniere om die volhoubare gebruik van ons hulpbronne te help.

A
  1. Ontwikkeling moet tot voordeel van alle mense wees sonder om die aarde se hulpbronne te beskadig.
  2. Ontwikkeling moet die lewensgehalte van mense verbeter deur die beskikbare bronne op ‘n volhoubare wyse te gebruik.
  3. Ontwikkeling moet in die behoefte van die huidige generasie voorsien sonder om die toekomstige generasies te benadeel.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Noem 2 maniere hoe hulpbronne volhoubaar gemaak kan word.

A
  1. Volhoubare visvangpraktyk
  2. Volhoubare boerderypraktyk
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Verduidelik hoe volhoubare visvangpraktyke sal help om hulpbronne meer volhoubaar te maak.

A

Die tragedie van deelgebruik is waarskynlik die ergste in die oseane omdat dit amper onmoontlik is om te monitor wie die oseane van vis beroof.

Moontlike maniere om volhoubare visvang in te stel, sluit die volgende in:

  • Visvangkwotas: Bepaal hoeveel van ‘n spesie wettig gevang moet word.
  • Verbod: Verbied die vangs van spesies in hul broeiseisoen.
  • Staking van subsidies: Stop subsidies wat aan diepseevisserye betaal word.
  • Verbruikers bewustheid: Skep bewustheid onder publiek oor volhoubare visvangpraktyk en lig nadele van oorbevissing uit.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Verduidelik hoe volhoubare boerderypraktyke sal help om hulpbronne meer volhoubaar te maak.

A

Deelgebruik en oorbeweiding veroorsaak verwoestyning wat beteken dat die vrugbaarheid van grond verlore gaan. Omdat die hoeveelheid beskikbare, vrugbare grond op aarde beperk is moet dit goed bestuur word om voedselsekuriteit te bewerkstellig. Die volgende 3 punte is maniere om dit reg te kry:

  1. Braaklê: Boere moet aangemoedig word om landerye kans te gee om te herstel na ‘n oes van die land afgehaal is deur dit vir ‘n seisoen te laat braak lê (oop te los)
  2. Wisselbou: Roteer die tipes gewasse wat geplant word op die verskillende stukke grond en maak gebruik van plante soos rape elke tweede plantseisoen om grond te laat herstel.
  3. Kamp verdeling: Grond wat gebruik word vir weiding moet in kampe verdeel word om te verseker dat dele wat voorheen gebruik was vir weiding kans kry om te herstel.
17
Q

Wat is SASSI?

A

SASSI is ‘n organisasie wat in 2004 op die been gebring is om deelnemers aan die seekosbedryf, van groothandelaars tot restauranteienaars, in te lig en op te voed. SASSI het ‘n kaart saamgestel om aan visverbruikers aan te toon watter visspesies bedreig is. Jy word aangemoedig om vis te kooop en verkoop wat op die groen lys is, versigtig te wees wanneer vis op die oranje lys gekies word en glad nie vis op die rooi lys te gebruik nie.

18
Q

Wat is SASSI se drie hoofdoelwitte?

A
  1. Bevorder vrywillige voldoening aan die wet.
  2. Beweeg die vraag weg van bedreigde spesies af.
  3. Maak mense bewus van marienebewaringskwessies.
19
Q

Wat is ‘n koolstofvoetspoor? (Carbon Footprint)

A

‘n Koolstofvoetspoor is ‘n manier om te bepaal tot watter mate menslike aktiwiteite die omgewing raak, deur die hoeveelheid kweekhuisgasse wat geproduseer word, te meet. Dit word gemeet in eenhede van koolsuurgas (CO2)

20
Q

Noem 5 maniere om jou koolstofvoetspoor kleiner te maak?

A
  1. Skakel elektroniese toestelle af wanneer dit nie gebruik word nie.
  2. Wanneer water gekook word, kook net genoeg en nie meer as wat nodig is nie.
  3. Maak gebruik van groener vervoermiddele soos fietse om kort afstande te reis.
  4. Hang wasgoed uit in plaas daarvan om ‘n tuimeldroeër te gebruik.
  5. Ruil gloeilampe in die huis met energiebesparende gloeilampe.
21
Q

Noem 4 maniere vir besighede om hulle koolstofvoetspoor te verminder.

A
  1. Beperk die gebruik van papier
  2. Bewerkstellig herwinningsprogramme
  3. Maak gebruik van omgewingsvriendelike skoonmaakmiddels.
  4. Verlaag elektrisiteitsgebruik deur ligte in die aand af te sit.
22
Q

Wat kan die regering doen om volhoubare hulpbrongebruik aan te moedig?

A
  1. Skep bewustheid oor die belangrikheid van hulpbronne
  2. Moedig groot maatskappye aan om ‘groener’ te funksioneer deur subsidies as beloning aan te bied.
  3. Beboet maatskappye wat oormatige hulpbronne gebruik.
  4. Skep herwinningsprogramme.
23
Q

Verduidelik die konsep van voedselsekuriteit.

A

Voedselsekuriteit bestaan wanneer alle mense ten alle tye toegang, fiesies en ekonomies, tot voldoende, veilige en voedsame voedsel het om ‘n gesonde en aktiewe lewe te kan lei.

24
Q

Wat is die 3 pilare waarop voedselsekuriteit steun.

A
  1. Beskikbaarheid
  2. Toegang
  3. Gebruik
25
Q

Wat is die huidige situasie in die wêreld ten opsigte van voedselsekuriteit?

A

850 miljoen mense ly wêreldwyd kronies honger. Die rede daarvoor is nie dat te min kos geproduseer word nie, maar dat die verspreiding daarvan onvoldoende is. Afrika is die kontinent in die wêreld wat die ergste deur hongersnood geraak word - veral die lande suid van die Sahara.

26
Q

Gee 3 maniere hoe die nasionale skoolvoedingsprogram gemik is op beter gehalte opvoeding?

A
  1. Kinders se aktiewe leerkapasiteit te bevorder
  2. Korttermyn honger te verlig
  3. Kinders aan te spoor om gereeld skool by te woon
27
Q

Wat is genetiese modifisering?

A

Genetiese modifisering is die verandering van die genetiese samestelling van ‘n organisme vir ‘n spesifieke doel. Dit word gewoonlik gedoen om voedingswaarde of opbrengs te verhoog.

28
Q

Noem 7 voordele van genetesiese gemodifiseerde gewasse.

A
  • Gebruik minder water
  • Kan self effektief wees in swak landbougrond
  • Kan meer as 1 oes per seisoen handhaaf
  • Bestand teen plae/ siektes
  • Spaar woude omdat minder grond benodig word
  • Bekamp wêreldhonger
  • Boere verdien meer geld
29
Q

Noem 5 nadele van genetesiese gemodifiseerde gewasse.

A
  • Besoedel water a.g.v. gifstowwe wat gebruik word
  • Kan aanvanklik duur wees
  • Slegs sekere spuitstof werk
  • Veroorsaak moontlike newe-effekte
  • Ongetoetsde kos word soms as noodvoedsel gebruik
30
Q

Wat is biotegnologie?

A

Biotegnologie is die modifikasie van lewende organismes om produksie te verhoog. Biotegnologie sluit die kweek van plante, teel van diere en die genetiese modifikasie van gewasse in, ook bekend as genetiese manipulasie.

31
Q

Wat is die 2 hooftipes biotegnologie?

A
  1. Neem ‘n bestaande plant en voeg die eienskappe van ‘n ander plant by om dit te verbeter.
  2. Neem eienskappe van verskillende plante en voeg dit saam om ‘n nuwe hibriedplant te vorm.
32
Q

Noem 7 voorbeelde van water besparing as deel van die effektiewe bestuur van landelike hulpbronne.

A
  1. Bou keerwalle/ klipmuurtjies om die speod van water te keer.
  2. Plant gras teen walle om water stadig te laat insak.
  3. Bou ‘n opgaardam teen die koppies om water op te vang.
  4. Plaas tenks op huise se dakke om reënwater op te vang.
  5. Bou damme vir visse.
  6. Plant vrugtebome om ondergrondse water te benut.
  7. Plaas rotse onder in reservoir om water stadig te laat wegsak.
33
Q

Noem 3 voorbeelde van grond bewaring as deel van die effektiewe bestuur van landelike hulpbronne.

A
  1. Plant gras teen muurtjies om bogrond vas te hou.
  2. Plant gewasse in verskillende rye om plae te beheer.
  3. Gebruik eie vee se mis vir bemesting.