Geskiedenis - Kwartaal 3 - Graad 4 Flashcards
Boggel
‘n Groot knop op ‘n kameel se rug.
Woestyn
‘n Groot area met sanderige grond waar dit baie warm is en waar baie min plante of bome groei.
Wilde
Nie mak nie; Kan gevaarlik vir mense wees.
Oerwoud
Baie digte woud.
Voertuig
Iets wat goedere of mense vervoer.
As
Die lang staaf waaraan wiele draai.
Karretjie
‘n Voertuig wat twee wiele het en deur diere getrek word.
Wa
‘n Toeganklike voertuig met vier wiele waarmee goedere vervoer word.
Os
‘n Groot, mak dier.
Koets
‘n Voertuig met vier wiele wat deur perde getrek word
Inspan
Rieme word aan die dier gesit en dan aan ‘n karretjie vasgemaak sodat die dier die karretjie kan trek.
Leisels
Lang rieme waarmee ‘n dier beheer word.
Onderskrif
Die woorde wat onder ‘n prentjie of foto geskryf word.
Tandemfiets
‘n Fiets met twee sitplekke en twee stelle pedale.
Ontdek
Maak iets wat niemand voorheen gemaak het nie.
Nuuskurig
Gretig om te leer en meer uit te vind.
Lokomotief
‘n Voertuig met wiele en ‘n enjin wat die treine op ‘n spoorlyn trek.
Uitlaatgasse
Rook wat uit motors se uitlaatpype kom.
Lugbesoedeling
Maak die lug vuil.
Omgewing
Dit is die grond om ons.
Stede
Nedersettings wat groter as dorpe is.
Vaartuig
‘n Drywende boot of skip vir vervoer oor die water.
Klipper
‘n Skip wat baie vinnig lan seil.
Skip met hoë maste
Seilskip wat hoë, groot seile het.