Erfreg Flashcards
Watter persone val in die 1ste, 2de en 3de parenteel?
1ste : Vrou, kinders en kleinkinders (Reël 1-3)
2de : Ouers, broers en susters
3de : Oupa en ouma
Wie tel as ń staak?
Oorlewende kind van die erflater of ń vooroorlede kind wat afstammelinge het.
Kindsdeel se berekening?
Geldwaarde van boedel / getal stake + 1
Beskryf Reël 1 van intestate erfreg.
Gade met geen afstammelinge.
Gade erf hele boedel.
Binne gemeenskap van goedere : boedel word verdeel tussen wat gade kry en erf.
Buite gemeenskap van goedere met aanwas : gade kry aanwas en erf oorblywende boedel.
Buite gemeenskap van goeder sonder aanwas : gade erf alles.
Beskryf Reël 2 van intestate erfreg.
Geen gade, slegs afstammelinge.
Aftammelinge erf staakgewys en deur representasie.
(Aangenome en buite-egtelike kinders is wettige afstammelinge)
Beskryf Reël 3 van intestate erfreg.
Gade en afstammelinge.
Gade erf grootste van 125000 of kindsdeel.
Afstammelinge erf restant.
Uitsondering by reël 3 : geen representasie indien repudieër.
Beskryf Reël 4 van intestate erfreg.
Geen Gade of afstemmelinge. Beide ouers leef.
Ouers erf in gelyke dele.
Watter dokumente moet ingedien word by die meester van die hooggeregshof om ń boedel aan te meld?
1) Sterfkennis
2) Inventaris
3) Oorspronklike testament
4) Aanneming van eksekuteurskap
5) Afskrif van eksekuteur se ID
6) Oorledene se doodsertifikaat
7) Afskrif van oorledene se ID
8) Naasbestaande eedsverklaring
Beskryf Reël 5 van intestate erfreg.
Geen gade of afstammeling. Een ouer oorleef en oorlede ouer het afstammelinge.
Oolewende ouer erf helfte van boedel.
Oorlede ouers se afstammelinge erf restant staaksgewys deur representasie.
Beskryf Reël 6 van intestate erfreg.
Geen gade of afstammelinge. Een oorlewende ouer. Oorledene ouer het geen afstammelinge.
Oorlewende ouer erf alles.
Beskryf Reël 7 van intestate erfreg.
Geen gade of afstammelinge. Geen ouers. Ouers het afstammelinge.
Boedel verdeel in bepaalde verhouding.
7(A) Halfbloedsyverwante aan beide kante.
Afstammelinge aan beide kante erf helftes.
7(B) Net volbloedsyverwante
Boedel verdeel in 2. Erf deur beide ouers.
7(C) Vol en Halfbloedsyverwante
Volbloed erf deur albei ouers terwyl halfbloed slegs deur een ouer erf.
7(D) Net halfbloedsyverwante
Hele boedel staaksgewys.
Beskryf Reël 8 van intestate erfreg.
Geen gade, afstammelinge, ouers en geen afstammelinge van ouers.
Naaste bloedverwant erf hoofdelik tot uitsluiting van ander.
Beskryf die proses indien geen bevoegde erfgenaam bestaan.
Stort boedel by meester in voogdyfonds. Na 30 jaar word geld aan staat verbeur.
Beskryf ń testament.
Geskrewe dokument.
Eensydige regshandeling.
Ooreenkomstig regsvoorskrifte.
Bepaal wat gebeur met boedel na dood.
Wat is ń kodisil?
Toevoeging/aanhangsel by bestaande testament.
Moet aan bepalings van wet voldoen