Elektrodinamika Flashcards
Die funksie van ‘n splitring*kommutator* in ‘n GS-motor
Keer die stroom*rigting* in die spoel om, met elke halwe siklus
Onderhou die konstante rigting van rotasie in die spoel
Noem die funksie van
Borsels in ‘n GS-motor
- Maak elektriese kontak met kommutator
- Laat splitringkommutator toe om vry te roteer
Hoe kan draaimoment in ‘n GS-motor verhoog word?
- Verhoog stroom
- Verhoog aantal windings
- Gebruik sagte ysterkern in spoel
- Vergroot die grootte van die magneetveld
Waarom word WS bo GS verkies vir langafstandtransmissie van elektrisiteit?
WS kan oor groot afstande oorgedra word sonder groot energieverlies
Potensiaalverskil kan verhoog of verlaag word
Verduidelik ‘n
Splitringkommutator
Komponent in ‘n generator wat benodig word om dit van ‘n WS- in ‘n GS-generator te verander.
Die tipe energie-omskakeling in ‘n motor
elektriese energie ► kinetiese energie
Noem:
Die werksbeginsel van ‘n motor
Motor-effek
Noem:
Die werksbeginsel van ‘n generator
Elektromagnetiese induksie
Noem ‘n:
Strukturele verskil tussen ‘n GS- en WS-generator
WS-generator:
- Sleepring
GS-generator:
- Split-ring kommutator
Noem:
‘n Voordeel van kernkragstasies bo steenkoolkragstasies
Minder lugbesoedeling**
Verduidelik wat is ‘n
Generator
‘n Elektriese masjien wat meganiese energie na elektriese energie omskakel
deur die magnetiese vloed deur ‘n spoel te verander.
Geïnduseerde Emk kan verhoog word deur:
- Meer windings in die spoel te gebruik
- ‘n Sterker magneet te gebruik
- Die oppervlakte wat deur die spoel omsluit word, te verhoog
- Die generator spoel vinniger te draai
Noem die kenmerk van:
Wisselstroom
Stroom & spanning: rigting keer elke 1/2-rotasie om
Wisselspanning het dieselfde frekwensie as stroom
Wat is die vernaamste verskil tussen ‘n GS- en WS-generator?
‘n Splitring-kommutator:
GS-generator werk presies soos WS-generator, behalwe dat die splitring-kommutator die koppeling van spoelarms tussen terminale wissel soos die spoel roteer.
Noem:
Nadele van GS-generators
- Gelykstroom is minder doeltreffend oor lang afstande
- Hoër onderhoud: Koolstofborsels moet gereeld vervang word