Energie Flashcards
Wat benodig energie om te lewe?
Lewende organismes
Van waar verkry ons energie?
Van die voedsel wat ons eet
(PART 1/2) Noem 2 ernstige probleme in ons hedendaagse samelwing…
Oorgewig
Ondervoeding
(PART 2/2) Hoe kan ons die voorgenoemde probleme help?
Mense moet ingelig wees oor die voedingswaarde van voedsel.
Waar vind Respirasie plaas?
In die selle van lewende organismes
Wat verskaf respirasie aan ons liggaam?
Energie
Hoe vervaardig groen plante voedsel?
D.m.v. fotosintese vervaardig
Wat gebruik plante om fotosintese moontlik te maak?
Water
Koolstofdioksied
Energie afkomstig van die son
Wat het die volgende nodig om te funksioneer: Proteïne Koolhidrate Vette Mineralesoute Vitamiene Water?
Mense en diere
Wat absorbeer voedingstowwe in ons liggaam?
Die dunderm
As wat word ‘n oormate voedingstowwe gestoor in ons liggaam?
Vet of koolhidrate
Wat beteken dit om goeie gesondheid in staat te hou?
Jy moet reg eet en ‘n gesonde lewenswyse hê
Wat word vrygestel as suurstof en voedingstowwwr reageer?
Energie
Van wat benodig organismes in ‘n ekosisteem energie?
Ander dele van die ekosisteem
Wat benodig ons as ons iets wil laat gebeur?
Energie
Van waar kom energie?
Verskillende bronne, maar oorspronklik kom alle energie van die son
Wat is herwinbare (onbeperkte) energiebronne?
Dit is bronne wat kan vervang word as dit nie te vinnig opgebruik word nie
Wat is nie-herwinbare energiebronne?
Dit is beperkte bronne, meeste bronne waarop die wêreld die meeste staat maak is nie-herwinbare bronne
Gee voorbeelde van energiebronne waarop die wêreld die meeste staat maak…
Olie
Petrol
Paraffien
Wat kan energie stoor [1]en as wat kan dit gestoor word[2]?
[1] Molekules
Atome
[2] Potensiële enrgie
Wat gebeur as molekules an atome met mekaar reageer?
Energie word vrygestel
As wat kan energie brygestel word?
Kinetiese (Bewegings) Energei
Wat veroorsaak energieoordrag in sisteme en die omgewing?
Veranderinge
Gee 5 voorbeelde van sisteme wat energie stoor…
[Enige 5]
Elektriese-, Meganiese-, Chemiese-, Grabitasie-, Kernkrag-, Sonlig-, Optiese-, Klank-, Hitte sisteme, Liggaam en Ekosisteem
Gee 3 voorbeelde van herwinbare energiebronne…
Wind
Water
Son
Gee 3 voorbeelde van nie-herwinbare energiebronne…
Olie
Steenkool
Gas
Van waar word die elektrisisteit vir jou huis vervoer?
Van ‘n kragstasie ver van jou huis, van daar d.m.v. ‘n transformator in die straat naby jou huis, tot waar jy dit gebruik
Watse proses gaan brandstowwe in kragstasies? En watse stowwe is dit gewoonlik?
‘n Verbrandingsproses
Olie en Steenkool
Hoe is elekrisiteit opgewek?
Brandstowwe is in ‘n groot oond (hoogoond) wat water pype bevat verbrand. Die water in die pype kook en verander in stoom. Die stoom veroorsaak druk, dit maak die lemme van die turbine draai as die stoom daardeur geblaas word. Meeste kragstasies het turbines aangedryf deur stoom. Die turbine se lemme draai soos ‘n waaier en veroorsaak dat die kragopwekker aangedryf word
Hoeveel Volt sal ‘n kragopwekker in ‘n kragstasie opwek?
+/- 25 000V
Van wat maak hidro-elektriese kragstasies gebruik om turbines te dryf?
Vallende water
Van waar is hidro-elektriese kragstasies se water afkomstig?
Mere en riviere
Wat maak hidro-elektriese kragstasies anders as ander kragstasies?
Hulle produseer nie skadelike afvalstowwe
Wat vloei deur kragdrade van die kragstasie af?
Elektrisiteit
Verduidelik hoe die elektrisiteit in kabels vervoer word…
Die kables word hoog bo die grond gehou deur sterk staal torings of maste, keramiek-insolators verseker dat elektrisiteit nie deur die maste gelei word nie.
Wat doen ‘n transformator?
Dit verander die stroom sterkte
Deur wat word elektrisiteit vervoer oor lang afstande?
‘n Netwerk geleidingsdrade.
What doen sub-stasies naby jou huis?
Dit neem elektrisiteit van die netwerk en verskaf dit dan d.m.v. distribusielyne aan die huis.
Bespreek die kragopwekker as ‘n toestel om elektrisiteit te verskaf?
Grotes wek elektrisiteit op by kragstasies.
Bespreek die maste as ‘n toestel om elektrisiteit te verskaf?
Sterk staaltorings gebou om elektrisiteitkabels veilig hoog bo die grond te hou
Bespreek die transformator as ‘n toestel om elektrisiteit te verskaf?
Dit verander die sterkte van die ‘n elektriese stroom
Bespreek die turbine as ‘n toestel om elektrisiteit te verskaf?
Dit is ‘n masjien aangedryf deur water, stoom of lug as dit teen die turbine se lemme druk
Elektriese stroom in elektriese ladings wat deur geleiers beweeg, bespreek geleiers…
Dit is ‘n stof wat elektriese syroom toelaat om deur te beweeg, meeste metale is goeie geleiers van elektrisiteit. Bv. Koper en Silwer
Bepreek ‘n isolator…
Dit is ‘n stof wat elektrisiteit nie toelaat dat elektriese stroom daardeur beweeg nie
Wat is nodig om vir ‘n stroom om te beweeg?
Energiebron en Geleier wees en verskillende komponente moet verbind wees
Gee 3 voorbeelde van gewone gebruikte energiebronne…
.Selle
.Batterye
.Generator
Gee voorbeelde van fossielbrandstowwe…
.Steenkool
.Olie
.Natuurlike Gas
Bespreek van waar fossielbrandstowwe afkomstig is…
Dit is afkomstig van dier- en plantreste van diere en plante wat miljoene jare gelede op aarde geleef het, dit word onder die grond aangetref.
Bespreek die uitputting van hierdie bronne…
A.g.v. bevolkingsgroei en uitbreiding van nywerheidsaktiwiteite, dus moet ons alternatiewe metodes oorweeg om elektrisiteit te verskaf.
Bv. Hidro-elektrisiteit, windenergie, sonenergie en kernenergie.
Dit het ‘n kleiner uitwerking op die omgewing as fossielbrandstowwe
Wat is die energiebronne waarop die grootskaal voorsiening van elektrisiteit tans berus?
.Steenkool
.Kernreaksie
.Verbranding van gas
.Vallende water
Bespreek die finansiële voordele en nadele van verskillende energiebronne…
Die gebruik van fossielbrandstowwe het implikasies vir die omgewing. Ander elektrisiteitverskaffingssisteme het kleiner effek op die omgewing, maar is duurder in die korttermyn. Beter ontwerp van geboue en toerusting en beter gebruik van energie kan kostes bespaar vir verbruikers. Dit kan ook die impak op die omgewing berklein deur energiebronne spaarsaam te gebruik.
Bespreek verhitting en verkoeling….
Mense het metodes ontwikkel om warm te bly gedurende winter en koel gedurenede somer, baie van hierdie metodes het ook te doen met energie-oordrag. Dit het ekonomiese gevolge, omdat mense daarvoor betaal. Deur dit te verminder, kan geld gespaar word. Minder energie is gemors en minder kan gebruik word om dieselfde werk te doen
Wat veroorsaak al hoe meer brandstowwe wat verbrand word?
Dit veroorsaak dat die koolstofdioksied-konsentrasie in die atmosfeer in die atmosfeer
Watse laag om die aarde vang hitte- en ligenergie van die son afkomstig vas?
Die atmosferieselaag
Wat is die kweekhuis effek?
Dit is wanneer die aarde warmer word en klimaatsveranderinge vind plaas.
Wat absorbeer hoë-energie-starling?
Kweekhuisgasse
Gee 4 kweekhuisgasse…
.Koolstofdioksied (CO2)
.Waterdamp (H2O)
.Metaangas (CH4)
.Stikstofoksied (NO)
Hoekom is die kweekhuiseffek noodsaaklik vir lewe op aarde?
Sonder dit sal die atmosfeer se temeratuur na minder as 30°C daal
Hoekom styg die atmosfeer se temperatuur jaarliks?
Ons stel al hoe meer kweekhuisgasse vry
By hoeveel styg die atmosfeer se temperatuur?
0,4°C jaarliks
Wanneer was die die konferensie in Kyoto en hoeveel lande het dit bygewoon?
1997
141, meer as 180, 200 (depends on what page you’re referring to)
Waar is Kyoto?
Japan
Wat het hulle in die Kyoto konferensie bespreek?
Hulle het ‘n plan bespreek om aardverwarming te verminder, dit is die Kyoto Protokol gedoen het
Wat was die plan van die Kyoto Protokol?
“Ryk” lande sou hulle vrystelling van kweekhuisgasse sal verminder, teen 2008-2012 moes die vlakke van vrystelling dieselfde as wat dit in 1990 was
Watse deel het China in die Prorokol gespeel?
Op daardie stadium was hulle beskou as ‘n ontwwikkelende land, maar vandag is hulle die grootste vrysteller van CO2 en ander kweekhuisgasse
Vir hoeveel van Afrika se kweekhuisgasse is Suid-Afrika verantwoordelik?
1/2
Hoe probeer die Suid-Afrikaanse regering om die hoeveelheid kweekhuisgasse vrygestel te verminder?
Hulle het Lug-kwaliteits wette daargestel
Watse land het weier om saam te werk en is die wêreld se grootste vrysteller van kweekhuisgasse?
VSA
Wanneer het dit effektief in werking getree?
2005
Hoeveel “ontwikkelde” lande het dit gedoen (die Protokol)?
37
Hoekom is ontwikkelende lande vrygestel?
Om voort te gaan met hulle ekonomiese ontwikkeling
Het het die lande daar aan gewerk? (Protokol)
Net 1 van 37 lande het nie wetgewend daaraan gewerk nie, die VSA. Lande soos China het onderneeem om in 2014 met werklike aksie te begin
Bespreek die Paryse Ooreenkoms?
Op Oktober 2016 het 195 lande dit geteken, elke land sal sy eie plan om aardverwarming te berminder in werking sit en verslag daaroor doen. 153 lande is wettig verbind aan die ooreenkoms. In 2017 het Pres. Donald Trump die VSA onttrek, daar was wydverspreide teenkanting verkry uit die Europese Unie en verskeie sektore in die VSA.
Bespreek Chemise Potensiële Energie…
Dit is energie vrygestel tydens die verbranding van brandstof bv. kos, chemikaliëe en fossielbrandstowwe
Bespreek Elastiese Potensiële Energie…
Dit is energie wat in uitgerekte voorwerpe gestoor word bv. ‘n rek of veer
Bespreek Gravitasie Potensiële Energie…
Dit is die enrgie waaroor ‘n voorwerp beskik a.g.v. sy massa, hoogte bo die aarde of die planeet oppervlakte en die gravitasieversnelling van die aarde of planeet.
Wat is die formule vir Gravitasie Potensiële Energie?
Ep=U=m.g.h
Wat is die formule vir Kinetiese Energie?
2
Ek=K=1/2m.v
Bespreek huishoudelike ligte wat gewoonlik in parallel geskakel word…
Die naddel hiervan is dat dit kan veroorsaak dat die hoofstroom oorlaai.
Gee voorbeelde van toestelle wat gebruik word om elektriese gevare te voorkom…
.Stroombrekers
.Smeltdrade
.Aardlekkasie-eenheid
Hoekom moet ons alles moontlik doen om kortsluitings te voorkom?
Ernstige brande kan ontstaan
Bespreek Smeltdarde (sekerings) as ‘n toestel om elektriese gevare te voorkom…
Hulle word in serie in ‘n stroombaan geskakel om te voorkom dat ‘n te sterk stroom deur die stroombaan vloei. Indien dit gebeur sal ‘n metaalstrokie in die sekering smelt en as gevolg daarvan sal die stroombaan stop
Bespreek Stroombrekers as ‘n toestel om elektriese gevare te voorkom…
Dit is ontwerp om elektriese stroombane te beskerm, indien die stroomsterkte te hoog is sal dit outomaties afskakel of “trip”
Bespreek Aardlekkasie-Eenhede as ‘n toestel om elektriese gevare te voorkom…
Dit moet beserings aan mense en diere a.g.v. elektriese skokke voorkom
Bespreek ‘n 3-Pen Prop as ‘n toestel om elektriese gevare te voorkom…
In die prop word die gronddraad verbing aan ‘n kabel in die grond, dit verskaf ‘n veilige roete vir die stroom, na die grond. Dit voorkom so dat mense doodgeskok word.
Gee die sosio-ekonomiese voordele van elektrifisering…
.Dit lei tot werkverskaffing en verhoogte inkomste in die gemeenskap
.Nuwe werksgelethede ontstaan a.g.v. nuwe besighede (bv. winkels, haarsalonne) wat tot stand kom
.Dit verander die lewenswyse, bv. die gebruik van yskaste, langer werksure, toegang to kommunikasie (bv. radios,selfone)
.Verbeterde sekuriteit
.Plattelandse ontwikkeling
.Verhoogde onderwyspeil
.Verbeterde lewenskwaliteit
.Toegang tot moderne tegnologie
.Verminder lugbesoedeling
.Gesondheisgevare bv. minder brandwonde a.g.v. die gebruik van paraffienstowe, vergiftiging, waterbesmetting en die vermindering in voorkoms van longkwale
Bespreek die besparing van energie…
Elke huishouding in Suid Afrika kan elektrisiteit en geld bespaar deur effektiewe gebruik van energie en sekere gebruike tuis te implimenteer
Bespreek Waterverhitters (geysers)as ‘n toestel waarmee jy energie kan spaar…
Instaleer ‘n “geyser blanket”
Stel die termostaat af to 60°C
Isoleer waterpype met isolerende materiaal
Gebruik minder warmwater
Installeer ‘n sonverhittingstelsel (sonpanele)
Bespreek Beligting as ‘n toestel waarmee jy energie kan spaar…
Gebruik fluorescent ligte of lanterns in plaas van gloeilampe
Skakel ligte af wat onnodig brand
Gebruik lae energie ligte binne en buite die huis
Bespreek Elektriese stowwe as ‘n toestel waarmee jy energie kan spaar…
Gebruik ‘n drukkoker (stoompot) om kos gaar te maak wat ‘n lang kookperiode benodig
Gebruik ‘n stoof met ‘n konvensionele oond
Hou die oonddeur toe as kos gebak word
Maak seker dat potte en panne die hele stoofplaat bedek
Bespreek Mikrogolfoonde as ‘n toestel waarmee jy energie kan spaar…
Ontdooi bevrore voedsel in die yskas i.p.v. die mikrogolf
Gebruik die mikrogolf net om klein hoeveelhede kos in gaar te maak
Bespreek Strykwerk as ‘n toestel waarmee jy energie kan spaar…
Gebruik ‘n termostaties-beheerde yster
Gebruik gedistilleerde water in jou yster
Skakel die yster af as dit nie gebruik word nie
Wat is die Wet van Energiebehoud?
Energie kan nie geskep of vernietig word nie, maar slegs van een na ‘n ander oorgdra word.
Wat is die maniere om energie oor te dra?
- Geleiding= oordrag van hitte deur vaste stowwe (meeste metale)
- Straling= hitte beweeg deur die ruimte d.m.v. straling
- Stroming (konveksie)= hitte beweeg deur vloeistowwe en gasse d.m.v. stroming